Josué 7

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Maar die kinders van Israel het hulle vergryp aan die bangoed; want Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, het van die bangoed geneem, sodat die toorn van die HERE ontvlam het teen die kinders van Israel.
1 Entretanto, os filhos de Israel cometeram uma transgressão na coisa amaldiçoada; pois Acã, o filho de Carmi, filho de Zabdi, filho de Zerá, da tribo de Judá, tomou da coisa amaldiçoada, e a ira do ­SENHOR foi acesa contra os filhos de Israel.
2 Daarop het Josua manne van J,rigo af gestuur na Ai wat by Bet-Awen lê, oostelik van Bet-el, en hy het met hulle gespreek en gesê: Trek op en verken die land; en die manne het opgetrek en Ai verken.
2 E Josué enviou homens de Jericó para Ai, que fica ao lado de Bete-Áven, no lado leste de Betel, e lhes falou, dizendo: Subam e vejam a região. E os homens subiram e viram Ai.
3 Toe hulle by Josua terugkom, het hulle vir hom gesê: Al die manskappe hoef nie op te trek nie; omtrent twee duisend man of omtrent drie duisend kan optrek, en hulle sal Ai verslaan; moenie al die manskappe met 'n tog daarheen vermoei nie, want hulle is daar maar min.
3 E eles retornaram a Josué, e lhe disseram: Não deixes que todo o povo suba; mas deixa que cerca de dois ou três mil homens subam e firam Ai; e não faças com que todo o povo se fatigue para lá; pois eles são poucos.
4 So het daar dan van die manskappe omtrent drie duisend man daarnatoe opgetrek; maar hulle moes vlug voor die manne van Ai;
4 Assim, cerca de três mil homens do povo subiram para lá; e eles fugiram diante dos homens de Ai.
5 en die manne van Ai het uit hulle omtrent ses en dertig man doodgeslaan en hulle agtervolg van die poort af tot by Seb rim en hulle verslaan op die afdraand; en die volk se hart het versmelt en soos water geword.
5 E os homens de Ai feriram dentre eles, cerca de trinta e seis homens; pois eles os perseguiram desde a frente da porta até Sebarim, e os feriram na descida; por isso o coração do povo se derreteu e se tornou como água.
6 Toe het Josua sy klere geskeur en met sy aangesig op die grond geval voor die ark van die HERE, tot die aand toe, hy en die oudstes van Israel, en hulle het stof op hul hoofde gegooi.
6 E Josué rasgou as suas vestes, e caiu com a face em terra diante da arca do ­SENHOR até o anoitecer, ele e os anciãos de Israel, e colocaram pó sobre as suas cabeças.
7 En Josua het gesê: Ag, Here HERE, waarom het U hierdie volk ooit deur die Jordaan laat trek om ons oor te gee in die hand van die Amoriete, sodat hulle ons kan vernietig? Het ons tog maar besluit om oorkant die Jordaan te bly!
7 E Josué disse: Ah, ó Senhor DEUS, afinal, por que trouxeste este povo através do Jordão? Para nos entregar na mão dos amorreus, para nos destruir? Quem dera Deus, tivéssemos nos contentado e habitado no outro lado do Jordão!
8 Ag Here, wat sal ek sê nadat Israel vir sy vyande die rug gegee het?
8 Ó Senhor, o que hei de dizer, quando Israel virar as costas diante dos seus inimigos?
9 En as die Kana„niete en al die inwoners van die land dit hoor, sal hulle ons omsingel en ons naam van die aarde af uitroei; wat sal U dan vir u grote Naam doen?
9 Pois os cananeus e todos os habitantes da terra ouvirão isto, e nos cercarão ao redor, e extirparão o nosso nome da terra; e o que tu farás para com o teu grande nome?
10 Toe sê die HERE aan Josua: Staan op; waarom tog lê jy op jou aangesig?
10 E o ­SENHOR disse a Josué: Levanta-te, por que jazes tu sobre a tua face?
11 Israel het gesondig en het ook my verbond oortree wat Ek hulle opgelê het, en ook geneem van die bangoed en ook gesteel en dit selfs heimlik by hulle goed gevoeg.
11 Israel pecou e eles também transgrediram o meu pacto que lhes ordenei; pois até mesmo tomaram da coisa amaldiçoada, e também roubaram, e dissimularam, e colocaram-na entre os seus próprios apetrechos.
12 En die kinders van Israel sal nie kan standhou voor hulle vyande nie; hulle sal hul vyande die rug gee, omdat hulle self 'n ban geword het. Ek sal nie meer met julle wees tensy julle die ban onder julle uit verdelg nie.
12 Por isso os filhos de Israel não conseguiram se manter de pé diante dos seus inimigos, mas viraram as suas costas diante dos seus inimigos, porque estavam amaldiçoados; tampouco continuarei eu convosco, salvo se destruirdes o amaldiçoado dentre vós.
13 Staan op! Heilig die volk en sê: Heilig julleself teen môre ; want so sê die HERE, die God van Israel: Daar is 'n ban in jou midde, Israel! Jy sal nie kan standhou voor jou vyande totdat julle die ban onder julle uit verwyder het nie.
13 Levanta-te, santifica o povo e diz: Santificai-vos para amanhã, pois assim diz o ­SENHOR Deus de Israel: Há uma coisa amaldiçoada no meio de ti, ó Israel, tu não poderás se pôr de pé diante dos teus inimigos enquanto não retirardes a coisa amaldiçoada do meio de vós.
