Jeremias 36

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARA

Sair da comparação
ARA Almeida Revista e Atualizada 1993
1 En in die vierde jaar van Jojakim, die seun van Jos¡a, die koning van Juda, het van die HERE hierdie woord tot Jeremia gekom:
1 No quarto ano de Jeoaquim, filho de Josias, rei de Judá, veio esta palavra do Senhor a Jeremias, dizendo:
2 Neem vir jou 'n boekrol en skrywe daarop al die woorde wat Ek met jou gespreek het oor Israel en Juda en oor al die nasies, van die dag af dat Ek met jou gespreek het, van die dae van Jos¡a af, tot vandag toe.
2 Toma um rolo, um livro, e escreve nele todas as palavras que te falei contra Israel, contra Judá e contra todas as nações, desde o dia em que te falei, desde os dias de Josias até hoje.
3 Miskien sal die huis van Juda luister na al die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen, sodat hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde weg en Ek hulle ongeregtigheid en hulle sonde vergewe.
3 Talvez ouçam os da casa de Judá todo o mal que eu intento fazer-lhes e venham a converter-se cada um do seu mau caminho, e eu lhes perdoe a iniquidade e o pecado.
4 En Jeremia het Barug, die seun van Ner¡a, geroep; en Barug het op 'n boekrol geskrywe, uit die mond van Jeremia, al die woorde van die HERE wat Hy met hom gespreek het.
4 Então, Jeremias chamou a Baruque, filho de Nerias; escreveu Baruque no rolo, segundo o que ditou Jeremias, todas as palavras que a este o Senhor havia revelado.
5 En Jeremia het aan Barug bevel gegee en gesê: Ek is verhinder, ek kan nie gaan in die huis van die HERE nie.
5 Jeremias ordenou a Baruque, dizendo: Estou encarcerado; não posso entrar na Casa do Senhor .
6 Gaan jy dan en lees uit die rol wat jy uit my mond beskrywe het, die woorde van die HERE voor die ore van die volk in die huis van die HERE, op die vasdag; en jy moet dit ook lees voor die ore van die hele Juda wat uit hulle stede kom.
6 Entra, pois, tu e, do rolo que escreveste, segundo o que eu ditei, lê todas as palavras do Senhor , diante do povo, na Casa do Senhor , no dia de jejum; e também as lerás diante de todos os de Judá que vêm das suas cidades.
7 Miskien sal hulle smeking voor die aangesig van die HERE kom en sal hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde weg; want groot is die toorn en die grimmigheid wat die HERE teen hierdie volk uitgespreek het.
7 Pode ser que as suas humildes súplicas sejam bem-acolhidas pelo Senhor , e cada um se converta do seu mau caminho; porque grande é a ira e o furor que o Senhor tem manifestado contra este povo.
8 En Barug, die seun van Ner¡a, het gedoen net soos die profeet Jeremia hom beveel het deur uit die boek te lees die woorde van die HERE, in die huis van die HERE.
8 Fez Baruque, filho de Nerias, segundo tudo quanto lhe havia ordenado Jeremias, o profeta, e leu naquele livro as palavras do Senhor , na Casa do Senhor .
9 Want in die vyfde jaar van Jojakim, die seun van Jos¡a, die koning van Juda, in die negende maand, het hulle 'n vasdag voor die aangesig van die HERE uitgeroep -- die hele volk in Jerusalem en die hele volk wat uit die stede van Juda in Jerusalem gekom het.
9 No quinto ano de Jeoaquim, filho de Josias, rei de Judá, no mês nono, apregoaram jejum diante do Senhor a todo o povo em Jerusalém, como também a todo o povo que vinha das cidades de Judá a Jerusalém.
10 En Barug het uit die boek gelees die woorde van Jeremia, in die huis van die HERE, in die kamer van Gem rja, die seun van Safan, die skrywer, in die boonste voorhof by die ingang van die Nuwe Poort van die huis van die HERE, voor die ore van die hele volk.
10 Leu, pois, Baruque naquele livro as palavras de Jeremias na Casa do Senhor , na câmara de Gemarias, filho de Safã, o escriba, no átrio superior, à entrada da Porta Nova da Casa do Senhor , diante de todo o povo.
