Lucas 23
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARIB
1 En die hele menigte van hulle het opgestaan en Hom na Pilatus gelei.
1 E levantando-se toda a multidão deles, conduziram Jesus a Pilatos.
2 En hulle het Hom begin beskuldig en sê: Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei en verbied om aan die keiser belasting te betaal, terwyl Hy sê dat Hy self Christus, die Koning, is.
2 E começaram a acusá-lo, dizendo: Achamos este homem pervertendo a nossa nação, proibindo dar o tributo a César, e dizendo ser ele mesmo Cristo, rei.
3 Toe vra Pilatus Hom en sê: Is U die Koning van die Jode? En Hy antwoord hom en sê: U sê dit.
3 Pilatos, pois, perguntou-lhe: És tu o rei dos judeus? Respondeu-lhe Jesus: É como dizes.
4 En Pilatus sê vir die owerpriesters en die skare: Ek vind geen skuld in hierdie man nie.
4 Então disse Pilatos aos principais sacerdotes, e às multidões: Não acho culpa alguma neste homem.
5 Maar hulle het aangehou en gesê: Hy maak die volk oproerig met sy leer die hele Judiadeur, vandat Hy in Galil,a begin het tot hiertoe.
5 Eles, porém, insistiam ainda mais, dizendo: Alvoroça o povo ensinando por toda a Judéia, começando desde a Galiléia até aqui.
6 En toe Pilatus van Galil,a hoor, vra hy of die man 'n Galil,ër is.
6 Então Pilatos, ouvindo isso, perguntou se o homem era galileu;
7 En nadat hy verneem het dat Hy uit die magsgebied van Herodes was, stuur hy Hom na Herodes wat self ook in daardie dae in Jerusalem was.
7 e, quando soube que era da jurisdição de Herodes, remeteu-o a Herodes, que também naqueles dias estava em Jerusalém.
8 En toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly, want hy was al geruime tyd begerig om Hom te sien, omdat hy veel van Hom gehoor het; en hy het gehoop om een of ander teken te sien wat deur Hom gedoen sou word.
8 Ora, quando Herodes viu a Jesus, alegrou-se muito; pois de longo tempo desejava vê-lo, por ter ouvido falar a seu respeito; e esperava ver algum sinal feito por ele;
9 En hy het Hom met baie woorde uitgevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.
9 e fazia-lhe muitas perguntas; mas ele nada lhe respondeu.
10 En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het Hom heftig staan en beskuldig.
10 Estavam ali os principais sacerdotes, e os escribas, acusando-o com grande veemência.
11 En nadat Herodes saam met sy soldate Hom met veragting behandel en bespot het, werp hy Hom 'n blink kleed om en stuur Hom terug na Pilatus.
11 Herodes, porém, com os seus soldados, desprezou-o e, escarnecendo dele, vestiu-o com uma roupa resplandecente e tornou a enviá-lo a Pilatos.
12 En Pilatus en Herodes het op daardie dag goeie vriende geword, want hulle was vantevore in vyandskap teenoor mekaar.
12 Nesse mesmo dia Pilatos e Herodes tornaram-se amigos; pois antes andavam em inimizade um com o outro.
13 Toe roep Pilatus die owerpriesters en die owerstes en die volk bymekaar en sê vir hulle:
13 Então Pilatos convocou os principais sacerdotes, as autoridades e o povo,
14 Julle het hierdie man na my gebring as een wat die volk afvallig maak. En nou het ek in julle teenwoordigheid ondersoek ingestel en in hierdie man geen skuld gevind aan die dinge waarvan julle Hom beskuldig nie;
14 e disse-lhes: Apresentastes-me este homem como pervertedor do povo; e eis que, interrogando-o diante de vós, não achei nele nenhuma culpa, das de que o acusais;
15 ja, ook Herodes nie, want ek het julle na hom gestuur; en daar is deur Hom niks gedoen wat die dood verdien nie.
15 nem tampouco Herodes, pois no-lo tornou a enviar; e eis que não tem feito ele coisa alguma digna de morte.
