Levítico 18

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
1 E o SENHOR falou a Moisés, dizendo:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is die HERE julle God.
2 Fala aos filhos de Israel, e dize-lhes: eu sou o SENHOR vosso Deus.
3 Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land Kana„n waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettinge nie wandel nie.
3 Não fareis como fazem na terra do Egito, na qual habitastes, nem fareis como fazem na terra de Canaã aonde eu vos estou conduzindo. Nem andareis nos seus costumes.
4 My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die HERE julle God.
4 Cumprireis os meus juízos, e guardareis as minhas ordenanças, para andardes neles. Eu sou o SENHOR vosso Deus.
5 Hou dan my insettinge en my verordeninge wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek is die HERE.
5 Portanto, guardareis os meus estatutos, e os meus juízos, pois o homem que fizer estas coisas por elas viverá. Eu sou o SENHOR.
6 Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is die HERE.
6 Nenhum de vós se aproximará de qualquer parente para descobrir a sua nudez. Eu sou o SENHOR.
7 Jy mag die skaamte van jou vader en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.
7 A nudez de teu pai, ou a nudez de tua mãe, tu não descobrirás; ela é tua mãe; tu não descobrirás a sua nudez.
8 Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader.
8 A nudez da mulher de teu pai, tu não descobrirás; esta é a nudez de teu pai.
9 Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.
9 A nudez de tua irmã, filha de teu pai ou filha de tua mãe, seja ela nascida em casa ou nascida fora da casa, a sua nudez tu não descobrirás.
10 Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou eie skaamte.
10 A nudez da filha do teu filho ou da filha da tua filha, a sua nudez tu não descobrirás, porque é tua própria nudez.
11 Die skaamte van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is sy is jou suster, haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.
11 A nudez da filha da mulher de teu pai, gerada de teu pai, ela é tua irmã, tu não descobrirás a sua nudez.
12 Jy mag die skaamte van jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is jou vader se bloedverwant.
12 Tu não descobrirás a nudez da irmã de teu pai; ela é parenta próxima de teu pai.
13 Jy mag die skaamte van jou moeder se suster nie ontbloot nie, want sy is jou moeder se bloedverwant.
13 Tu não descobrirás a nudez da irmã de tua mãe, porque ela é parenta próxima de tua mãe.
14 Jy mag die skaamte van jou vader se broer nie ontbloot nie: jy mag nie naby sy vrou kom nie; sy is jou tante.
14 Tu não descobrirás a nudez do irmão de teu pai; não te chegarás à sua mulher; ela é tua tia.
15 Jy mag die skaamte van jou skoondogter nie ontbloot nie; sy is jou seun se vrou: jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.
15 Tu não descobrirás a nudez de tua nora; ela é mulher de teu filho; não descobrirás a sua nudez.
16 Jy mag die skaamte van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou broer.
16 Tu não descobrirás a nudez da esposa de teu irmão; esta é a nudez de teu irmão.
17 Jy mag die skaamte van 'n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit.
17 Tu não descobrirás a nudez de uma mulher e de sua filha; nem tomarás a filha de seu filho, ou a filha de sua filha, para descobrir a sua nudez; porque elas são parentas próximas: isto é perversidade.
18 Jy mag ook geen vrou by haar suster as mededingster byneem om haar skaamte gelyk met die ander een, terwyl die nog lewe, te ontbloot nie.
18 Nem tomarás uma mulher com sua irmã, para aborrecê-la, descobrindo a sua nudez, ao lado da outra durante a sua vida.
19 Ook mag jy nie naby 'n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar onreinheid, om haar skaamte te ontbloot nie.
19 Também não te chegarás à mulher para descobrir a sua nudez, enquanto ela for separada por sua impureza;
20 En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie.
20 além disso, não te deitarás carnalmente com a mulher de teu próximo, para te contaminares com ela.
21 En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die HERE.
21 E tu não deixarás nenhum da tua semente passar pelo fogo perante Moloque; nem profanarás o nome do teu Deus. Eu sou o SENHOR.
22 Met 'n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos 'n mens met 'n vrou het nie. Dit is 'n gruwel.
22 Não te deitarás com o homem, como se fosse mulher: isto é uma abominação.
23 En jy mag met g,,n dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. 'n Vrou mag ook nie voor 'n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is 'n gruwelike vermenging.
23 Nem te deitarás com qualquer animal, para te contaminares com ele; nem a mulher se colocará perante um animal para deitar-se com ele: isto é confusão.
24 Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf.
24 Não vos contamineis com nenhuma destas coisas, porque em todas estas coisas são contaminadas as nações que eu lanço fora de diante de vós.
25 So het die land dan onrein geword; en Ek besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners uitspuug.
25 E a terra está contaminada; portanto, eu visitarei sobre ela a sua iniquidade, e a terra em si vomitará os seus habitantes.
26 Maar julle moet my insettinge en my verordeninge onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie die kind van die land of die vreemdeling wat onder julle vertoef.
26 Portanto, vós guardareis os meus estatutos e os meus juízos, e não cometereis nenhuma dessas abominações; seja alguém do seu próprio país, ou um estrangeiro que peregrina entre vós;
27 Want die mense van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, en die land het onrein geword.
27 (porque todas estas abominações fizeram os homens desta terra, que nela estavam antes de vós; e a terra está contaminada).
28 Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was.
28 Para que a terra não vos vomite também, quando a contaminardes, como vomitou as nações que foram antes de vós.
29 Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen die siele wat dit doen, moet uitgeroei word onder hulle volk uit.
29 Pois qualquer que cometer alguma dessas abominações, as almas que as cometerem, serão cortadas entre o seu povo.
30 Daarom moet julle my ordening onderhou om niks te doen van die gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.
30 Portanto, guardareis a minha ordenança, não cometendo nenhum destes costumes abomináveis que foram cometidos antes de vós, e não vos contamineis com eles. Eu sou o SENHOR vosso Deus.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Levítico 18, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.