11 En toe Mig ja, die seun van Gem rja, die seun van Safan, al die woorde van die HERE uit die boek hoor,
11 Ouvindo Micaías, filho de Gemarias, filho de Safã, todas as palavras do Senhor , naquele livro,
12 gaan hy af na die huis van die koning, in die kamer van die skrywer, waar toe juis al die vorste gesit het: Elis ma, die skrywer, en Del ja, die seun van Sem ja, en lnatan, die seun van Akbor, en Gem rja, die seun van Safan, en Sedek¡a, die seun van Han nja, en al die vorste.
12 desceu à casa do rei, à câmara do escrivão. Eis que todos os príncipes estavam ali assentados: Elisama, o escrivão, Delaías, filho de Semaías, Elnatã, filho de Acbor, Gemarias, filho de Safã, Zedequias, filho de Hananias, e todos os outros príncipes.
13 Daarop maak Mig ja aan hulle bekend al die woorde wat hy gehoor het toe Barug uit die boek voor die ore van die volk gelees het.
13 Micaías anunciou-lhes todas as palavras que ouvira, quando Baruque leu o livro diante do povo.
14 Toe stuur al die vorste Jehudi, die seun van Net nja, die seun van Sel,mja, die seun van Kusi, na Barug, met die boodskap: Die rol waaruit jy voor die ore van die volk gelees het, neem dit in jou hand en kom. Daarop neem Barug, die seun van Ner¡a, die rol in sy hand, en hy het by hulle gekom.
14 Então, todos os príncipes mandaram Jeudi, filho de Netanias, filho de Selemias, filho de Cusi, dizer a Baruque: O rolo que leste diante do povo, toma-o contigo e vem. Baruque, filho de Nerias, tomou o rolo consigo e veio ter com eles.
15 En hulle sê vir hom: Sit tog en lees dit voor ons ore. En Barug het voor hulle ore gelees.
15 Disseram-lhe: Assenta-te, agora, e lê-o para nós. E Baruque o leu diante deles.
16 Toe hulle al die woorde hoor, het hulle mekaar verskrik aangekyk en vir Barug gesê: Ons moet al hierdie woorde sekerlik aan die koning bekend maak.
16 Tendo eles ouvido todas aquelas palavras, entreolharam-se atemorizados e disseram a Baruque: Sem dúvida nenhuma, anunciaremos ao rei todas estas palavras.
17 En hulle het Barug gevra: Vertel ons tog hoe het jy al hierdie woorde uit sy mond opgeskrywe?
17 E perguntaram a Baruque, dizendo: Declara-nos, como escreveste isto? Acaso, te ditou o profeta todas estas palavras?
18 Toe antwoord Barug hulle: Uit sy mond het hy my al hierdie woorde voorgesê, en ek het hulle met ink in die boek geskrywe.
18 Respondeu-lhes Baruque: Ditava-me pessoalmente todas estas palavras, e eu as escrevia no livro com tinta.
19 Daarop sê die vorste vir Barug: Gaan, verberg jou, jy en Jeremia, en laat geen mens weet waar julle is nie.
19 Então, disseram os príncipes a Baruque: Vai, esconde-te, tu e Jeremias; ninguém saiba onde estais.
20 En hulle het na die koning in die voorhof gegaan -- die rol het hulle weggesit in die kamer van Elis ma, die skrywer -- en al die woorde voor die ore van die koning gemeld.
20 Foram os príncipes ter com o rei ao átrio, depois de terem depositado o rolo na câmara de Elisama, o escrivão, e anunciaram diante do rei todas aquelas palavras.
21 Toe stuur die koning Jehudi om die rol te gaan haal; en hy het dit gaan haal uit die kamer van Elis ma, die skrywer. En Jehudi het dit gelees voor die ore van die koning en van al die vorste wat by die koning staan,
21 Então, enviou o rei a Jeudi, para que trouxesse o rolo; Jeudi tomou-o da câmara de Elisama, o escrivão, e o leu diante do rei e de todos os príncipes que estavam com ele.
22 terwyl die koning gesit het in die winterpaleis, in die negende maand, met die brandende vuurpan voor hom.
22 O rei estava assentado na casa de inverno, pelo nono mês, e diante dele estava um braseiro aceso.
23 En elke keer het hy, as Jehudi drie of vier kolomme gelees het, dit met die mes van 'n skrywer stukkend gesny en in die vuur gegooi wat op die vuurpan was, totdat die hele rol in die vuur op die vuurpan verteer was.
