Lucas 18

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA

Sair da comparação
NAA Nova Almeida Atualizada 2017
1 En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,
1 Jesus lhes contou uma parábola para mostrar que deviam orar sempre e nunca desanimar:
2 en gesê: Daar was 'n regter in 'n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie.
2 — Em certa cidade havia um juiz que não temia a Deus, nem respeitava ninguém.
3 En daar was in daardie stad 'n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty.
3 Havia também, naquela mesma cidade, uma viúva que sempre o procurava, dizendo: “Julgue a minha causa contra o meu adversário.”
4 En 'n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie,
4 Por algum tempo, ele não a quis atender, mas depois pensou assim: “É bem verdade que eu não temo a Deus, nem respeito ninguém.
5 tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.
5 Porém, como esta viúva fica me incomodando, vou julgar a sua causa, para não acontecer que, por fim, venha a molestar-me.”
6 Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.
6 Então o Senhor disse:
7 Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?
7 Será que Deus não fará justiça aos seus escolhidos, que a ele clamam dia e noite, embora pareça demorado em defendê-los?
8 Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?
8 Digo a vocês que, depressa, lhes fará justiça. Contudo, quando o Filho do Homem vier, será que ainda encontrará fé sobre a terra?
9 En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel.
9 Jesus também contou esta parábola para alguns que confiavam em si mesmos, por se considerarem justos, e desprezavam os outros:
10 Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een 'n Fariseër en die ander 'n tollenaar.
10 — Dois homens foram ao templo para orar: um era fariseu e o outro era publicano.
11 En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie -- rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie.
11 O fariseu ficou em pé e orava de si para si mesmo, desta forma: “Ó Deus, graças te dou porque não sou como os demais homens, roubadores, injustos e adúlteros, nem ainda como este publicano.
12 Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry.
12 Jejuo duas vezes por semana e dou o dízimo de tudo o que ganho.”
13 En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig!
13 O publicano, estando em pé, longe, nem mesmo ousava levantar os olhos para o céu, mas batia no peito, dizendo: “Ó Deus, tem pena de mim, que sou pecador!”
14 Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.
14 Digo a vocês que este desceu justificado para a sua casa, e não aquele. Porque todo o que se exalta será humilhado; mas o que se humilha será exaltado.
15 En hulle het ook die klein kindertjies na Hom gebring, sodat Hy hulle kon aanraak; en toe die dissipels dit sien, het hulle hul bestraf.
15 Traziam também as crianças a Jesus para que ele as abençoasse, mas os discípulos, ao verem isso, os repreendiam.
16 Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.
16 Jesus, porém, chamando as crianças para junto de si, disse:
17 Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
17 Em verdade lhes digo: Quem não receber o Reino de Deus como uma criança de maneira nenhuma entrará nele.
18 En 'n sekere owerste vra Hom en sê: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
18 Certo homem de destaque perguntou a Jesus: — Bom Mestre, que farei para herdar a vida eterna?
19 En Jesus antwoord hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie behalwe een, naamlik God.
19 Jesus respondeu:
20 Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie; jy mag nie doodslaan nie; jy mag nie steel nie; jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en jou moeder.
20 Você conhece os mandamentos: “Não cometa adultério”, “não mate”, “não furte”, “não dê falso testemunho”, “honre o seu pai e a sua mãe”.
21 En hy sê: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.
21 Então o homem disse: — Tudo isso tenho observado desde a minha juventude.
22 En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou -- verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.
22 Ouvindo isso, Jesus lhe disse:
23 Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.
23 Mas, ouvindo ele estas palavras, ficou muito triste, porque era riquíssimo.
24 En toe Jesus sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan.
24 Jesus, vendo-o assim triste, disse:
25 Want dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
25 Porque é mais fácil um camelo passar pelo fundo de uma agulha do que um rico entrar no Reino de Deus.
26 Daarop sê die wat dit gehoor het: Wie kan dan gered word?
26 Os que ouviram isto perguntaram: — Sendo assim, quem pode ser salvo?
27 Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.
27 Mas Jesus respondeu:
28 Toe sê Petrus: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.
28 Então Pedro disse: — Eis que nós deixamos nossa casa e seguimos o senhor.
29 En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God,
29 Jesus lhes respondeu:
30 wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom.
30 que não receba, no presente, muitas vezes mais e, no mundo por vir, receberá a vida eterna.
31 En Hy het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete geskrywe is, sal aan die Seun van die mens vervul word.
31 Chamando os doze para um lado, Jesus lhes disse:
32 Want Hy sal oorgelewer word aan die heidene en bespot en mishandel word, en op Hom sal gespuug word;
32 Ele será entregue aos gentios, que vão zombar dele, insultá-lo e cuspir nele.
33 en nadat hulle Hom geg,sel het, sal hulle Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan.
33 Depois de açoitá-lo, eles o matarão, mas, ao terceiro dia, ressuscitará.
34 Maar hulle het niks hiervan begryp nie, en hierdie woord was vir hulle bedek, en hulle het nie verstaan wat gesê is nie.
34 Eles, porém, não entenderam nada disso. O significado dessas palavras lhes era encoberto, e eles não sabiam do que Jesus estava falando.
35 En terwyl Hy naby J,rigo kom, sit daar 'n blinde man langs die pad en bedel;
35 Aconteceu que, quando Jesus se aproximava de Jericó, um cego estava sentado à beira do caminho, pedindo esmolas.
36 en toe hy 'n skare hoor verbygaan, vra hy wat dit is.
36 E, ouvindo o barulho da multidão que passava, perguntou o que era aquilo.
37 En hulle vertel hom: Jesus die Nasar,ner gaan verby.
37 Anunciaram-lhe que Jesus, o Nazareno, estava passando.
38 Toe roep hy uit en sê: Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig!
38 Então ele gritou: — Jesus, Filho de Davi, tenha compaixão de mim!
39 En die wat voor loop, bestraf hom dat hy moet stilbly. Maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!
39 E os que iam na frente o repreendiam para que se calasse. Mas ele gritava cada vez mais: — Filho de Davi, tenha compaixão de mim!
40 En Jesus het gaan staan en bevel gegee dat hy na Hom gebring moes word; en toe hy naby kom, vra Hy hom
40 Jesus parou e mandou que trouxessem o cego. E, tendo ele chegado, Jesus perguntou:
41 en sê: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En hy antwoord: Here, dat ek kan sien.
41 — O que você quer que eu lhe faça? Ele respondeu: — Senhor, que eu possa ver de novo.
42 En Jesus sê vir hom: Sien! Jou geloof het jou gered.
42 Jesus lhe disse:
43 En onmiddellik het hy gesien en Hom gevolg, terwyl hy God verheerlik. En toe die hele volk dit sien, het hulle aan God die lof gegee.
43 Imediatamente ele passou a ver de novo e seguia Jesus, glorificando a Deus. Também todo o povo, vendo isto, dava louvores a Deus.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Lucas 18, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.