Josué 23

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA

Sair da comparação
NAA Nova Almeida Atualizada 2017
1 'n Geruime tyd daarna, nadat die HERE aan Israel rus gegee het van al sy vyande rondom, en Josua oud en ver op sy dae was,
1 Muito tempo havia se passado desde que o Senhor tinha dado a Israel repouso de todos os seus inimigos ao redor. Josué agora já era bem idoso.
2 het Josua die hele Israel laat roep, sy oudstes en sy hoofde en sy regters en sy opsigters, en vir hulle gesê: Ek is oud, ek is ver op my dae;
2 Ele chamou todo o Israel, os seus anciãos, os seus chefes, os seus juízes e os seus oficiais e lhes disse: — Já estou bem velho,
3 en julle het self gesien alles wat die HERE julle God aan al hierdie nasies voor julle uit gedoen het; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry.
3 e vocês já viram tudo o que o Senhor , seu Deus, fez com todas essas nações por causa de vocês, porque o Senhor , seu Deus, é o que lutou por vocês.
4 Kyk, ek het hierdie nasies wat nog oorgebly het, as erfdeel aan julle laat val, aan julle stamme, van die Jordaan af -- met al die nasies wat ek uitgeroei het -- tot by die Groot See in die weste.
4 Vejam bem: por sorteio eu reparti entre as tribos de vocês estas nações que restam, juntamente com todas as nações que tenho eliminado, desde o Jordão até o mar Grande, na direção do pôr do sol.
5 En die HERE julle God self sal hulle voor julle verjaag en hulle voor julle uit verdrywe, sodat julle hulle land in besit kan neem soos die HERE julle God julle beloof het.
5 O Senhor , seu Deus, as afastará e as expulsará da presença de vocês; e vocês tomarão posse das terras dessas nações, como o Senhor , seu Deus, prometeu.
6 Maar julle moet daar baie vas by staan om sorgvuldig te doen alles wat geskrywe staan in die wetboek van Moses, dat julle daar nie regs of links van afwyk nie;
6 — Portanto, esforcem-se muito para guardar e cumprir tudo o que está escrito no Livro da Lei de Moisés, para que dela não se afastem, nem para a direita nem para a esquerda,
7 dat julle met hierdie nasies wat met julle saam oorgebly het, nie meng nie; julle mag ook die naam van hulle gode nie vermeld en daarby nie laat sweer nie, en julle mag hulle nie dien en julle voor hulle nie neerbuig nie;
7 e para que não se misturem com essas nações que restaram entre vocês. Não façam menção dos nomes de seus deuses, nem jurem por eles. Não sirvam, nem adorem esses deuses.
8 maar die HERE julle God moet julle aanhang soos julle tot vandag toe gedoen het.
8 Pelo contrário, apeguem-se ao Senhor , seu Deus, como vocês têm feito até o dia de hoje.
9 Die HERE tog het groot en magtige nasies voor julle uit verdrywe; en wat julle betref -- niemand het tot vandag toe voor julle standgehou nie.
9 Porque o Senhor expulsou de diante de vocês grandes e fortes nações; e, até o dia de hoje, ninguém conseguiu resistir a vocês.
10 Een man uit julle het duisend agtervolg; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry soos Hy julle beloof het.
10 Um só de vocês perseguirá mil, pois o Senhor , seu Deus, é quem luta por vocês, como ele prometeu.
11 Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele, om die HERE julle God lief te hê;
11 — Portanto, empenhem-se em amar o Senhor , seu Deus.
12 want as julle ooit mag afwyk en hierdie nasies aanhang wat nog met julle saam oorgebly het, en julle met hulle verswaer en julle met hulle en hulle met julle meng,
12 Porque, se vocês se desviarem dele e se apegarem ao que resta dessas nações que ainda se encontram entre vocês, e se unirem com elas por meio de casamento, e se misturarem com elas, e elas com vocês,
13 weet dan verseker dat die HERE julle God nie langer hierdie nasies voor julle uit sal verdrywe nie; maar hulle sal vir julle 'n vangnet en 'n strik wees en 'n angel in julle sye en dorings in julle oë, totdat julle omkom uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het.
13 saibam com certeza que o Senhor , seu Deus, não expulsará mais essas nações de diante de vocês. Pelo contrário, elas serão um laço e uma rede para vocês, e açoite nas costas e espinhos nos olhos, até que vocês desapareçam desta boa terra que o Senhor , seu Deus, lhes deu.
14 En kyk, ek gaan vandag die weg van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat die HERE julle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.
14 — Eis que hoje sigo pelo caminho de todos os mortais, e vocês sabem de todo o coração e de toda a alma que nem uma só promessa falhou de todas as boas palavras que o Senhor , seu Deus, lhes falou; todas se cumpriram, nem uma delas falhou.
15 Maar soos al die goeie woorde oor julle gekom het wat die HERE julle God oor julle gespreek het, so sal die HERE oor julle al die onheilswoorde laat kom, totdat Hy julle verdelg het uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het.
15 E assim como se cumpriram todas estas boas coisas que o Senhor , seu Deus, lhes prometeu, assim o Senhor também cumprirá contra vocês todas as ameaças, até que os destrua de sobre a boa terra que o Senhor , seu Deus, lhes deu.
16 As julle die verbond van die HERE julle God wat Hy julle beveel het, oortree en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig, dan sal die toorn van die HERE teen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het.
16 Se violarem a aliança que o Senhor , seu Deus, lhes ordenou, e forem e servirem outros deuses, e os adorarem, a ira do Senhor se acenderá sobre vocês, e logo vocês desaparecerão da boa terra que ele lhes deu.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Josué 23, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.