Levítico 19

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVT

Sair da comparação
NVT Nova Versão Transformadora
1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
1 O S enhor também disse a Moisés:
2 Spreek met die hele vergadering van die kinders van Israel en sê vir hulle: Heilig moet julle wees, want Ek, die HERE julle God, is heilig.
2 “Dê as seguintes instruções a toda a comunidade de Israel. Sejam santos, pois eu, o S enhor , seu Deus, sou santo.
3 Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees, en my sabbatte hou. Ek is die HERE julle God.
3 “Mostrem respeito, cada um de vocês, por sua mãe e por seu pai; guardem também meus sábados. Eu sou o S enhor , seu Deus.
4 Begeef julle nie tot die afgode en maak vir julle geen gegote gode nie. Ek is die HERE julle God.
4 “Não depositem sua confiança em ídolos nem façam para si imagens de metal representando deuses. Eu sou o S enhor , seu Deus.
5 En as julle 'n dankoffer aan die HERE slag, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind.
5 “Quando sacrificarem uma oferta de paz ao S enhor , apresentem-na de forma apropriada, para que sejam aceitos.
6 Op die dag as julle dit offer en die dag daarna, moet dit geëet word; maar wat tot die derde dag toe oorbly, moet met vuur verbrand word.
6 Comam o sacrifício no mesmo dia em que o oferecerem, ou no dia seguinte. O que restar até o terceiro dia será completamente queimado.
7 En as dit tog op die derde dag geëet word, sal dit 'n onrein ding wees; dit sal nie met welgevalle aangeneem word nie.
7 Se algo do sacrifício for comido no terceiro dia, estará contaminado e não será aceito.
8 En hy wat dit eet, moet sy ongeregtigheid dra, want wat heilig is aan die HERE, het hy ontheilig. Daarom moet die siel uit sy volksgenote uitgeroei word.
8 Quem o comer no terceiro dia será castigado, pois contaminou aquilo que é santo ao S enhor , e será eliminado do meio do povo.
9 En as julle die opbrings van julle land oes, moet jy die kant van jou land nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie.
9 “Quando fizerem a colheita de sua terra, não colham as espigas nos cantos dos campos nem apanhem aquilo que os ceifeiros deixarem cair.
10 Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
10 O mesmo se aplica à colheita da uva. Não cortem até o último cacho de cada videira nem apanhem as uvas que caírem no chão. Deixem-nas para os pobres e estrangeiros que vivem entre vocês. Eu sou o S enhor , seu Deus.
11 Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg nie, en julle mag die een die ander nie bedrieg nie.
11 “Não roubem. “Não mintam nem enganem uns aos outros.
12 En julle mag nie vals sweer by my Naam en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die HERE.
12 “Não desonrem o nome do seu Deus, usando-o para jurar falsamente. Eu sou o S enhor .
13 Jy mag jou naaste nie verdruk of beroof nie. Die dagloner se loon mag by jou nie tot die môre toe bly nie.
13 “Não explorem nem roubem o seu próximo. “Não fiquem até o dia seguinte com o pagamento de seus empregados.
14 Jy mag 'n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok lê nie; maar jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.
14 “Não insultem o surdo nem façam o cego tropeçar. Temam o seu Deus. Eu sou o S enhor .
15 Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel.
15 “Não distorçam a justiça em questões legais, favorecendo os pobres ou tomando partido dos ricos e poderosos. Julguem sempre com imparcialidade.
16 Jy mag nie as 'n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is die HERE.
16 “Não vivam como difamadores no meio do povo. “Não fiquem de braços cruzados quando a vida do seu próximo correr perigo. Eu sou o S
17 Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.
17 “Não alimentem ódio no coração contra algum de seus parentes. Confrontem sem rodeios aqueles que errarem, para não serem responsabilizados pelo pecado deles.
18 Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.
18 “Não procurem se vingar nem guardem rancor de alguém do seu povo, mas cada um ame o seu próximo como a si mesmo. Eu sou o S enhor .
19 Julle moet my insettinge hou. Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie. Jou akker moet jy nie met twee soorte saad besaai nie. En 'n kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.
19 “Obedeçam a todos os meus decretos. “Não cruzem dois animais de espécies diferentes. Não plantem em seu campo duas espécies de sementes. Não usem roupas tecidas com dois tipos de pano.
