Jeremias 19

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA

Sair da comparação
NAA Nova Almeida Atualizada 2017
1 So sê die HERE: Gaan koop vir jou 'n pottebakkerskruik, saam met oudstes uit die volk en oudstes uit die priesters.
1 Assim diz o Senhor : — Vá comprar um pote de barro de um oleiro e leve com você alguns dos anciãos do povo e dos anciãos dos sacerdotes.
2 En gaan uit na die dal van die seun van Hinnom wat voor die ingang van die Potskerwepoort lê, en roep daar uit die woorde wat Ek met jou sal spreek.
2 Vá até o vale de Ben-Hinom, que está junto à entrada do Portão dos Cacos, e proclame ali as palavras que eu lhe disser.
3 En jy moet sê: Hoor die woord van die HERE, o konings van Juda en inwoners van Jerusalem! So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring onheil oor hierdie plek waarvan elkeen wat dit hoor, se ore sal tuit;
3 — Diga o seguinte: “Escutem a palavra do Senhor , ó reis de Judá e moradores de Jerusalém. Assim diz o Senhor dos Exércitos, o Deus de Israel: Eis que trarei uma calamidade sobre este lugar, e quem ouvir falar dela ficará com os ouvidos tinindo.
4 omdat hulle My verlaat het en hierdie plek onherkenbaar gemaak het en vir ander gode, wat hulle nie geken het nie, daarin rook laat opgaan het -- hulle en hulle vaders en die konings van Juda; en hulle het hierdie plek gevul met die bloed van onskuldiges.
4 Porque eles me abandonaram e profanaram este lugar, queimando nele incenso a outros deuses, que nem eles, nem os seus pais, nem os reis de Judá conheceram. E encheram este lugar de sangue de inocentes.
5 En hulle het die hoogtes van Ba„l gebou om hulle seuns met vuur te verbrand as brandoffers aan Baäl -- iets wat Ek nie beveel of uitgespreek het nie, of wat in my hart nie opgekom het nie.
5 Edificaram os altos de Baal, para queimarem os seus filhos no fogo em holocaustos a Baal, o que nunca lhes ordenei, nem falei, nem me passou pela mente.
6 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat hierdie plek nie meer sal genoem word Tofet en die dal van die seun van Hinnom nie, maar Moorddal.
6 Por isso, eis que vêm dias, diz o Senhor , em que este lugar já não se chamará Tofete, nem vale de Ben-Hinom, mas o vale da Matança.
7 En Ek sal die plan van Juda en Jerusalem in hierdie plek uitskud, en Ek sal hulle voor hul vyande deur die swaard laat val en deur die hand van die wat hulle lewe soek; en Ek sal hulle lyke gee as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde.
7 Porque desfarei os planos de Judá e de Jerusalém neste lugar e os farei cair à espada diante de seus inimigos e pela mão dos que procuram tirar-lhes a vida; e darei os seus cadáveres como alimento às aves dos céus e aos animais selvagens.
8 En Ek sal hierdie stad maak 'n voorwerp van verbasing en bespotting; elkeen wat daar verbytrek, sal hom verbaas en spot met al sy plae.
8 Porei esta cidade por objeto de horror e de vaias. Todo aquele que passar por ela ficará espantado e zombará por causa do desastre que lhe aconteceu.
9 En Ek sal hulle die vlees van hul seuns en die vlees van hul dogters laat eet, en hulle sal elkeen die vlees van sy naaste eet, in die beleëring en in die benoudheid waarmee hulle vyande en die wat hulle lewe soek, hulle benoud sal maak.
9 Farei com que comam a carne de seus filhos e a carne de suas filhas, e cada um comerá a carne do seu próximo, na angústia e no aperto em que ficarão com o cerco dos seus inimigos e dos que procuram tirar-lhes a vida.”
10 Dan moet jy die kruik breek voor die oë van die manne wat saam met jou gegaan het,
10 — Depois quebre o pote à vista dos homens que foram com você
11 en vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare: Net so sal Ek hierdie volk en hierdie stad verbreek, soos 'n mens 'n erdepot breek, wat nie meer heelgemaak kan word nie; en hulle sal in Tofet begrawe, omdat daar geen plek sal wees om te begrawe nie.
11 e diga-lhes: Assim diz o Senhor dos Exércitos: “Deste modo quebrarei este povo e esta cidade, como se quebra o vaso do oleiro, que não pode mais ser restaurado. Os mortos serão sepultados em Tofete, porque não haverá outro lugar para os sepultar.
12 So sal Ek met hierdie plek maak, spreek die HERE, en met sy inwoners, en hierdie stad maak soos Tofet.
12 Assim farei a este lugar, diz o Senhor , e aos seus moradores; e farei com que esta cidade seja como Tofete.
13 En die huise van Jerusalem en die huise van die konings van Juda sal word soos die plek Tofet, onrein; naamlik al die huise op die dakke waarvan hulle rook laat opgaan het vir die hele leër van die hemel en drankoffers uitgegiet het vir ander gode.
13 As casas de Jerusalém e as casas dos reis de Judá, sobre cujos terraços queimaram incenso a todo o exército dos céus e ofereceram libações a outros deuses, serão imundas como o lugar de Tofete.”
14 Toe het Jeremia uit Tofet gekom, waarheen die HERE hom gestuur het om te profeteer, en hy het gaan staan in die voorhof van die huis van die HERE en aan die hele volk gesê:
14 Jeremias voltou de Tofete, lugar para onde o Senhor o tinha enviado para profetizar, pôs-se em pé no átrio da Casa do Senhor e disse a todo o povo:
15 So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring oor hierdie stad en al sy stede al die onheil wat Ek daaroor gespreek het, omdat hulle hul nek verhard het om na my woorde nie te luister nie.
15 — Assim diz o Senhor dos Exércitos, o Deus de Israel: “Eis que trarei sobre esta cidade e sobre todos os povoados vizinhos todas as calamidades que pronunciei contra ela, porque foram teimosos e não deram ouvidos às minhas palavras.”

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Jeremias 19, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.