Lucas 3
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC
1 En in die vyftiende jaar van die regering van keiser Tib,rius, toe Pontius Pilatus goewerneur was van Judia en Herodes viervors van Galil,a, en Filippus, sy broer, viervors van Itur,a en die land Trachon¡tus, en Lis nias viervors van Abil,ne,
1 No ano décimo quinto do reinado do imperador Tibério, sendo Pôncio Pilatos governador da Judéia, Herodes tetrarca da Galiléia, seu irmão Filipe tetrarca da Ituréia e da província de Traconites, e Lisânias tetrarca da Abilina,
2 tydens die hoëpriesterskap van Annas en K jafas, het die woord van God gekom tot Johannes, die seun van Sagar¡a, in die woestyn.
2 sendo sumos sacerdotes Anás e Caifás, veio a palavra do Senhor no deserto a João, filho de Zacarias.
3 En hy het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die doop van bekering tot vergifnis van sondes verkondig;
3 Ele percorria toda a região do Jordão, pregando o batismo de arrependimento para remissão dos pecados,
4 soos geskrywe is in die boek van die woorde van Jesaja, die profeet, waar hy sê: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit.
4 como está escrito no livro das palavras do profeta Isaías {40,3ss.}: Uma voz clama no deserto: Preparai o caminho do Senhor, endireitai as suas veredas.
5 Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel wegsak; en die krom draaie sal 'n reguit pad word en die skurwe plekke gelyk weë.
5 Todo vale será aterrado, e todo monte e outeiro serão arrasados; tornar-se-á direito o que estiver torto, e os caminhos escabrosos serão aplainados.
6 En alle vlees sal die heil van God sien.
6 Todo homem verá a salvação de Deus.
7 Toe sê hy vir die skare wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?
7 Dizia, pois, ao povo que vinha para ser batizado por ele: Raça de víboras! Quem vos ensinou a fugir da ira iminente?
8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas, en moenie by julleself begin sê: Ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham te verwek.
8 Fazei, pois, uma conversão realmente frutuosa e não comeceis a dizer: Temos Abraão por pai. Pois vos digo: Deus tem poder para destas pedras suscitar filhos a Abraão.
9 Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom dan wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
9 O machado já está posto à raiz das árvores. E toda árvore que não der fruto bom será cortada e lançada ao fogo.
10 En die skare het hom gevra en gesê: Wat moet ons dan doen?
10 Perguntava-lhe a multidão: Que devemos fazer?
11 En hy antwoord en sê vir hulle: Wie twee kledingstukke het, moet meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde doen.
11 Ele respondia: Quem tem duas túnicas dê uma ao que não tem; e quem tem o que comer, faça o mesmo.
12 En tollenaars het ook gekom om gedoop te word, en vir hom gesê: Meester, wat moet ons doen?
12 Também publicanos vieram para ser batizados, e perguntaram-lhe: Mestre, que devemos fazer?
13 En hy antwoord hulle: Moenie meer invorder as wat julle voorgeskrywe is nie.
13 Ele lhes respondeu: Não exijais mais do que vos foi ordenado.
14 En die soldate het hom ook gevra en gesê: En ons, wat moet ons doen? En hy sê vir hulle: Julle moet niemand geweld aandoen of iets afpers nie; en wees tevrede met julle soldy.
14 Do mesmo modo, os soldados lhe perguntavam: E nós, que devemos fazer? Respondeu-lhes: Não pratiqueis violência nem defraudeis a ninguém, e contentai-vos com o vosso soldo.
15 En terwyl die volk in verwagting was, en almal in hulle hart oorweeg het aangaande Johannes of hy nie miskien die Christus was nie,
15 Ora, como o povo estivesse na expectativa, e como todos perguntassem em seus corações se talvez João fosse o Cristo,
16 antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie -- Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
16 ele tomou a palavra, dizendo a todos: Eu vos batizo na água, mas eis que vem outro mais poderoso do que eu, a quem não sou digno de lhe desatar a correia das sandálias; ele vos batizará no Espírito Santo e no fogo.
17 Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring saambring in sy skuur, maar die kaf met onuitbluslike vuur verbrand.
17 Ele tem a pá na mão e limpará a sua eira, e recolherá o trigo ao seu celeiro, mas queimará as palhas num fogo inextinguível.
18 Hy het dan ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig.
18 É assim que ele anunciava ao povo a boa nova, e dirigia-lhe ainda muitas outras exortações.