14 Kom dan môre vroeg aan volgens julle stamme; en die stam wat die HERE deur die lot aanwys, moet aankom volgens die geslagte; en die geslag wat die HERE aanwys, moet aankom volgens die huisgesinne, en die huisgesin wat die HERE aanwys, moet aankom man vir man.
14 Pela manhã, portanto, vós sereis trazidos segundo as suas tribos; e será que a tribo que o ­SENHOR tomar virá segundo as suas famílias; e a família que o ­SENHOR tomar virá pelas suas casas; e a casa que o ­SENHOR tomar virá homem por homem.
15 En hy wat in besit van die bangoed aangewys is, moet met vuur verbrand word, hy met alles wat aan hom behoort, omdat hy die verbond van die HERE oortree en 'n skanddaad in Israel begaan het.
15 E será que, aquele que for apanhado com a coisa amaldiçoada será queimado no fogo, ele e tudo o que possui; pois transgrediu o pacto do ­SENHOR, e porque praticou loucura em Israel.
16 En Josua het vroeg in die môre klaargemaak en Israel laat aankom volgens sy stamme; en die stam van Juda is aangewys.
16 Assim, Josué levantou-se de manhã cedo e trouxe Israel pelas suas tribos, e a tribo de Judá foi tomada;
17 Toe hy die geslagte van Juda laat aankom, het die lot die geslag van die Sargiete aangewys; toe hy die geslag van die Sargiete laat aankom man vir man, is Sabdi aangewys ;
17 e ele trouxe a família de Judá; e tomou a família de Zerá; e ele trouxe a família de Zerá, homem por homem; e Zabdi foi apanhado;
18 toe hy sy huisgesin man vir man laat aankom, is Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, aangewys.
18 e ele trouxe a sua casa, homem por homem; e Acã, filho de Carmi, filho de Zabdi, filho de Zerá, da tribo de Judá foi apanhado.
19 Toe sê Josua vir Agan: My seun, maak tog die HERE, die God van Israel, heerlik en gee Hom die eer; en gee my tog te kenne wat jy gedoen het; steek dit nie vir my weg nie.
19 E Josué disse a Acã: Filho meu, eu te rogo, dá glória ao ­SENHOR Deus de Israel e faz uma confissão a ele; e me diga agora o que fizeste; não o escondas de mim.
20 Toe het Agan Josua geantwoord en gesê: Waarlik, ek het gesondig teen die HERE, die God van Israel, en so en so het ek gedoen.
20 E Acã respondeu a Josué, e disse: Em verdade, pequei contra o ­SENHOR, Deus de Israel, e fiz assim e assim.
21 Ek het naamlik een mooi mantel uit S¡near by die buitgoed gesien en twee honderd sikkels silwer en een goudstaaf van vyftig sikkels in gewig, en ek het dit begeer en dit geneem; en kyk, daar lê dit begrawe in die grond binne-in my tent, en die silwer daaronder.
21 Quando vi entre os despojos uma boa veste babilônica, e duzentos shekels de prata, e uma cunha de ouro que pesava cinquenta shekels, eu os cobicei e os apanhei; e eis que estão escondidos na terra, no meio da minha tenda, e a prata embaixo dela.
22 Toe Josua dan boodskappers stuur en hulle na die tent loop, lê dit daar begrawe in sy tent, en die silwer daaronder.
22 Então, Josué enviou mensageiros, e eles correram até a tenda; e eis que aquilo estava escondido na sua tenda, e a prata debaixo dela.
23 En hulle het dit uit die tent uitgehaal en dit na Josua en al die kinders van Israel gebring en dit voor die aangesig van die HERE uitgeskud.
23 E eles pegaram tudo do meio da tenda, e trouxeram até Josué, e até todos os filhos de Israel, e os puseram diante do ­SENHOR.
24 Daarop het Josua en die hele Israel met hom saam Agan, die seun van Serag, geneem met die silwer en die mantel en die goudstaaf en sy seuns en sy dogters en sy beeste en sy esels en sy kleinvee en sy tent en alles wat aan hom behoort het, en hulle het hul na die dal Agor gebring.
24 E Josué, e com ele todo o Israel, tomaram a Acã, filho de Zerá, a prata, veste, a cunha de ouro, os seus filhos, as suas filhas, os seus bois, os seus jumentos, as suas ovelhas, a sua tenda e tudo o que ele possuía; e os trouxeram até o vale de Acor.
25 En Josua het gesê: Hoe het jy ons in die ongeluk gestort! Die HERE sal jou vandag in die ongeluk stort! Daarop het die hele Israel hom gestenig, en hulle het hulle met vuur verbrand en klippe op hulle gegooi.
25 E Josué disse: Por que nos perturbaste? O ­SENHOR te perturbará nesse dia. E todo o Israel o apedrejou, e os queimaram no fogo depois de os terem apedrejado.
26 En hulle het 'n groot hoop klippe op hom gestapel wat tot vandag toe daar is. Toe het die HERE Hom afgewend van die gloed van sy toorn. Daarom noem hulle daardie plek Dal Agor tot vandag toe.
26 E levantaram sobre ele uma grande pilha de pedras até os dias de hoje. Assim o ­SENHOR se voltou do ardor da sua ira. Por isso o nome daquele lugar foi chamado Vale de Acor, até este dia.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Josué 7, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.