16 Nadat ek Hom dan gekasty het, sal ek Hom loslaat.
16 Castigá-lo-ei, pois, e o soltarei.
17 En hy was verplig om vir hulle op die fees een los te laat.
17 {E era-lhe necessário soltar-lhes um pela festa.}
18 Maar die hele menigte skreeu en sê: Weg met Hom, en laat vir ons Bar bbas los!
18 Mas todos clamaram à uma, dizendo: Fora com este, e solta-nos Barrabás!
19 Di, was oor 'n sekere opstand wat in die stad plaasgevind het, en oor 'n moord in die gevangenis gewerp.
19 Ora, Barrabás fora lançado na prisão por causa de uma sedição feita na cidade, e de um homicídio.
20 Daarop spreek Pilatus hulle weer toe, omdat hy Jesus wou loslaat;
20 Mais uma vez, pois, falou-lhes Pilatos, querendo soltar a Jesus.
21 maar hulle het aangehou roep en sê: Kruisig, kruisig Hom!
21 Eles, porém, bradavam, dizendo: Crucifica-o! crucifica-o!
22 En vir die derde keer sê hy vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Ek het in Hom niks gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom dan kasty en loslaat.
22 Falou-lhes, então, pela terceira vez: Pois, que mal fez ele? Não achei nele nenhuma culpa digna de morte. Castigá-lo-ei, pois, e o soltarei.
23 Maar hulle het aangehou met 'n harde geroep en geëis dat Hy gekruisig moes word; en hulle geroep en die van die owerpriesters het die oorhand gekry.
23 Mas eles instavam com grandes brados, pedindo que fosse crucificado. E prevaleceram os seus clamores.
24 Toe gee Pilatus uitspraak dat aan hulle eis voldoen moet word.
24 Então Pilatos resolveu atender-lhes o pedido;
25 En hy het die een vir hulle losgelaat wat oor opstand en moord in die gevangenis gewerp was, die een wat hulle geëis het. Maar Jesus het hy aan hulle wil oorgelewer.
25 e soltou-lhes o que fora lançado na prisão por causa de sedição e de homicídio, que era o que eles pediam; mas entregou Jesus à vontade deles.
26 En toe hulle Hom weglei, neem hulle 'n sekere Simon van Cir,ne wat van die veld af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.
26 Quando o levaram dali tomaram um certo Simão, cireneu, que vinha do campo, e puseram-lhe a cruz às costas, para que a levasse após Jesus.
27 En 'n groot menigte van die volk het Hom gevolg, en vroue wat rou bedryf en Hom beklaag het.
27 Seguia-o grande multidão de povo e de mulheres, as quais o pranteavam e lamentavam.
28 Maar Jesus het Hom omgedraai en vir hulle gesê: Dogters van Jerusalem, moenie oor My ween nie, maar ween oor julleself en oor julle kinders;
28 Jesus, porém, voltando-se para elas, disse: Filhas de Jerusalém, não choreis por mim; chorai antes por vós mesmas, e por vossos filhos.
29 want daar kom dae waarin hulle sal sê: Gelukkig is die onvrugbares en die moederskote wat nie gebaar en die borste wat nie gesoog het nie.
29 Porque dias hão de vir em que se dirá: Bem-aventuradas as estéreis, e os ventres que não geraram, e os peitos que não amamentaram!
30 Dan sal hulle vir die berge begin sê: Val op ons! en vir die heuwels: Bedek ons!
30 Então começarão a dizer aos montes: Caí sobre nós; e aos outeiros: Cobri-nos.
31 Want as hulle dit doen aan die groen hout, wat sal met die droë gebeur!
31 Porque, se isto se faz no lenho verde, que se fará no seco?
32 En daar is nog twee ander, kwaaddoeners, weggelei om saam met Hom tereggestel te word.
32 E levavam também com ele outros dois, que eram malfeitores, para serem mortos.
33 En toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter-- en een aan die linkerkant.
33 Quando chegaram ao lugar chamado Caveira, ali o crucificaram, a ele e também aos malfeitores, um à direita e outro à esquerda.
34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp.
34 Jesus, porém, dizia: Pai, perdoa-lhes; porque não sabem o que fazem. Então repartiram as vestes dele, deitando sortes sobre elas.
