Lucas 2
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA
1 En in daardie dae het daar 'n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word.
1 Naqueles dias, foi publicado um decreto de César Augusto, convocando toda a população do Império para recensear-se.
2 Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cir,nius goewerneur van S¡rië was.
2 Este, o primeiro recenseamento, foi feito quando Quirino era governador da Síria.
3 En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.
3 Todos iam alistar-se, cada um à sua própria cidade.
4 En Josef het ook opgegaan van Galil,a, uit die stad N saret, na Jud,a, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,
4 José também saiu da Galileia, da cidade de Nazaré, e foi para a Judeia, até a cidade de Davi, chamada Belém, por ser ele da casa e família de Davi,
5 om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.
5 a fim de alistar-se com Maria, sua esposa, que estava grávida.
6 En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar;
6 E aconteceu que, estando eles ali, chegou o tempo de ela ter a criança.
7 en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
7 Então Maria deu à luz o seu filho primogênito, enfaixou o menino e o deitou numa manjedoura, porque não havia lugar para eles na hospedaria.
8 En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.
8 Havia, naquela mesma região, pastores que viviam nos campos e guardavam os seus rebanhos durante as vigílias da noite.
9 En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.
9 E um anjo do Senhor desceu aonde eles estavam, e a glória do Senhor brilhou ao redor deles; e ficaram tomados de grande temor.
10 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,
10 O anjo, porém, lhes disse: — Não tenham medo! Estou aqui para lhes trazer boa-nova de grande alegria, que será para todo o povo:
11 dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.
11 é que hoje, na cidade de Davi, lhes nasceu o Salvador, que é Cristo, o Senhor.
12 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.
12 E isto servirá a vocês de sinal: vocês encontrarão uma criança envolta em faixas e deitada em manjedoura.
13 En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:
13 E, de repente, apareceu com o anjo uma multidão do exército celestial, louvando a Deus e dizendo:
14 Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!
14 “Glória a Deus nas maiores alturas, e paz na terra entre os homens, a quem ele quer bem.”
15 En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.
15 Quando os anjos se afastaram deles e voltaram para o céu, os pastores disseram uns aos outros: — Vamos até Belém e vejamos os acontecimentos que o Senhor nos deu a conhecer.
16 En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê.
16 Foram depressa e encontraram Maria e José, e a criança deitada na manjedoura.
17 En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van die Kindjie vertel is.
17 E, vendo isso, divulgaram o que lhes tinha sido dito a respeito deste menino.
18 En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is;
18 Todos os que ouviram se admiraram das coisas relatadas pelos pastores.
19 maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink.
19 Maria, porém, guardava todas estas palavras, meditando-as no coração.
20 En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.
20 E os pastores voltaram, glorificando e louvando a Deus por tudo o que tinham ouvido e visto, como lhes tinha sido anunciado.
21 En toe agt dae vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle Hom Jesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is voor sy ontvangenis in die moederskoot.
21 E ao se completarem oito dias, quando o menino foi circuncidado, deram-lhe o nome de Jesus . Esse nome tinha sido dado pelo anjo, antes de o menino ser concebido.
22 En nadat die dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vervul was, het hulle Hom na Jerusalem gebring om Hom aan die Here voor te stel,
22 Passados os dias da purificação deles segundo a Lei de Moisés, levaram o menino a Jerusalém para o apresentar ao Senhor,
23 soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word;
23 conforme o que está escrito na Lei do Senhor: “Todo primogênito será consagrado ao Senhor.”
24 en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here: 'n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.
24 E também foram para oferecer um sacrifício, segundo o que está escrito na referida Lei: “Um par de rolinhas ou dois pombinhos.”
25 En daar was 'n man in Jerusalem met die naam van S¡meon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom.
25 Em Jerusalém havia um homem chamado Simeão. Este homem era justo e piedoso e esperava a consolação de Israel; e o Espírito Santo estava sobre ele.
