Levítico 11

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ACF

Sair da comparação
ACF Almeida Corrigida Fiel
1 En die HERE het met Moses en A„ron gespreek en aan hulle gesê:
1 E falou o SENHOR a Moisés e a Arão, dizendo-lhes:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê: Dit is die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die aarde is.
2 Fala aos filhos de Israel, dizendo: Estes são os animais, que comereis dentre todos os animais que há sobre a terra;
3 Alles wat onder die diere gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste kloue, en herkou dit mag julle eet.
3 Dentre os animais, todo o que tem unhas fendidas, e a fenda das unhas se divide em duas, e rumina, deles comereis.
4 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle;
4 Destes, porém, não comereis; dos que ruminam ou dos que têm unhas fendidas; o camelo, que rumina, mas não tem unhas fendidas; esse vos será imundo;
5 en die das, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle;
5 E o coelho, porque rumina, mas não tem as unhas fendidas; esse vos será imundo;
6 en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle;
6 E a lebre, porque rumina, mas não tem as unhas fendidas; essa vos será imunda.
7 ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie onrein is hy vir julle.
7 Também o porco, porque tem unhas fendidas, e a fenda das unhas se divide em duas, mas não rumina; este vos será imundo.
8 Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle aas nie raak nie onrein is hulle vir julle.
8 Das suas carnes não comereis, nem tocareis nos seus cadáveres; estes vos serão imundos.
9 Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere dit mag julle eet.
9 De todos os animais que há nas águas, comereis os seguintes: todo o que tem barbatanas e escamas, nas águas, nos mares e nos rios, esses comereis.
10 Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die lewende wesens wat in die water is 'n gruwel is dit vir julle.
10 Mas todo o que não tem barbatanas, nem escamas, nos mares e nos rios, todo o réptil das águas, e todo o ser vivente que há nas águas, estes serão para vós abominação.
11 Ja, 'n gruwel moet hulle vir julle wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle aas moet julle vir 'n gruwel hou.
11 Ser-vos-ão, pois, por abominação; da sua carne não comereis, e abominareis o seu cadáver.
12 Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie 'n gruwel is dit vir julle.
12 Todo o que não tem barbatanas ou escamas, nas águas, será para vós abominação.
13 En die volgende moet julle van die voëls vir 'n gruwel hou hulle mag nie geëet word nie, 'n gruwel is hulle: die arend en die lammervanger en die aasvoël;
13 Das aves, estas abominareis; não se comerão, serão abominação: a águia, e o quebrantosso, e o xofrango,
14 en die kuikendief en die valk volgens sy soorte;
14 E o milhano, e o abutre segundo a sua espécie.
15 elke kraai volgens sy soorte;
15 Todo o corvo segundo a sua espécie,
16 en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens sy soorte;
16 E o avestruz, e o mocho, e a gaivota, e o gavião segundo a sua espécie.
17 en die steenuil en die visvanger en die steunuil;
17 E o bufo, e o corvo marinho, e a coruja,
18 en die silweruil en die pelikaan en die klein aasvoël;
18 E a gralha, e o cisne, e o pelicano,
19 en die groot sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep hoep en die vlermuis.
19 E a cegonha, a garça segundo a sua espécie, e a poupa, e o morcego.
20 Al die insekte met vlerke wat op vier pote loop 'n gruwel is hulle vir julle.
20 Todo o inseto que voa, que anda sobre quatro pés, será para vós uma abominação.
21 Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vlerke wat op vier pote loop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die grond te spring.
21 Mas isto comereis de todo o inseto que voa, que anda sobre quatro pés: o que tiver pernas sobre os seus pés, para saltar com elas sobre a terra.
22 Van hulle mag julle die volgende eet: die treksprinkaan volgens sy soorte en die boomsprinkaan volgens sy soorte en die springer volgens sy soorte en die voetganger volgens sy soorte.
22 Deles comereis estes: a locusta segundo a sua espécie, o gafanhoto devorador segundo a sua espécie, o grilo segundo a sua espécie, e o gafanhoto segundo a sua espécie.
23 Maar al die ander insekte met vlerke wat vier pote het 'n gruwel is hulle vir julle.
23 E todos os outros insetos que voam, que têm quatro pés, serão para vós uma abominação.
24 En deur hierdie diere word julle verontreinig elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees;
24 E por estes sereis imundos: qualquer que tocar os seus cadáveres, imundo será até à tarde.
25 en elkeen wat van hulle aas dra, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees
25 Qualquer que levar os seus cadáveres lavará as suas vestes, e será imundo até à tarde.
26 aan al die diere wat gesplitste kloue het, wat nie heeltemal gesplits is nie, en wat nie herkou nie. Onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle raak, sal onrein wees.
26 Todo o animal que tem unha fendida, mas a fenda não se divide em duas, e todo o que não rumina, vos será por imundo; qualquer que tocar neles será imundo.
27 En alles wat op kaal pote loop onder al die viervoetige diere onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees.
27 E todo o animal que anda sobre as suas patas, todo o animal que anda a quatro pés, vos será por imundo; qualquer que tocar nos seus cadáveres será imundo até à tarde.
28 Ook hy wat hulle aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. Onrein is hulle vir julle.
28 E o que levar os seus cadáveres lavará as suas vestes, e será imundo até à tarde; eles vos serão por imundos.
29 En die volgende is vir julle onrein onder die ongediertes wat op die aarde wemel: die mol en die muis en die akkedis volgens sy soorte,
29 Estes também vos serão por imundos entre os répteis que se arrastam sobre a terra; a doninha, e o rato, e a tartaruga segundo a sua espécie,
30 en die krimpvarkie en die geitjie en die klipsalmander en die koggelmander en die verkleurmannetjie.