35 En die volk het dit staan en aanskou. En die owerstes het saam met hulle ook geskimp en gesê: Ander het Hy verlos; laat Hy Homself verlos as Hy die Christus, die uitverkorene van God, is.
35 E o povo estava ali a olhar. E as próprias autoridades zombavam dele, dizendo: Aos outros salvou; salve-se a si mesmo, se é o Cristo, o escolhido de Deus.
36 En die soldate het Hom ook bespot en gekom en vir Hom asyn gebring
36 Os soldados também o escarneciam, chegando-se a ele, oferecendo-lhe vinagre,
37 en gesê: As U die Koning van die Jode is, verlos Uself.
37 e dizendo: Se tu és o rei dos judeus, salva-te a ti mesmo.
38 En daar was ook 'n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters: HY IS DIE KONING VAN DIE JODE.
38 Por cima dele estava esta inscrição {em letras gregas, romanas e hebraicas:} ESTE É O REI DOS JUDEUS.
39 En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons.
39 Então um dos malfeitores que estavam pendurados, blasfemava dele, dizendo: Não és tu o Cristo? salva-te a ti mesmo e a nós.
40 Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? --
40 Respondendo, porém, o outro, repreendia-o, dizendo: Nem ao menos temes a Deus, estando na mesma condenação?
41 ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.
41 E nós, na verdade, com justiça; porque recebemos o que os nossos feitos merecem; mas este nenhum mal fez.
42 En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.
42 Então disse: Jesus, lembra-te de mim, quando entrares no teu reino.
43 En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
43 Respondeu-lhe Jesus: Em verdade te digo que hoje estarás comigo no paraíso.
44 En dit was omtrent die sesde uur, en daar het duisternis oor die hele aarde gekom tot die negende uur toe;
44 Era já quase a hora sexta, e houve trevas em toda a terra até a hora nona, pois o sol se escurecera;
45 en die son is verduister; en die voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur.
45 e rasgou-se ao meio o véu do santuário.
46 En Jesus het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.
46 Jesus, clamando com grande voz, disse: Pai, nas tuas mãos entrego o meu espírito. E, havendo dito isso, expirou.
47 En toe die hoofman oor honderd sien wat daar gebeur, het hy God verheerlik en gesê: Waarlik, hierdie man was regverdig.
47 Quando o centurião viu o que acontecera, deu glória a Deus, dizendo: Na verdade, este homem era justo.
48 En die hele skare wat vir hierdie skouspel bymekaar was, het op hulle borste geslaan toe hulle sien wat gebeur het, en hulle het teruggegaan.
48 E todas as multidões que presenciaram este espetáculo, vendo o que havia acontecido, voltaram batendo no peito.
49 En al sy bekendes het ver weg gestaan; ook die vroue wat Hom van Galil,a gevolg het, het hierdie dinge gesien.
49 Entretanto, todos os conhecidos de Jesus, e as mulheres que o haviam seguido desde a Galiléia, estavam de longe vendo estas coisas.
50 En daar was 'n man met die naam van Josef, 'n lid van die Raad, 'n goeie en regverdige man
50 Então um homem chamado José, natural de Arimatéia, cidade dos judeus, membro do sinédrio, homem bom e justo,
51 -- hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie -- van Arimath,a, 'n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God verwag het.
51 o qual não tinha consentido no conselho e nos atos dos outros, e que esperava o reino de Deus,
52 Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra
52 chegando a Pilatos, pediu-lhe o corpo de Jesus;
53 en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in 'n graf wat uit 'n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie.
53 e tirando-o da cruz, envolveu-o num pano de linho, e pô-lo num sepulcro escavado em rocha, onde ninguém ainda havia sido posto.
54 En dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat wou aanbreek.
54 Era o dia da preparação, e ia começar o sábado.
55 En die vroue wat saam met Hom van Galil,a gekom het, het ook gevolg en die graf gesien en hoe sy liggaam neergelê was.
55 E as mulheres que tinham vindo com ele da Galiléia, seguindo a José, viram o sepulcro, e como o corpo foi ali depositado.
56 Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus volgens die gebod.
56 Então voltaram e prepararam especiarias e ungüentos. E no sábado repousaram, conforme o mandamento.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Lucas 23, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.