Lucas 21

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVI

Sair da comparação
NVI Nova Versão Internacional
1 En toe Hy opkyk, sien Hy die rykes wat hulle gawes in die skatkis gooi.
1 Jesus olhou e viu os ricos colocando suas contribuições nas caixas de ofertas.
2 En Hy het ook 'n arm weduwee daar twee geldstukkies sien ingooi.
2 Viu também uma viúva pobre colocar duas pequeninas moedas de cobre.
3 En Hy sê: Waarlik, Ek sê vir julle dat hierdie arm weduwee meer as almal ingegooi het.
3 E disse: "Afirmo-lhes que esta viúva pobre colocou mais do que todos os outros.
4 Want hulle almal het uit hul oorvloed by die gawes van God ingegooi, maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het om van te lewe.
4 Todos esses deram do que lhes sobrava; mas ela, da sua pobreza, deu tudo o que possuía para viver".
5 En toe sommige oor die tempel praat, dat dit met mooi klippe en gewyde geskenke versierd was, sê Hy:
5 Alguns dos seus discípulos estavam comentando como o templo era adornado com lindas pedras e dádivas dedicadas a Deus. Mas Jesus disse:
6 Hierdie dinge wat julle sien daar sal dae kom wanneer daar nie een klip op die ander gelaat sal word wat nie afgebreek sal word nie.
6 "Disso que vocês estão vendo, dias virão em que não ficará pedra sobre pedra; serão todas derrubadas".
7 En hulle vra Hom en sê: Meester, wanneer sal dit dan wees, en wat is die teken wanneer dit gaan gebeur?
7 "Mestre", perguntaram eles, "quando acontecerão essas coisas? E qual será o sinal de que elas estão prestes a acontecer? "
8 En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.
8 Ele respondeu: "Cuidado para não serem enganados. Pois muitos virão em meu nome, dizendo: ‘Sou eu! ’ e ‘o tempo está próximo’. Não os sigam.
9 En wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie skrik nie; want die dinge moet eers plaasvind, maar dit is nie dadelik die einde nie.
9 Quando ouvirem falar de guerras e rebeliões, não tenham medo. É necessário que primeiro aconteçam essas coisas, mas o fim não virá imediatamente".
10 Toe sê Hy vir hulle: Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander.
10 Então lhes disse: "Nação se levantará contra nação, e reino contra reino.
11 En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom.
11 Haverá grandes terremotos, fomes e pestes em vários lugares, e acontecimentos terríveis e grandes sinais provenientes do céu.
12 Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam.
12 "Mas antes de tudo isso, prenderão e perseguirão vocês. Então os entregarão às sinagogas e prisões, e vocês serão levados à presença de reis e governadores, tudo por causa do meu nome.
13 En dit sal vir julle uitloop op 'n getuienis.
13 Será para vocês uma oportunidade de dar testemunho.
14 Neem julle dan in jul harte voor om nie vooraf oor julle verdediging te dink nie.
14 Mas convençam-se de uma vez de que não devem preocupar-se com o que dirão para se defender.
15 Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie.
15 Pois eu lhes darei palavras e sabedoria a que nenhum dos seus adversários será capaz de resistir ou contradizer.
16 Maar julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle doodmaak.
16 Vocês serão traídos até por pais, irmãos, parentes e amigos, e eles entregarão alguns de vocês à morte.
17 En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van my Naam.
17 Todos odiarão vocês por causa do meu nome.
18 En geen haar van julle hoof sal ooit verlore gaan nie.
18 Contudo, nenhum fio de cabelo da cabeça de vocês se perderá.
19 Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry.
19 É perseverando que vocês obterão a vida.
20 En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is.
20 "Quando virem Jerusalém rodeada de exércitos, vocês saberão que a sua devastação está próxima.
21 Dan moet die wat in Judiais, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie.
21 Então os que estiverem na Judéia fujam para os montes, os que estiverem na cidade saiam, e os que estiverem no campo não entrem na cidade.
22 Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word.
22 Pois esses são os dias da vingança, em cumprimento de tudo o que foi escrito.
23 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog in daardie dae; want daar sal 'n groot nood in die land wees en toorn oor hierdie volk.
23 Como serão terríveis aqueles dias para as grávidas e para as que estiverem amamentando! Haverá grande aflição na terra e ira contra este povo.
24 En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.
24 Cairão pela espada e serão levados como prisioneiros para todas as nações. Jerusalém será pisada pelos gentios, até que os tempos deles se cumpram.
25 En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,
25 "Haverá sinais no sol, na lua e nas estrelas. Na terra, as nações se verão em angústia e perplexidade com o bramido e a agitação do mar.
26 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.
26 Os homens desmaiarão de terror, apreensivos com o que estará sobrevindo ao mundo; e os poderes celestes serão abalados.
27 En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid.
27 Então se verá o Filho do homem vindo numa nuvem com poder e grande glória.
28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.
28 Quando começarem a acontecer estas coisas, levantem-se e ergam a cabeça, porque estará próxima a redenção de vocês".
29 Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome.
29 Ele lhes contou esta parábola: "Observem a figueira e todas as árvores.
30 Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is.
30 Quando elas brotam, vocês mesmos percebem e sabem que o verão está próximo.
31 So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.
31 Assim também, quando virem estas coisas acontecendo, saibam que o Reino de Deus está próximo.
32 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie.
32 "Eu lhes asseguro que não passará esta geração até que todas essas coisas aconteçam.
33 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
33 O céu e a terra passarão, mas as minhas palavras jamais passarão.
34 Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en die dag julle nie skielik oorval nie.
34 "Tenham cuidado, para que os seus corações não fiquem carregados de libertinagem, bebedeira e ansiedades da vida, e aquele dia venha sobre vocês inesperadamente.
35 Want soos 'n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon.
35 Porque ele virá sobre todos os que vivem na face de toda a terra.
36 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.
36 Estejam sempre atentos e orem para que vocês possam escapar de tudo o que está para acontecer, e estar de pé diante do Filho do homem".
37 En Hy was oordag in die tempel besig om te leer, en snags het Hy uitgegaan en vernag op die berg wat die Olyfberg genoem word.
37 Jesus passava o dia ensinando no templo; e, ao entardecer, saía para passar a noite no monte chamado das Oliveiras.
38 En die hele volk het vroeg in die môre na Hom in die tempel gekom om na Hom te luister.
38 Todo o povo ia de manhã cedo ouvi-lo no templo.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Lucas 21, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.