Jeremias 48

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC

Sair da comparação
VC Versão Católica
1 Oor Moab. So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Wee oor Nebo, want dit is verwoes; Kirjat im staan beskaamd, dit is ingeneem; die rotsvesting is beskaamd en verskrik.
1 Contra Moab. - Eis o que diz o Senhor dos exércitos, Deus de Israel: Ai de Nebo, porque chegou a sua ruína! Cariataim, tomada de assalto, cobriu-se de vergonha; a praça forte ficou em tumulto e desvairada.
2 Uit is dit met die roem van Moab; in Hesbon het hulle onheil teen hom bedink en gesê: Kom laat ons hom uitroei, dat hy geen nasie meer is nie. Ook jy, Madmen, sal verwoes word, die swaard sal jou agtervolg.
2 Findou-se a glória de Moab! Em Hesebon conspira-se contra ela: Vamos riscar esse povo do número das nações! E tu também, Madmen, serás reduzida ao silêncio, porque a espada te persegue.
3 Hoor! Geskreeu uit Horon im: verwoesting en 'n groot vernieling.
3 Gritos elevam-se de Oronaim: Devastação! Catástrofe!
4 Moab is verbreek; sy kleintjies laat 'n geskreeu hoor.
4 Moab foi abatido; gritam seus filhinhos.
5 Want die hoogte van Luhit gaan hulle op met geween by geween; want aan die hange van Horon im het hulle angsgeskreeu van verbreking gehoor.
5 Pela encosta de Luit chora-se; sobe-se em prantos, e pela descida de Oronaim ouvem-se clamores de angústia.
6 Vlug, red julle lewe, en word soos 'n kaal bos in die woestyn!
6 Fugi! Salvai-vos! Sede qual zimbro no deserto!
7 Want omdat jy vertrou het op jou handelinge en op jou voorrade, sal jy ook ingeneem word; en Kamos sal uittrek in ballingskap, sy priesters en sy vorste almal saam.
7 Porque puseste a confiança nos teus ídolos e nos teus tesouros, tu também serás tomada. E será levado para o exílio Camos com seus sacerdotes e chefes!
8 En die verwoester sal kom oor elke stad, sodat geen stad sal vryraak nie; en die dal sal te gronde gaan, en die gelyk veld sal verwoes word, soos die HERE gesê het.
8 Em todas as cidades penetrará o devastador; nenhuma será poupada. Será destruído o vale, e o planalto devastado, como disse o Senhor.
9 Gee vlerke aan Moab, want hy sal moet wegvlieg; en sy stede sal 'n woesteny word, sonder dat daar iemand in woon.
9 Dai asas a Moab para que tome vôo, porque suas cidades transformar-se-ão em deserto.
10 Vervloek is hy wat nalatig is om die werk van die HERE te doen; ja, vervloek is hy wat sy swaard van bloed terughou!
10 Maldito aquele que faz com negligência a obra do Senhor! Maldito o que recusa o sangue à sua espada!
11 Moab was gerus van sy jeug af en het stil gelê op sy afsaksel, sonder dat hy leeggemaak is van vat in vat: hy het nie in ballingskap gegaan nie; daarom het sy smaak in hom gebly en sy geur nie verander nie.
11 Desde a juventude, Moab vivia em paz, repousando sobre a borra, sem ser transvasada, nem exilada. Assim o sabor lhe ficou, e intato o aroma.
12 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek aftappers na hom sal stuur wat hom sal aftap en sy vate sal leegmaak en sy kruike stukkend slaan.
12 Dias, porém, virão - oráculo do Senhor -, em que lhe enviarei transvasadores que o trasfegarão, esvaziando os tonéis e quebrando os odres.
13 En Moab sal beskaamd staan deur Kamos, soos die huis van Israel beskaamd gestaan het deur Bet-el waar hulle op vertrou het.
13 E Moab envergonhar-se-á de Camos, como Israel envergonhou-se de Betel que constituía sua esperança.
14 Hoe kan julle sê: Ons is helde en manne bekwaam om te veg?
14 Como podeis dizer: Somos bravos, valentes guerreiros?
15 Moab is verwoes, en hulle het opgegaan in sy stede, en sy beste jongmanne het afgegaan om geslag te word, spreek die Koning wie se Naam is HERE van die leërskare.
15 Moab está devastado; escalaram suas cidades. A flor de sua mocidade desce para a matança - oráculo do rei, cujo nome é Senhor dos exércitos.
16 Die ondergang van Moab is naby om te kom, en sy onheil is baie haastig.
16 A ruína de Moab é iminente, aproxima-se-lhe a largos passos a desgraça.
17 Beklaag hom, almal wat rondom hom is en almal wat sy naam ken! Sê: Hoe is die sterk staf, die sierlike stok gebreek!
17 Chorai-a vós, seus vizinhos, e dizei vós, que lhe conheceis o nome: Como se partiu esse cetro poderoso, esse cetro cheio de glórias?