23 Tendo Jeudi lido três ou quatro folhas do livro, cortou-o o rei com um canivete de escrivão e o lançou no fogo que havia no braseiro, e, assim, todo o rolo se consumiu no fogo que estava no braseiro.
24 En hulle was nie verskrik nie en het hulle klere nie geskeur nie -- die koning en al sy dienaars wat al hierdie woorde gehoor het;
24 Não se atemorizaram, não rasgaram as vestes, nem o rei nem nenhum dos seus servos que ouviram todas aquelas palavras.
25 alhoewel selfs lnatan en Del ja en Gem rja by die koning daarop aangedring het om die rol nie te verbrand nie; maar hy het na hulle nie geluister nie.
25 Posto que Elnatã, Delaías e Gemarias tinham insistido com o rei que não queimasse o rolo, ele não lhes deu ouvidos.
26 Toe gee die koning bevel aan Jer gmeël, die seun van die koning, en Ser ja, die seun van Asriël, en Sel,mja, die seun van Abdeël, om die skrywer Barug en die profeet Jeremia te vang. Maar die HERE het hulle verberg.
26 Antes, deu ordem o rei a Jerameel, filho de Hameleque, a Seraías, filho de Azriel, e a Selemias, filho de Abdeel, que prendessem a Baruque, o escrivão, e a Jeremias, o profeta; mas o Senhor os havia escondido.
27 Toe kom die woord van die HERE tot Jeremia -- nadat die koning die rol verbrand het met die woorde wat Barug uit die mond van Jeremia opgeskrywe het -- en sê:
27 Então, veio a Jeremias a palavra do Senhor , depois que o rei queimara o rolo com as palavras que Baruque escrevera ditadas por Jeremias, dizendo:
28 Neem vir jou weer 'n ander rol en skrywe daarop al die vorige woorde wat op die eerste rol was, wat Jojakim, die koning van Juda, verbrand het.
28 Toma outro rolo e escreve nele todas as palavras que estavam no original, que Jeoaquim, rei de Judá, queimou.
29 En aangaande Jojakim, die koning van Juda, moet jy sê: So spreek die HERE: Jy het hierdie rol verbrand met die woorde: Waarom het jy daarop geskrywe en gesê: Die koning van Babel sal sekerlik kom en hierdie land verwoes en mens en dier daar uitroei?
29 E a Jeoaquim, rei de Judá, dirás: Assim diz o Senhor : Tu queimaste aquele rolo, dizendo: Por que escreveste nele que certamente viria o rei da Babilônia, e destruiria esta terra, e acabaria com homens e animais dela?
30 Daarom, so spreek die HERE aangaande Jojakim, die koning van Juda: Hy sal nooit een hê wat op die troon van Dawid sit nie, en sy lyk sal weggegooi lê, bedags in die hitte en snags in die koue.
30 Portanto, assim diz o Senhor , acerca de Jeoaquim, rei de Judá: Ele não terá quem se assente no trono de Davi, e o seu cadáver será largado ao calor do dia e à geada da noite.
31 En Ek sal aan hom en sy geslag en sy dienaars hulle ongeregtigheid besoek; en Ek sal oor hulle en die inwoners van Jerusalem en die manne van Juda al die onheil bring wat Ek teen hulle gespreek het sonder dat hulle geluister het.
31 Castigá-lo-ei, e à sua descendência, e aos seus servos por causa da iniquidade deles; sobre ele, sobre os moradores de Jerusalém e sobre os homens de Judá farei cair todo o mal que tenho falado contra eles, e não ouviram.
32 Toe het Jeremia 'n ander rol geneem en dit aan die skrywer Barug, die seun van Ner¡a, gegee; en hy het daarop uit die mond van Jeremia geskrywe al die woorde van die boek wat Jojakim, die koning van Juda, met vuur verbrand het; en nog baie dergelike woorde is daaraan toegevoeg.
32 Tomou, pois, Jeremias outro rolo e o deu a Baruque, filho de Nerias, o escrivão, o qual escreveu nele, ditado por Jeremias, todas as palavras do livro que Jeoaquim, rei de Judá, queimara; e ainda se lhes acrescentaram muitas palavras semelhantes.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Jeremias 36, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.