Jeremias 49
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARC
1 Oor die kinders van Ammon. So sê die HERE: Het Israel geen kinders nie? Het hy geen erfgenaam nie? Waarom het Milkom Gad uit sy besitting verdrywe en woon sy mense in die stede daarvan?
1 Contra os filhos de Amom. Assim diz o Senhor : Acaso, não tem filhos Israel, nem tem herdeiros? Por que, pois, herdou Malcã a Gade, e o seu povo habitou nas suas cidades?
2 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek teen Rabba van die kinders van Ammon oorlogsgeskreeu sal laat hoor, en dit sal word 'n woeste puinhoop, en sy onderhorige plekke sal met vuur verbrand word; dan sal Israel die wat hom in besit geneem het, in besit neem, sê die HERE.
2 Portanto, eis que vêm dias, diz o Senhor , em que farei ouvir em Rabá dos filhos de Amom o alarido de guerra, e tornar-se-á num montão de ruínas, e os lugares da sua jurisdição serão queimados; e Israel herdará aqueles que o herdaram, diz o Senhor .
3 Huil, o Hesbon, want Ai is verwoes; skreeu, o dogters van Rabba! Omgord julle met rouklere, hef 'n rouklag aan en swerf rond tussen die klipmure; want Milkom sal in ballingskap gaan, sy priesters en sy vorste almal saam.
3 Uiva, ó Hesbom, porque é destruída Ai; clamai, ó filhas de Rabá, cingi-vos de panos de saco, lamentai e dai voltas pelos valados, porque Malcã irá em cativeiro, e os seus sacerdotes e os seus príncipes juntamente.
4 Wat roem jy op die dale, op die oorvloed van jou dal, o afkerige dogter, wat op jou voorrade vertrou en sê: Wie sal aan my kom?
4 Por que te glorias nos vales, teus luxuriantes vales, ó filha rebelde, que confias nos teus tesouros, dizendo: Quem virá contra mim?
5 Kyk, Ek bring vrees oor jou vir almal wat rondom jou is, spreek die Here HERE van die leërskare; en julle sal weggedryf word, elkeen reg voor hom uit, sonder dat iemand die swerwelinge vergader.
5 Eis que eu trarei temor sobre ti, diz o Senhor Jeová dos Exércitos, de todos os que estão ao redor de ti; e sereis lançados fora, cada um em frente, e ninguém recolherá o desgarrado.
6 Maar daarna sal Ek die lot van die kinders van Ammon verander, spreek die HERE.
6 Mas, depois disto, farei voltar os cativos dos filhos de Amom, diz o Senhor .
7 Oor Edom. So sê die HERE van die leërskare: Is daar geen wysheid meer in Teman nie? Ontbreek raad by die verstandiges? Is hulle wysheid uitgeput?
7 Contra Edom. Assim diz o Senhor dos Exércitos: Acaso, não há mais sabedoria em Temã? Já pereceu o conselho dos sábios? Corrompeu-se a sua sabedoria?
8 Vlug, draai om, skuil diep weg, o inwoners van Dedan! Want Ek het die ondergang van Esau oor hom gebring, die tyd dat Ek oor hom besoeking doen.
8 Fugi, voltai e habitai em profundezas, ó moradores de Dedã, porque eu trouxe sobre ele a ruína de Esaú, no tempo em que o visitei.
9 As daar druiwesnyers na jou kom, sal hulle geen na-oes laat oorbly nie; of diewe in die nag -- hulle sal verniel totdat hulle genoeg het.
9 Se vindimadores viessem a ti, não deixariam alguns rabiscos? Se ladrões, de noite, não te danificariam quanto julgassem suficiente?
10 Want Ek het Esau ontbloot, Ek het sy skuilplekke oopgemaak, sodat hy hom nie kan wegsteek nie; sy geslag is verwoes, ook sy broers en sy bure, en hy is daar nie.
10 Mas eu despi a Esaú, descobri os seus esconderijos, e não se poderá esconder; é destruída a sua descendência, como também seus irmãos e seus vizinhos, e ele já não existe.
11 Laat jou wese agterbly, en Âk sal hulle in die lewe hou, en laat jou weduwees op My vertrou.
11 Deixa os teus órfãos; eu os guardarei em vida; e as tuas viúvas confiarão em mim.
12 Want so sê die HERE: Kyk, hulle wat eintlik die beker nie moes drink nie, moet sekerlik drink; en jy, sou jy heeltemal ongestraf bly? Jy sal nie ongestraf bly nie, maar sekerlik drink.
12 Porque assim diz o Senhor : Eis que aqueles que não estavam condenados a beber o copo totalmente o beberão, e tu ficarias inteiramente impune? Não ficarás impune, mas, certamente, o beberás.