19 Maar toe Herodes, die viervors, deur hom bestraf is oor Herodias, die vrou van Filippus, sy broer, en oor al die slegte dinge wat Herodes gedoen het,
19 Mas Herodes, o tetrarca, repreendido por ele por causa de Herodíades, mulher de seu irmão, e por causa de todos os crimes que praticara,
20 het hy by alles nog dit gevoeg, dat hy Johannes in die gevangenis opgesluit het.
20 acrescentou a todos eles também este: encerrou João no cárcere.
21 En toe die hele volk gedoop en Jesus ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan;
21 Quando todo o povo ia sendo batizado, também Jesus o foi. E estando ele a orar, o céu se abriu
22 en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos 'n duif op Hom neergedaal; en 'n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek 'n welbehae.
22 e o Espírito Santo desceu sobre ele em forma corpórea, como uma pomba; e veio do céu uma voz: Tu és o meu Filho bem-amado; em ti ponho minha afeição.
23 En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef, die seun van Eli,
23 Quando Jesus começou o seu ministério, tinha cerca de trinta anos, e era tido por filho de José, filho de Heli, filho de Matat,
24 die seun van Mattat, die seun van Levi, die seun van Melgi, die seun van Janna, die seun van Josef,
24 filho de Levi, filho de Melqui, filho de Jané, filho de José,
25 die seun van Mattat¡as, die seun van Amos, die seun van Nahum, die seun van Esli, die seun van N ggai,
25 filho de Matatias, filho de Amós, filho de Naum, filho de Hesli, filho de Nagé,
26 die seun van Ma„t, die seun van Mattat¡as, die seun van S,me‹, die seun van Josef, die seun van Juda,
26 filho de Maat, filho de Matatias, filho de Semei, filho de José, filho de Judá,
27 die seun van Johanan, die seun van Resa, die seun van Serubb bel, die seun van Se ltiël, die seun van Ner¡ja,
27 filho de Joanã, filho de Resa, filho de Zorobabel, filho de Salatiel, filho de Neri,
28 die seun van Melgi, die seun van Addi, die seun van Kosam, die seun van Elmodam, die seun van Er,
28 filho de Melqui, filho de Adi, filho de Cosã, filho de Elmadão, filho de Her,
29 die seun van Joses, die seun van Eliëser, die seun van Jorim, die seun van Mattat, die seun van Levi,
29 filho de Jesus, filho de Eliezer, filho de Jorim, filho de Matat, filho de Levi,
30 die seun van S¡meon, die seun van Juda, die seun van Josef, die seun van Jonan, die seun van Âljakim,
30 filho de Simeão, filho de Judá, filho de José, filho de Jonão, filho de Eliacim,
31 die seun van Mel,as, die seun van Mainan, die seun van M ttata, die seun van Natan, die seun van Dawid,
31 filho de Meléia, filho de Mena, filho de Matata, filho de Natã, filho de Davi,
32 die seun van Isai, die seun van Obed, die seun van Boas, die seun van Salmon, die seun van Nagson,
32 filho de Jessé, filho de Obed, filho de Booz, filho de Salmon, filho de Naason,
33 die seun van Amm¡nadab, die seun van Ram, die seun van Hesron, die seun van Peres, die seun van Juda,
33 filho de Aminadab, filho de Arão, filho de Esron, filho de Farés, filho de Judá,
34 die seun van Jakob, die seun van Isak, die seun van Abraham, die seun van Tera, die seun van Nahor,
34 filho de Jacó, filho de Isaac, filho de Abraão, filho de Taré, filho de Nacor,
35 die seun van Serug, die seun van Rehu, die seun van Peleg, die seun van Heber, die seun van Sela,
35 filho de Sarug, filho de Ragau, filho de Faleg, filho de Eber, filho de Salé,
36 die seun van Kainan, die seun van Arp gsad, die seun van Sem, die seun van Noag, die seun van Lameg,
36 filho de Cainã, filho de Arfaxad, filho de Sem, filho de Noé, filho de Lamec,
37 die seun van Metusala, die seun van Henog, die seun van Jered, die seun van Mehal leël, die seun van Kenan,
37 filho de Matusalém, filho de Henoc, filho de Jared, filho de Malaleel, filho de Cainã,
38 die seun van Enos, die seun van Set, die seun van Adam, die seun van God.
38 filho de Henós, filho de Set, filho de Adão, filho de Deus.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Lucas 3, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.