Lucas 22
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARA
1 En die fees van die ongesuurde brode, wat pasga genoem word, was naby.
1 Estava próxima a Festa dos Pães Asmos, chamada Páscoa.
2 En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom kon ombring, want hulle het die volk gevrees.
2 Preocupavam-se os principais sacerdotes e os escribas em como tirar a vida a Jesus; porque temiam o povo.
3 En die Satan het in Judas gevaar, wat Isk riot genoem word en wat uit die getal van die twaalf was.
3 Ora, Satanás entrou em Judas, chamado Iscariotes, que era um dos doze.
4 Toe het hy gegaan en met die owerpriesters en hoofde beraadslaag hoe hy Hom aan hulle kon oorlewer.
4 Este foi entender-se com os principais sacerdotes e os capitães sobre como lhes entregaria a Jesus;
5 En hulle was bly en het met hom ooreengekom om hom geld te gee.
5 então, eles se alegraram e combinaram em lhe dar dinheiro.
6 En hy het toegestem en na 'n goeie geleentheid gesoek om Hom sonder oproer aan hulle oor te lewer.
6 Judas concordou e buscava uma boa ocasião de lho entregar sem tumulto.
7 En die dag van die ongesuurde brode het gekom waarop die pasga geslag moes word.
7 Chegou o dia da Festa dos Pães Asmos, em que importava comemorar a Páscoa.
8 Toe stuur Hy Petrus en Johannes en sê: Gaan berei die pasga vir ons, dat ons dit kan eet.
8 Jesus, pois, enviou Pedro e João, dizendo: Ide preparar-nos a Páscoa para que a comamos.
9 En hulle sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons dit berei?
9 Eles lhe perguntaram: Onde queres que a preparemos?
10 En Hy antwoord hulle: Kyk, as julle in die stad ingaan, sal 'n man julle ontmoet wat 'n kruik water dra; volg hom na die huis waar hy ingaan.
10 Então, lhes explicou Jesus: Ao entrardes na cidade, encontrareis um homem com um cântaro de água; segui-o até à casa em que ele entrar
11 En julle moet vir die eienaar van die huis sê: Die Meester vra u -- waar is die kamer waar Ek die pasga met my dissipels kan eet?
11 e dizei ao dono da casa: O Mestre manda perguntar-te: Onde é o aposento no qual hei de comer a Páscoa com os meus discípulos?
12 En hy sal julle 'n groot bovertrek wys wat reggemaak is; daar moet julle dit berei.
12 Ele vos mostrará um espaçoso cenáculo mobilado; ali fazei os preparativos.
13 En hulle het gegaan en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het, en die pasga berei.
13 E, indo, tudo encontraram como Jesus lhes dissera e prepararam a Páscoa.
14 En toe die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom.
14 Chegada a hora, pôs-se Jesus à mesa, e com ele os apóstolos.
15 En Hy sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie pasga met julle te eet voordat Ek ly.
15 E disse-lhes: Tenho desejado ansiosamente comer convosco esta Páscoa, antes do meu sofrimento.
16 Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie meer daarvan eet voordat dit in die koninkryk van God vervul is nie.
16 Pois vos digo que nunca mais a comerei, até que ela se cumpra no reino de Deus.
17 En toe Hy 'n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle.
17 E, tomando um cálice, havendo dado graças, disse: Recebei e reparti entre vós;
18 Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie drink van die vrug van die wynstok voordat die koninkryk van God gekom het nie.
18 pois vos digo que, de agora em diante, não mais beberei do fruto da videira, até que venha o reino de Deus.
19 Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis.
19 E, tomando um pão, tendo dado graças, o partiu e lhes deu, dizendo: Isto é o meu corpo oferecido por vós; fazei isto em memória de mim.
20 Net so neem Hy ook die beker n die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.
20 Semelhantemente, depois de cear, tomou o cálice, dizendo: Este é o cálice da nova aliança no meu sangue derramado em favor de vós.
21 Maar kyk, die hand van hom wat My verraai, is by My aan tafel.
21 Todavia, a mão do traidor está comigo à mesa.
22 Die Seun van die mens gaan wel heen volgens wat bepaal is, maar wee daardie man deur wie Hy verraai word!
22 Porque o Filho do Homem, na verdade, vai segundo o que está determinado, mas ai daquele por intermédio de quem ele está sendo traído!
23 Toe begin hulle onder mekaar te vra wie van hulle dit tog kon wees wat dit sou doen.
23 Então, começaram a indagar entre si quem seria, dentre eles, o que estava para fazer isto.
24 En daar het ook twis onder hulle ontstaan oor wie van hulle die grootste geag moet wees.
24 Suscitaram também entre si uma discussão sobre qual deles parecia ser o maior.
25 En Hy het vir hulle gesê: Die konings van die nasies heers oor hulle, en die wat gesag voer oor hulle, word weldoeners genoem.
25 Mas Jesus lhes disse: Os reis dos povos dominam sobre eles, e os que exercem autoridade são chamados benfeitores.
26 Maar so moet julle nie wees nie; maar die oudste onder julle moet word soos die jongste, en wie 'n leier is, soos een wat dien.