26 En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.
26 Ele tinha recebido uma revelação do Espírito Santo de que não morreria antes de ver o Cristo do Senhor.
27 En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet,
27 Movido pelo Espírito, ele foi ao templo. Quando os pais trouxeram o menino Jesus para fazerem com ele o que a Lei ordenava,
28 het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê:
28 Simeão o tomou nos braços e louvou a Deus, dizendo:
29 Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord,
29 “Agora, Senhor, podes despedir em paz o teu servo, segundo a tua palavra;
30 omdat my oë u heil gesien het,
30 porque os meus olhos já viram a tua salvação,
31 wat U berei het voor die oë van al die volke --
31 a qual preparaste diante de todos os povos:
32 'n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.
32 luz para revelação aos gentios, e para glória do teu povo de Israel.”
33 En Josef en sy moeder het hulle verwonder oor die dinge wat van Hom gesê is.
33 E o pai e a mãe do menino estavam admirados com o que se dizia a respeito dele.
34 En S¡meon het hulle geseënen aan Maria, sy moeder, gesê: Kyk, hierdie Kind is bestemd tot 'n val en 'n opstanding van baie in Israel en tot 'n teken wat weerspreek sal word --
34 Simeão os abençoou e disse a Maria, mãe do menino: — Eis que este menino está destinado tanto para ruína como para elevação de muitos em Israel e para ser alvo de contradição,
35 ja, 'n swaard sal deur jou eie siel gaan -- sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word.
35 para que se manifestem os pensamentos de muitos corações. Quanto a você, Maria, uma espada atravessará a sua alma.
36 En daar was Anna, 'n profetes, die dogter van F nuel, uit die stam van Aser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe;
36 Havia uma profetisa, chamada Ana, filha de Fanuel, da tribo de Aser. Ela era bem idosa, tendo vivido com o marido sete anos desde que tinha se casado.
37 en sy was 'n weduwee van omtrent vier en tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag.
37 Agora era viúva de oitenta e quatro anos. Ela não deixava o templo, mas adorava noite e dia, com jejuns e orações.
38 En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het.
38 E, chegando naquela hora, dava graças a Deus e falava a respeito do menino a todos os que esperavam a redenção de Jerusalém.
39 En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan na Galil,a, na hulle stad N saret.
39 Depois de terem cumprido tudo conforme a Lei do Senhor, voltaram para a Galileia, para a sua cidade de Nazaré.
40 En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.
40 O menino crescia e se fortalecia, enchendo-se de sabedoria; e a graça de Deus estava sobre ele.
41 En sy ouers was gewoond om elke jaar met die paasfees na Jerusalem te gaan.
41 Todos os anos os pais de Jesus iam a Jerusalém, para a Festa da Páscoa.
42 En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan.
42 Quando ele atingiu os doze anos, foram a Jerusalém, segundo o costume da festa.
43 En nadat die feesdae vir hulle verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie.
43 Terminados os dias da festa, ao regressarem, o menino Jesus ficou em Jerusalém, sem que os pais dele o soubessem.
44 Maar omdat hulle gedink het dat Hy by die reisgeselskap was, het hulle 'n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek.
44 Pensando, porém, que ele estava entre os companheiros de viagem, andaram um dia inteiro e, então, começaram a procurá-lo entre os parentes e os conhecidos.
45 En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en Hom gesoek.
45 E, como não o encontraram, voltaram a Jerusalém à sua procura.
46 En n drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.
46 Três dias depois, o acharam no templo, assentado no meio dos doutores, ouvindo-os e fazendo-lhes perguntas.
47 En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.
47 E todos os que ouviam o menino se admiravam muito da sua inteligência e das suas respostas.
48 En toe hulle Hom sien, was hulle verslae. En sy moeder sê vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek.
48 Logo que os pais o viram, ficaram maravilhados. E a sua mãe lhe disse: — Filho, por que você fez isso conosco? Seu pai e eu estávamos aflitos à sua procura.
49 En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie?
49 Ele respondeu:
50 En hulle het die woord wat Hy aan hulle gesê het, nie verstaan nie.
50 Não compreenderam, porém, as palavras que lhes disse.
51 En Hy het saam met hulle gegaan en in N saret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.
51 E voltou com eles para Nazaré e era submisso a eles. E a mãe dele guardava todas estas coisas no coração.
52 En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.
52 E Jesus crescia em sabedoria, estatura e graça, diante de Deus e dos homens.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Lucas 2, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.