13 Want Ek het by Myself gesweer, spreek die HERE, dat Bosra 'n voorwerp van verbasing, van smaad, 'n woestheid en 'n vervloeking sal word; en al sy stede sal ewige puinhope wees.
13 Porque por mim mesmo jurei, diz o Senhor , que Bozra servirá de espanto, de opróbrio, de assolação e de execração; e todas as suas cidades se tornarão em assolações perpétuas.
14 Ek het 'n tyding van die HERE gehoor, en 'n boodskapper is gestuur onder die nasies om te sê: Versamel julle en kom aan teen hom en maak julle gereed vir die oorlog.
14 Ouvi um rumor vindo do Senhor , que um embaixador é enviado às nações, para lhes dizer: Ajuntai-vos, e vinde contra ela, e levantai-vos para a guerra.
15 Want kyk, Ek het jou klein gemaak onder die nasies, verag onder die mense.
15 Porque eis que te fiz pequeno entre as nações, desprezado entre os homens.
16 Jou vreeslikheid het jou bedrieg, die vermetelheid van jou hart, o jy wat woon in die rotsklowe, jy wat die top van die heuwel in besit hou! Al maak jy jou nes so hoog soos die arend -- daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek die HERE.
16 Quanto à tua terribilidade, a arrogância do teu coração te enganou. Tu, que habitas nas cavernas das rochas, que ocupas as alturas dos outeiros, ainda que eleves o teu ninho como a águia, de lá te derribarei, diz o Senhor .
17 So sal Edom dan 'n voorwerp van verbasing word; elkeen wat by hom verbytrek, sal hom verbaas en spot oor al sy plae.
17 Assim servirá Edom de espanto; todo aquele que passar por ele se espantará e assobiará por causa de todas as suas pragas.
18 Soos die omkering van Sodom en Gomorra met hulle bure, sê die HERE, sal daar niemand woon en geen mensekind daar vertoef nie.
18 Será como a destruição de Sodoma e Gomorra e dos seus vizinhos, diz o Senhor ; não habitará ninguém ali, nem morará nela filho de homem.
19 Kyk, soos 'n leeu uit die pronkbosse van die Jordaan sal daar een optrek teen die vaste woning; want in 'n oomblik sal Ek hulle daaruit wegjaag; en hom wat uitgekies is, sal Ek daaroor aanstel. Want wie is soos Ek? En wie sal My dagvaar? En wie is tog 'n herder wat voor my aangesig kan standhou?
19 Eis que, como leão, subirá da enchente do Jordão contra a morada do forte; porque, num momento, o farei correr dali; e quem é o escolhido que porei sobre ela? Porque quem é semelhante a mim? E quem me emprazaria? E quem é o pastor que subsistiria perante mim?
20 Daarom, hoor die raadsbesluit van die HERE wat Hy teen Edom geneem en sy planne wat Hy teen die inwoners van Teman beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.
20 Portanto, ouvi o conselho do Senhor , que ele decretou contra Edom, e os seus desígnios, que ele intentou contra os moradores de Temã; certamente, os menores do rebanho os arrastarão; certamente, assolará as suas moradas sobre eles.
21 Van die geluid van hulle val bewe die aarde; daar is 'n geskreeu -- by die Skelfsee word die geluid daarvan gehoor.
21 A terra estremeceu com o estrondo da sua queda; e do seu grito até ao mar Vermelho se ouviu o som.
22 Kyk, een sal opstyg en vlieg soos 'n arend en sy vlerke oor Bosra uitsprei; en die hart van die helde van Edom sal in die dag wees soos die hart van 'n vrou wat in nood is.
22 Eis que, como águia, subirá, e voará, e estenderá as asas sobre Bozra; e o coração dos valentes de Edom, naquele dia, será como o coração da mulher que está em suas dores.
23 Oor Damaskus. Beskaamd staan Hamat en Arpad, want hulle het slegte tyding gehoor; hulle beweeg, soos die see, in bekommernis, dit kan nie rus nie.
23 Contra Damasco. Envergonhou-se Hamate e Arpade e, porquanto ouviram más novas, desmaiaram; no mar há angústia; não se pode sossegar.
24 Damaskus is ontmoedig, hy het omgedraai om te vlug, en skrik het hom aangegryp; benoudheid en weë soos van een wat baar, het hom aangegryp.
24 Enfraquecida está Damasco; virou as costas para fugir, e tremor a tomou; angústia e dores a tomaram como da mulher que está de parto.
25 Hoe is die roemryke stad nie verlaat nie, die vesting van my vreugde!
25 Como não está abandonada a afamada cidade, a cidade de meu folguedo?
26 Daarom sal sy jongmanne val op sy pleine, en al die krygsmanne in die dag omkom, spreek die HERE van die leërskare.
26 Portanto, cairão os seus jovens nas suas ruas; e todos os homens de guerra serão consumidos naquele dia, diz o Senhor dos Exércitos.