18 Kom af uit jou heerlikheid, en sit in die dorsland, o inwoner, dogter van Dibon! Want die verwoester van Moab het teen jou opgetrek, hy het jou forte verwoes.
18 Desce de tua glória, assenta-te no solo ressecado, filha de Dibon, que moras {neste lugar}, porque o devastador de Moab sobe contra ti, para destruir tuas muralhas.
19 Gaan staan op die pad, en kyk uit, o inwoner van Aroër! Vra vir hom wat vlug en vir haar wat ontkom; sê: Wat het gebeur?
19 Detém-te no caminho e espreita, habitante de Aroer; interroga o que foge e o que escapa, perguntando-lhes: O que aconteceu?
20 Moab staan beskaamd, want hy is verslae. Huil en skreeu, verkondig dit by die Arnon dat Moab verwoes is!
20 Moab em ruínas cobre-se de vergonha: gritai, gemei! Anuncia ao norte de Arnon que Moab foi destruído.
21 Ja, 'n oordeel het gekom oor die land van die gelykte, oor Holon en oor Jahas en oor Mef ät,
21 Foi o julgamento executado sobre a terra da planície, sobre Helon, Jasa, Mefaat,
22 en oor Dibon en oor Nebo en oor Bet-Diblat im,
22 Dibon, Nebo e Bet-Deblataim;
23 en oor Kirjat im en oor Bet-Gamul en oor Bet-Meon,
23 sobre Cariataim, Bet-Gamul, Bet-Maon,
24 en oor K,rijot en oor Bosra, ja, oor al die stede van die land Moab, die wat ver en die wat naby is.
24 Cariot e Bosra, e sobre todas as cidades, próximas ou distantes da terra de Moab.
25 Die horing van Moab is afgekap en sy arm is verbreek, spreek die HERE.
25 Foi abatido o poderio de Moab, partiu-se-lhe o braço - oráculo do Senhor.
26 Maak hom dronk, omdat hy hom groot gehou het teen die HERE, sodat Moab neerslaan in sy uitbraaksel en hy self ook 'n belagging word.
26 Embriagai Moab, porque desafiou o Senhor. Debater-se-á no próprio vômito. E por sua vez tornar-se-á objeto de zombaria.
27 Want was Israel vir jou nie 'n bespotting nie? Of is hy onder die diewe betrap, dat jy die hoof geskud het so dikwels as jy van hom gespreek het?
27 Não era Israel alvo de teu escárnio? Foi ele surpreendido entre ladrões, para que, ao falar dele, sempre abanasses a cabeça?
28 Verlaat die stede en gaan woon in die rots, inwoners van Moab! En word soos 'n duif wat sy nes maak oorkant die opening van die afgrond.
28 Abandonai as cidades para habitar os rochedos, habitantes de Moab, assim como faz a pomba que coloca o ninho na borda dos precipícios.
29 Ons het van die trotsheid van Moab gehoor -- hy is baie trots! -- van sy hoogheid en sy trotsheid en sy hoogmoed en die verheffing van sy hart.
29 Conhecemos o orgulho do soberbo Moab, sua altivez, sua jactância, seu orgulho e arrogância de coração.
30 Ek ken sy grimmigheid, spreek die HERE, en sy onbehoorlike grootpratery; onbehoorlik het hulle gehandel.
30 Conheço-lhe a presunção - oráculo do Senhor -, a jactância e a vaidade.
31 Daarom sal ek oor Moab huil, ja, oor die hele Moab dit uitskreeu; oor die manne van Kir-Heres sug hulle.
31 Eis por que gemerei sobre Moab inteiro, e sobre ele lançarei gritos; choro o povo de Quir-Heres.
32 Bo die geween van Ja,ser sal ek jou beween, o wingerdstok van Sibma! Jou ranke het gegaan oor die see, tot by die see van Ja,ser het hulle gekom -- die verwoester het jou somervrugte en jou druiwe-oes oorval.
32 Mais que sobre Jazer, choro sobre ti, vinha de Sabama; tuas vides se alongavam até o mar, atingindo o mar de Jazer; sobre tuas searas de vindimas lançou-se o devastador.
33 Daarom is vreugde en gejuig weggeneem uit die land van tuine en uit die land Moab, en Ek het die wyn uit die parskuipe laat verdwyn; hulle sal dit nie trap met vreugdegeroep nie; die vreugdegeroep sal geen vreugdegeroep wees nie.