20 En as 'n man vleeslike gemeenskap het met 'n vrou wat 'n slavin is, vir 'n ander man bestemd, sonder dat sy ooit losgekoop of vryheid aan haar gegee is, dan moet daar bestraffing plaasvind. Hulle mag nie gedood word nie, want sy was nie vrygelaat nie.
20 “Se um homem tiver relações sexuais com uma escrava cuja liberdade não foi comprada, mas que está prometida para ser mulher de outro, indenizará totalmente o senhor da escrava. Uma vez que ela não é livre, nem o homem nem a mulher serão mortos.
21 En hy moet sy skuldoffer aan die HERE bring by die ingang van die tent van samekoms 'n ram as skuldoffer;
21 O homem levará um carneiro como oferta pela culpa e o apresentará ao S enhor à entrada da tenda do encontro.
22 en die priester moet met die skuldofferram vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE weens die sonde wat hy gedoen het; en hy sal vergifnis ontvang vir sy sonde wat hy gedoen het.
22 O sacerdote fará expiação por ele com o carneiro da oferta pela culpa, e seu pecado será perdoado.
23 En as julle in die land inkom en allerhande vrugtebome plant, moet julle hulle vrugte as verbode beskou; drie jaar lank moet hulle vir julle verbode wees; daar mag nie van geëet word nie.
23 “Quando entrarem na terra e plantarem árvores frutíferas de todo tipo, não colham os frutos nos três primeiros anos. Considerem esses frutos proibidos e não os comam.
24 Maar in die vierde jaar moet al hulle vrugte 'n heilige feesgawe aan die HERE wees;
24 No quarto ano, consagrem toda a colheita ao S enhor como uma celebração de louvor.
25 en in die vyfde jaar mag julle hulle vrugte eet dit alles om hulle opbrings vir julle meer te maak. Ek is die HERE julle God.
25 Por fim, no quinto ano, vocês poderão comer os frutos. Se procederem desse modo, sua colheita aumentará. Eu sou o S enhor , seu Deus.
26 Julle mag niks met bloed en al eet nie. Julle mag nie met verklaring van voortekens of goëlery omgaan nie.
26 “Não comam carne em que ainda houver sangue. “Não pratiquem adivinhação nem feitiçaria.
27 Julle mag die rand van julle hoofhare nie rond wegskeer nie. Ook mag jy die rand van jou baard nie skend nie.
27 “Não cortem o cabelo dos lados da cabeça nem raspem a barba rente à pele.
28 Julle mag ook ter wille van 'n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE.
28 “Quando lamentarem a morte de alguém, não façam cortes no corpo nem marcas na pele. Eu sou o S enhor .
29 Ontheilig jou dogter nie deur haar vir hoerery aan te hou nie, sodat die land nie hoereer en die land vol skandelike dade word nie.
29 “Ninguém contamine sua filha tornando-a uma prostituta, pois a terra ficaria cheia de prostituição e perversão.
30 Julle moet my sabbatte hou en my heiligdom ontsien. Ek is die HERE.
30 “Guardem meus sábados e tratem meu santuário com reverência. Eu sou o S enhor .
31 Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.
31 “Não se contaminem procurando médiuns e os que consultam os espíritos dos mortos. Eu sou o S enhor , seu Deus.
32 Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van 'n grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.
32 “Levantem-se na presença dos idosos e honrem os anciãos. Temam o seu Deus. Eu sou o S enhor .
33 En as 'n vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie.
33 “Não se aproveitem dos estrangeiros que vivem entre vocês na terra.
34 Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos 'n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God.
34 Tratem-nos como se fossem israelitas de nascimento e amem-nos como a si mesmos. Lembrem-se de que vocês eram estrangeiros quando moravam na terra do Egito. Eu sou o S enhor , seu Deus.
35 Julle mag geen onreg doen in die gereg, in lengtemaat, gewig of inhoudsmaat nie.
35 “Não usem medidas desonestas ao medirem comprimento, peso ou volume.
36 Julle moet 'n regte weegskaal hê, regte weegstene, 'n regte efa en 'n regte hin. Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het.
36 Suas balanças e seus pesos devem ser exatos, assim como suas vasilhas para medir produtos secos ou líquidos. Eu sou o S enhor , seu Deus, que os tirou da terra do Egito.
37 Daarom moet julle al my insettinge en al my verordeninge onderhou en dit doen. Ek is die HERE.
37 “Obedeçam a todos os meus decretos e a todos os meus estatutos pondo-os em prática. Eu sou o S enhor ”.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Levítico 19, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.