Lucas 14

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA

Sair da comparação
NAA Nova Almeida Atualizada 2017
1 En toe Hy in die huis van een van die owerstes van die Fariseërs gegaan het om brood te eet op die sabbat, het hulle Hom in die oog gehou.
1 Num sábado, ao entrar Jesus na casa de um dos principais fariseus para tomar uma refeição, eles o estavam observando.
2 En daar was voor Hom 'n man wat die water gehad het.
2 E eis que diante dele se achava um homem hidrópico.
3 En Jesus het gespreek en aan die wetgeleerdes en Fariseërs gesê: Is dit geoorloof om op die sabbat te genees?
3 Então Jesus, dirigindo-se aos intérpretes da Lei e aos fariseus, perguntou:
4 Maar hulle het stilgebly. Toe neem Hy hom en maak hom gesond en laat hom gaan.
4 Eles, porém, não disseram nada. Então Jesus pegou na mão daquele homem, curou-o e o mandou embora.
5 En Hy antwoord en sê vir hulle: Wie van julle se esel of os sal in 'n put val, wat dit nie dadelik op die sabbatdag sal uittrek nie?
5 A seguir, Jesus lhes perguntou:
6 En hulle kon Hom daarop nie antwoord nie.
6 A isto nada puderam responder.
7 En toe Hy merk hoe hulle die voorste plekke uitkies, vertel Hy aan die genooides 'n gelykenis en sê vir hulle:
7 Reparando como os convidados escolhiam os primeiros lugares, Jesus contou-lhes uma parábola:
8 Wanneer jy deur iemand na 'n bruilof uitgenooi is, moenie die voorste plek inneem nie, ingeval daar nie miskien een wat waardiger is as jy deur hom uitgenooi is nie,
8 — Quando alguém convidá-lo para um casamento, não sente no lugar de honra, pois pode haver um convidado mais importante do que você.
9 en hy wat jou en hom genooi het, kom en vir jou sê: Maak plek vir hierdie man. En dan sal jy met skaamte die agterste plek begin inneem.
9 Então aquele que convidou os dois dirá a você: “Dê o lugar a este aqui.” Então você irá, envergonhado, ocupar o último lugar.
10 Maar wanneer jy genooi is, gaan en neem die agterste plek in; sodat wanneer hy kom wat jou genooi het, hy vir jou kan sê: Vriend, gaan hoër op! Dan sal jy eer hê voor die wat saam met jou aan tafel is.
10 Pelo contrário, quando alguém convidá-lo, vá sentar no último lugar, para que, quando vier aquele que o convidou, diga a você: “Amigo, venha sentar num lugar melhor.” Isso será uma honra para você diante de todos os demais convidados.
11 Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.
11 Porque todo o que se exalta será humilhado; e o que se humilha será exaltado.
12 En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy 'n môre -- of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie.
12 Depois Jesus disse ao que o havia convidado:
13 Maar wanneer jy 'n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes,
13 Pelo contrário, ao dar um banquete, convide os pobres, os aleijados, os coxos e os cegos,
14 en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.
14 e você será bem-aventurado, pelo fato de não terem eles com que recompensá-lo. A sua recompensa você receberá na ressurreição dos justos.
15 En toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.
15 Ao ouvir tais palavras, um dos que estavam à mesa com Jesus lhe disse: — Bem-aventurado aquele que participar do banquete no Reino de Deus.
16 Maar Hy antwoord hom: 'n Sekere man het 'n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi.
16 Jesus, porém, respondeu:
17 En op die uur van die maaltyd het hy sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed.
17 À hora da ceia, enviou o seu servo para avisar aos convidados: “Venham, porque tudo já está preparado.”
18 En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het 'n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my tog.
18 Mas todos eles, um por um, começaram a apresentar desculpas. O primeiro disse: “Comprei um campo e preciso ir vê-lo; peço que me desculpe.”
19 En 'n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog.
19 Outro disse: “Comprei cinco juntas de bois e vou experimentá-las; peço que me desculpe.”
20 En 'n ander een het gesê: Ek het 'n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie.
20 E outro disse: “Casei-me e, por isso, não posso ir.”
21 En daardie dienskneg het gekom en die dinge aan sy heer vertel. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy dienskneg gesê: Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in.
21 — O servo voltou e, contou tudo ao seu senhor. Então, irado, o dono da casa disse ao seu servo: “Saia depressa para as ruas e becos da cidade e traga para cá os pobres, os aleijados, os cegos e os coxos.”
22 En die dienskneg het gesê: Meneer, wat u beveel het, is gedoen, en daar is nog plek.
22 Mais tarde, o servo lhe disse: “Patrão, já fiz o que o senhor mandou, e ainda há lugar.”
23 Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.
23 Então o senhor disse ao servo: “Saia pelos caminhos e atalhos e obrigue todos a entrar, para que a minha casa fique cheia.
24 Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie.
24 Porque digo a vocês que nenhum daqueles homens que foram convidados provará a minha ceia.”
25 En groot menigtes het saam met Hom gegaan, en Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesê:
25 Grandes multidões acompanhavam Jesus, e ele, voltando-se, lhes disse:
26 As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.
26 — Se alguém vem a mim e não me ama mais do que ama o seu pai, a sua mãe, a sua mulher, os seus filhos, os seus irmãos, as suas irmãs e até a sua própria vida, não pode ser meu discípulo.
27 En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.
27 E quem não tomar a sua cruz e vier após mim não pode ser meu discípulo.
28 Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? --
28 Pois qual de vocês, pretendendo construir uma torre, não se assenta primeiro para calcular a despesa e verificar se tem os meios para a concluir?
29 sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot
29 Para não acontecer que, tendo lançado os alicerces e não podendo terminar a construção, todos os que a virem zombem dele,
30 en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.
30 dizendo: “Este homem começou a construir e não pôde acabar.”
31 Of watter koning wat optrek om teen 'n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tien duisend die een te ontmoet wat met twintig duisend teen hom kom nie?
31 Ou qual é o rei que, indo para combater outro rei, não se assenta primeiro para calcular se com dez mil homens poderá enfrentar o que vem contra ele com vinte mil?
32 Anders stuur hy 'n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes.
32 Caso contrário, estando o outro ainda longe, envia-lhe uma embaixada, pedindo condições de paz.
33 So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.
33 Assim, pois, qualquer um de vocês que não renuncia a tudo o que tem não pode ser meu discípulo.
34 Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?
34 — O sal é certamente bom; mas, se o sal se tornar insípido, como lhe restaurar o sabor?
35 Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir die ashoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
35 Não presta mais nem para a terra nem para o monte de estrume; lançam-no fora. Quem tem ouvidos para ouvir, ouça.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Lucas 14, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.