30 E o ouriço cacheiro, e o lagarto, e a lagartixa, e a lesma e a toupeira.
31 Hulle is vir julle onrein onder al die ongediertes; elkeen wat aan hulle raak as hulle dood is, sal tot die aand toe onrein wees.
31 Estes vos serão por imundos dentre todos os répteis; qualquer que os tocar, estando eles mortos, será imundo até à tarde.
32 En alles waar een van hulle op val as hulle dood is, sal onrein wees; enige houtvoorwerp of kledingstuk of vel of sak, elke ding waarmee werk gedoen word; dit moet in die water gesit word en sal tot die aand toe onrein wees; dan sal dit rein wees.
32 E tudo aquilo sobre o que cair alguma coisa deles estando eles mortos será imundo; seja vaso de madeira, ou veste, ou pele, ou saco, qualquer instrumento, com que se faz alguma obra, será posto na água, e será imundo até à tarde; depois será limpo.
33 En elke erdevoorwerp waar een van hulle in val alles wat daarin is, sal onrein wees, en julle moet die voorwerp self stukkend breek;
33 E todo o vaso de barro, em que cair alguma coisa deles, tudo o que houver nele será imundo, e o vaso quebrareis.
34 enige voedsel wat geëet word waar water op kom, sal daarin onrein wees; en enige drank wat in so 'n voorwerp, van watter soort ook, gedrink kan word, sal onrein wees.
34 Todo o alimento que se come, sobre o qual cair água de tais vasos, será imundo; e toda a bebida que se bebe, depositada nesses vasos, será imunda.
35 En alles waar iets van hulle aas op val, sal onrein wees; 'n bakoond of 'n drievoet moet stukkend geslaan word; hulle is onrein, en onrein moet hulle vir julle wees.
35 E aquilo sobre o que cair alguma parte de seu corpo morto, será imundo; o forno e o vaso de barro serão quebrados; imundos são: portanto vos serão por imundos.
36 Maar 'n fontein of put, 'n versamelplek van water, sal rein wees; maar hy wat aan die aas daarin raak, sal onrein wees.
36 Porém a fonte ou cisterna, em que se recolhem águas, será limpa, mas quem tocar no seu cadáver será imundo.
37 En as van hulle aas val op enige saad wat gesaai word dit sal rein wees.
37 E, se dos seus cadáveres cair alguma coisa sobre alguma semente que se vai semear, será limpa;
38 Maar as daar water op die saad gegooi word, en van hulle aas daarop val, dan sal dit vir julle onrein wees.
38 Mas se for deitada água sobre a semente, e se dos seus cadáveres cair alguma coisa sobre ela, vos será por imunda.
39 En as daar van die diere wat julle as voedsel dien, doodgaan, sal hy wat aan die aas raak, tot die aand toe onrein wees;
39 E se morrer algum dos animais, que vos servem de mantimento, quem tocar no seu cadáver será imundo até à tarde;
40 en hy wat van die aas eet, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. En hy wat die aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe.
40 E quem comer do seu cadáver lavará as suas vestes, e será imundo até à tarde; e quem levar o seu corpo morto lavará as suas vestes, e será imundo até à tarde.
41 En al die ongediertes wat op die aarde wemel, is 'n gruwel dit mag nie geëet word nie.
41 Também todo o réptil, que se arrasta sobre a terra, será abominação; não se comerá.
42 Alles wat op die buik seil en alles wat op vier pote loop, ook alles wat baie pote het, naamlik al die ongediertes wat op die aarde wemel julle mag dit nie eet nie, want dit is 'n gruwel.
42 Tudo o que anda sobre o ventre, e tudo o que anda sobre quatro pés, ou que tem muitos pés, entre todo o réptil que se arrasta sobre a terra, não comereis, porquanto são uma abominação.
43 Moenie julle self 'n gruwel maak deur enige ongedierte wat wemel nie: julle moet jul daaraan nie verontreinig, sodat julle daardeur onrein word nie.
43 Não vos façais abomináveis, por nenhum réptil que se arrasta, nem neles vos contamineis, para não serdes imundos por eles;
44 Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.
44 Porque eu sou o Senhor vosso Deus; portanto vós vos santificareis, e sereis santos, porque eu sou santo; e não vos contaminareis com nenhum réptil que se arrasta sobre a terra;
45 Want Ek is die HERE wat julle uit Egipteland laat optrek het om julle God te wees. So moet julle dan heilig wees, omdat Ek heilig is.
45 Porque eu sou o Senhor, que vos fiz subir da terra do Egito, para que eu seja vosso Deus, e para que sejais santos; porque eu sou santo.
46 Dit is die wet oor die diere en die voëls en al die lewende wesens wat roer in die water en aangaande al die wesens wat op die aarde wemel,
46 Esta é a lei dos animais, e das aves, e de toda criatura vivente que se move nas águas, e de toda criatura que se arrasta sobre a terra;
47 om te onderskei tussen wat onrein en rein is, en tussen die diere wat geëet en die diere wat nie geëet mag word nie.
47 Para fazer diferença entre o imundo e o limpo; e entre animais que se podem comer e os animais que não se podem comer.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Levítico 11, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.