26 Mas vós não sois assim; pelo contrário, o maior entre vós seja como o menor; e aquele que dirige seja como o que serve.
27 Want wie is groter: die een wat aan tafel is, of die een wat dien? Is dit nie hy wat aan tafel is nie? Maar Ek is onder julle soos een wat dien.
27 Pois qual é maior: quem está à mesa ou quem serve? Porventura, não é quem está à mesa? Pois, no meio de vós, eu sou como quem serve.
28 En dit is julle wat altyddeur by My gebly het in my versoekinge.
28 Vós sois os que tendes permanecido comigo nas minhas tentações.
29 En Ek beskik vir julle 'n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het,
29 Assim como meu Pai me confiou um reino, eu vo-lo confio,
30 sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.
30 para que comais e bebais à minha mesa no meu reino; e vos assentareis em tronos para julgar as doze tribos de Israel.
31 En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif.
31 Simão, Simão, eis que Satanás vos reclamou para vos peneirar como trigo!
32 Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.
32 Eu, porém, roguei por ti, para que a tua fé não desfaleça; tu, pois, quando te converteres, fortalece os teus irmãos.
33 En hy het vir Hom gesê: Here, ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis en in die dood te gaan.
33 Ele, porém, respondeu: Senhor, estou pronto a ir contigo, tanto para a prisão como para a morte.
34 Maar Hy antwoord: Ek sê vir jou, Petrus, die haan sal vannag nie kraai voordat jy drie maal geloën het dat jy My ken nie.
34 Mas Jesus lhe disse: Afirmo-te, Pedro, que, hoje, três vezes negarás que me conheces, antes que o galo cante.
35 En Hy sê vir hulle: Toe Ek julle uitgestuur het sonder beurs en reissak en skoene, het julle iets kortgekom? En hulle antwoord: Niks nie.
35 A seguir, Jesus lhes perguntou: Quando vos mandei sem bolsa, sem alforje e sem sandálias, faltou-vos, porventura, alguma coisa? Nada, disseram eles.
36 Toe sê Hy vir hulle: Maar nou, wie 'n beurs het, laat hom dit neem en so ook die reissak; en wie dit nie het nie, moet sy kleed verkoop en 'n swaard koop.
36 Então, lhes disse: Agora, porém, quem tem bolsa, tome-a, como também o alforje; e o que não tem espada, venda a sua capa e compre uma.
37 Want Ek sê vir julle dat dit wat geskrywe is, nog aan My vervul moet word: En Hy is saam met misdadigers gereken. Want ook aan die dinge wat betrekking het op My, kom daar 'n einde.
37 Pois vos digo que importa que se cumpra em mim o que está escrito:
38 Hulle sê vir Hom: Here, kyk hier is twee swaarde. En Hy antwoord hulle: Dit is genoeg.
38 Então, lhe disseram: Senhor, eis aqui duas espadas! Respondeu-lhes: Basta!
39 En Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg.
39 E, saindo, foi, como de costume, para o monte das Oliveiras; e os discípulos o acompanharam.
40 En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie.
40 Chegando ao lugar escolhido, Jesus lhes disse: Orai, para que não entreis em tentação.
41 En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi, en neergekniel en gebid
41 Ele, por sua vez, se afastou, cerca de um tiro de pedra, e, de joelhos, orava,
42 en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!
42 dizendo: Pai, se queres, passa de mim este cálice; contudo, não se faça a minha vontade, e sim a tua.
43 En 'n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk.
43 [Então, lhe apareceu um anjo do céu que o confortava.
44 En toe Hy in 'n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.
44 E, estando em agonia, orava mais intensamente. E aconteceu que o seu suor se tornou como gotas de sangue caindo sobre a terra.]
45 Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid.
45 Levantando-se da oração, foi ter com os discípulos, e os achou dormindo de tristeza,
46 En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.
46 e disse-lhes: Por que estais dormindo? Levantai-vos e orai, para que não entreis em tentação.
47 En terwyl Hy nog spreek, kom daar 'n skare; en hy wat Judas genoem word, een van die twaalf, het voor hulle uit geloop en nader gekom na Jesus om Hom te soen.
47 Falava ele ainda, quando chegou uma multidão; e um dos doze, o chamado Judas, que vinha à frente deles, aproximou-se de Jesus para o beijar.
48 En Jesus sê vir hom: Judas, verraai jy die Seun van die mens met 'n kus?
48 Jesus, porém, lhe disse: Judas, com um beijo trais o Filho do Homem?
49 En toe die wat rondom Hom was, sien wat gaan gebeur, sê hulle vir Hom: Here, moet ons met die swaard slaan?
49 Os que estavam ao redor dele, vendo o que ia suceder, perguntaram: Senhor, feriremos à espada?
50 En een van hulle het die dienskneg van die hoëpriester getref en sy regteroor afgekap.
50 Um deles feriu o servo do sumo sacerdote e cortou-lhe a orelha direita.
51 Maar Jesus het geantwoord en gesê: Hou op, dit is genoeg! En Hy het sy oor aangeraak en hom gesond gemaak.
51 Mas Jesus acudiu, dizendo: Deixai, basta. E, tocando-lhe a orelha, o curou.
52 Toe sê Jesus vir die owerpriesters en hoofde van die tempel en ouderlinge wat teen Hom gekom het: Het julle uitgetrek soos teen 'n rower met swaarde en stokke?