33 Afastaram-se a alegria e o regozijo dos vergéis da terra de Moab; fiz com que secasse o vinho nos lagares; já não se amassam as uvas entre gritos de alegria, nem a canção é a mesma canção.
34 Weens die geskreeu van Hesbon tot by Ele le, tot by Jahas het hulle hul stem verhef, van Soar af tot by Horon im, Eglat-Sel¡sia; want ook die waters van Nimrim sal 'n woesteny word.
34 O clamor de Hesebom sobe até Eleale, e a voz se estende até Jasa, e de Segor até Oronaim e Eglat-Selesia, porque as próprias águas de Ninrim secaram.
35 En Ek sal in Moab 'n einde maak, spreek die HERE, aan hom wat op die hoogte offer en rook laat opgaan vir sy god.
35 Farei desaparecer de Moab - oráculo do Senhor -, aqueles que sobem aos lugares altos para incensar seus deuses.
36 Daarom klaag my hart oor Moab soos fluite, ja, my hart klaag oor die manne van Kir-Heres soos fluite; omdat die oorwins wat hulle verwerf het, verlore gegaan het.
36 Por isso, meu coração por Moab geme, como geme a flauta; meu coração pelo povo de Quir-Heres geme, como geme a flauta. Eis a razão pela qual todo o proveito obtido se perdeu.
37 Want al die hoofde is kaal en al die baarde is afgeskeer; op al die hande is snye en om die heupe is 'n roukleed.
37 Todas as cabeças foram rapadas, e cortadas as barbas. Foram golpeadas as mãos, e os rins cobertos de sacos.
38 Op al die dakke van Moab en op sy pleine is net rouklag, want Ek het Moab verbreek soos 'n ding waar 'n mens geen behae in het nie, spreek die HERE.
38 Sobre os tetos de Moab e em suas praças, só lamentos se ouvirão, porque despedacei Moab, qual vaso inútil - oráculo do Senhor.
39 Hoe is hy verslae! Hulle huil. Hoe het Moab die rug gedraai met skaamte! So sal Moab dan vir almal wat rondom hom is, 'n belagging en 'n verskrikking word.
39 Tudo é ruína! Gemei! Quão vergonhoso é para Moab baixar assim a cerviz! Tornou-se Moab objeto de escarmento, e de pavor para todos os vizinhos!
40 Want so sê die HERE: Kyk, hy sal vlieg soos 'n arend en sal sy vleuels oor Moab uitsprei.
40 Porquanto, assim diz o Senhor: o inimigo, como águia, toma vôo, estendendo as asas sobre Moab;
41 Die stede is ingeneem, en die bergvestings is verower; en die hart van die helde van Moab sal in die dag wees soos die hart van 'n vrou wat in nood is.
41 tomam-se-lhe as cidades, arrebatam-se-lhe as fortificações, e o coração dos guerreiros de Moab será naquele dia semelhante ao coração da mulher em parto.
42 En Moab sal verdelg word, dat hy geen volk meer is nie, omdat hy hom groot gehou het teen die HERE.
42 Moab foi riscado do número dos povos, porque desafiou o Senhor.
43 Die skrik en die kuil en die strik oor jou, o inwoner van Moab, spreek die HERE.
43 O terror, o fosso e o laço acercam-se de ti, ó moabita - oráculo do Senhor.
44 Hy wat vlug vir die vrees, sal val in die kuil; en hy wat uit die kuil klim, sal gevang word in die net; want Ek sal oor hom, oor Moab, bring die jaar van hulle besoeking, spreek die HERE.
44 Quem fugir do terror cairá no fosso, e o que escapar do fosso será apanhado no laço! Porque trarei sobre ele, sobre Moab, o ano do seu castigo - oráculo do Senhor.
45 In die beskutting van Hesbon staan vlugtelinge sonder krag; want 'n vuur het uitgegaan uit Hesbon en 'n vlam uit die huis van Sihon, en het die slape van die hoof van Moab en die skedel van die rumoermakers verteer.
45 À sombra de Hesebon detiveram-se, extenuados, os fugitivos; de Hesebon, porém, jorrou um fogo, uma chama do meio do Seon, que devora os flancos de Moab e as cabeças dos filhos do tumulto.
46 Wee jou, Moab! Die volk van Kamos is verlore; want jou seuns is weggeneem as gevangenes en jou dogters in gevangenskap.
46 Desgraçado de ti, Moab! Chegou teu fim, povo de Camos! São arrastados teus filhos ao cativeiro, e tuas filhas, aprisionadas.
47 Maar aan die einde van die dae sal Ek die lot van Moab verander, spreek die HERE. Tot sover die oordeel van Moab.
47 Com o andar do tempo, porém - oráculo do Senhor -, mudarei a sorte de Moab. {Fim do julgamento acerca de Moab.}

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Jeremias 48, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.