27 En Ek sal 'n vuur aansteek in die muur van Damaskus, en dit sal die paleise van B,nhadad verteer.
27 E acenderei fogo no muro de Damasco, o qual consumirá os palácios de Ben-Hadade.
28 Oor Kedar en oor die koninkryke van Hasor wat Nebukadr,sar, die koning van Babel, verslaan het. So sê die HERE: Maak julle klaar, trek op teen Kedar, en verdelg die kinders van die Ooste.
28 Contra Quedar e contra os reinos de Hazor, que Nabucodonosor, rei da Babilônia, feriu. Assim diz o Senhor : Levantai-vos, subi contra Quedar e destruí os filhos do Oriente.
29 Hulle sal hulle tente en kleinvee wegvoer, hulle tentdoeke en al hulle huisraad en hulle kamele meeneem, en oor hulle uitroep: Skrik rondom!
29 Tomarão as suas tendas, e os seus gados, as suas cortinas, e todos os seus utensílios, e os seus camelos levarão para si; e lhes gritarão: Há medo de todos os lados!
30 Vlug, vlug haastig, skuil diep weg, o inwoners van Hasor, spreek die HERE; want Nebukadr,sar, die koning van Babel, het 'n besluit teen julle geneem en 'n plan teen julle beraam.
30 Fugi, desviai-vos para mui longe e habitai nas profundezas, ó moradores de Hazor, diz o Senhor , porque Nabucodonosor, rei da Babilônia, tomou conselho contra vós e intentou um desígnio contra vós.
31 Maak julle klaar, trek op teen 'n sorgelose nasie wat in gerustheid woon, spreek die HERE, wat geen poorte of grendel het nie, wat alleen woon.
31 Levantai-vos e subi contra uma nação em repouso, que habita confiadamente, diz o Senhor ; que não tem portas, nem ferrolhos; eles habitam sós.
32 En hulle kamele sal 'n roof en die menigte van hulle vee 'n buit wees; en Ek sal hulle verstrooi na al die windstreke, die wat aan die rand hulle hare wegskeer; en Ek sal hulle ondergang van alle kante aanbring, spreek die HERE.
32 E os seus camelos serão para presa, e a multidão dos seus gados, para despojo; e espalharei a todo vento, aqueles que têm cortados os cantos do seu cabelo, e de todos os lados lhes trarei a sua ruína, diz o Senhor .
33 En Hasor sal word 'n lêplek van jakkalse, 'n wildernis tot in ewigheid; niemand sal daar woon nie, en geen mensekind sal daar vertoef nie.
33 E Hazor se tornará em morada de dragões, em assolação para sempre; ninguém habitará ali, nem morará nela filho de homem.
34 Die woord van die HERE wat tot die profeet Jeremia gekom het oor Elam, in die begin van die regering van Sedek¡a, die koning van Juda, naamlik:
34 Palavra do Senhor que veio a Jeremias, o profeta, contra Elão, no princípio do reinado de Zedequias, rei de Judá, dizendo:
35 So sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek verbreek die boog van Elam, die keur van hulle krag.
35 Assim diz o Senhor dos Exércitos: Eis que eu quebrarei o arco de Elão, o principal do seu poder.
36 En Ek sal vier winde uit die vier hoeke van die hemel oor Elam aanbring en sal hulle na al hierdie windstreke verstrooi; en daar sal geen nasie wees waar die verjaagdes van Elam nie sal kom nie.
36 E trarei sobre Elão os quatro ventos dos quatro ângulos do céu e os espalharei na direção de todos estes ventos; e não haverá nação aonde não venham os fugitivos de Elão.
37 En Ek sal Elam verskrik voor hulle vyande en voor die wat hulle lewe soek, en Ek sal onheil oor hulle bring, die gloed van my toorn, spreek die HERE; en Ek sal die swaard agter hulle aan stuur totdat Ek hulle vernietig het.
37 E farei que Elão tema diante de seus inimigos e diante dos que procuram a sua morte; e farei vir sobre eles o mal, o furor da minha ira, diz o Senhor ; e enviarei após eles a espada, até que venha a consumi-los.
38 En Ek sal my troon in Elam vestig, en sal koning en vorste daaruit tot niet maak, spreek die HERE.
38 E porei o meu trono em Elão; e destruirei dali o rei e príncipes, diz o Senhor .
39 Maar aan die einde van die dae sal Ek die lot van Elam verander, spreek die HERE.
39 Acontecerá, porém, no último dos dias, que farei voltar os cativos de Elão, diz o Senhor .
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Jeremias 49, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.