52 Então, dirigindo-se Jesus aos principais sacerdotes, capitães do templo e anciãos que vieram prendê-lo, disse: Saístes com espadas e porretes como para deter um salteador?
53 Dag vir dag was Ek saam met julle in die tempel, en julle het nie die hande teen My uitgesteek nie. Maar dit is julle uur en die mag van die duisternis.
53 Diariamente, estando eu convosco no templo, não pusestes as mãos sobre mim. Esta, porém, é a vossa hora e o poder das trevas.
54 En hulle het Hom gevange geneem en weggelei en Hom gebring in die huis van die hoëpriester. En Petrus het van ver af gevolg.
54 Então, prendendo-o, o levaram e o introduziram na casa do sumo sacerdote. Pedro seguia de longe.
55 En toe hulle 'n vuur in die middel van die binneplaas van die paleis gemaak en bymekaar gaan sit het, het Petrus onder hulle gesit.
55 E, quando acenderam fogo no meio do pátio e juntos se assentaram, Pedro tomou lugar entre eles.
56 En 'n diensmeisie het hom daar by die vuur sien sit; en nadat sy hom vas aangekyk het, sê sy: Hierdie man was ook saam met Hom.
56 Entrementes, uma criada, vendo-o assentado perto do fogo, fitando-o, disse: Este também estava com ele.
57 Maar hy het Hom verloën en gesê: Vrou, ek ken Hom nie.
57 Mas Pedro negava, dizendo: Mulher, não o conheço.
58 En kort daarna sien iemand anders hom en sê: Jy is ook een van hulle. Maar Petrus sê: Man, ek is nie.
58 Pouco depois, vendo-o outro, disse: Também tu és dos tais. Pedro, porém, protestava: Homem, não sou.
59 En n verloop van omtrent een uur het 'n ander een dit verseker en gesê: Sowaar, hierdie man was ook saam met Hom, want hy is ook 'n Galil,ër.
59 E, tendo passado cerca de uma hora, outro afirmava, dizendo: Também este, verdadeiramente, estava com ele, porque também é galileu.
60 Maar Petrus antwoord: Man, ek weet nie wat jy sê nie. En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het die haan gekraai.
60 Mas Pedro insistia: Homem, não compreendo o que dizes. E logo, estando ele ainda a falar, cantou o galo.
61 En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.
61 Então, voltando-se o Senhor, fixou os olhos em Pedro, e Pedro se lembrou da palavra do Senhor, como lhe dissera: Hoje, três vezes me negarás, antes de cantar o galo.
62 En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik geween.
62 Então, Pedro, saindo dali, chorou amargamente.
63 En die manne wat Jesus gevange gehou het, het Hom bespot en geslaan.
63 Os que detinham Jesus zombavam dele, davam-lhe pancadas e,
64 En hulle het Hom geblinddoek en Hom in die aangesig geslaan en Hom gevra en gesê: Profeteer wie dit is wat U geslaan het.
64 vendando-lhe os olhos, diziam: Profetiza-nos: quem é que te bateu?
65 En baie ander dinge het hulle lasterlik teen Hom gespreek.
65 E muitas outras coisas diziam contra ele, blasfemando.
66 En toe dit dag word, het die oudstes van die volk -- die owerpriesters en skrifgeleerdes -- vergader en Hom voor hulle Raad gebring
66 Logo que amanheceu, reuniu-se a assembleia dos anciãos do povo, tanto os principais sacerdotes como os escribas, e o conduziram ao Sinédrio, onde lhe disseram:
67 en gesê: As U die Christus is, sê vir ons. En Hy antwoord hulle: As Ek vir u sê, sal u tog nie glo nie.
67 Se tu és o Cristo, dize-nos. Então, Jesus lhes respondeu: Se vo-lo disser, não o acreditareis;
68 En as Ek vra, sal u My tog nie antwoord of loslaat nie.
68 também, se vos perguntar, de nenhum modo me respondereis.
69 Van nou af sal die Seun van die mens sit aan die regterhand van die krag van God.
69 Desde agora, estará sentado o Filho do Homem à direita do Todo-Poderoso Deus.
70 En hulle sê almal: Is U dan die Seun van God? En Hy antwoord hulle: U sê dat Ek dit is.
70 Então, disseram todos: Logo, tu és o Filho de Deus? E ele lhes respondeu: Vós dizeis que eu sou.
71 Daarop sê hulle: Wat het ons nog getuienis nodig! Want ons het dit self uit sy mond gehoor.
71 Clamaram, pois: Que necessidade mais temos de testemunho? Porque nós mesmos o ouvimos da sua própria boca.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Lucas 22, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.