Jeremias 12
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ
1 Regverdig is U, o HERE, as ek met U sou twis. Tog wil ek oor regsake met U spreek: Waarom is die weg van die goddelose voorspoedig? Waarom lewe hulle rustig, almal wat ontrou bedrywe?
1 Justo és tu, ó SENHOR, quando eu pleiteio contigo. Contudo, permita-me falar contigo sobre os teus juízos: Por que prospera o caminho do perverso? Por que razão estão felizes todos aqueles que se comportam traiçoeiramente?
2 U het hulle geplant, ook het hulle wortel geskiet; hulle groei, ook dra hulle vrugte. U is naby in hulle mond, maar ver van hulle niere.
2 Tu os plantaste, sim, eles deram raízes. Eles crescem; sim, eles produzem fruto. Tu estás próximo, às suas bocas, e longe dos seus rins.
3 Maar U, o HERE, ken my; U sien my en toets my hart by U. Ruk hulle weg soos slagskape, en heilig hulle vir die dag van slagting.
3 Porém tu, ó SENHOR, me conheces. Tu me viste e provaste meu coração diante de ti. Retira-os como ovelhas para o matadouro, e prepara-os para o dia da matança.
4 Hoe lank sal die land treur en die plante van die hele veld verdor? Vanweë die boosheid van die wat daarin woon, vergaan diere en voëls; omdat hulle sê: Hy sal ons einde nie sien nie!
4 Até quando irá a terra gemer, e as pastagens de todo campo murchar, pela perversidade daqueles que nela habitam? Os animais estão consumidos, e os pássaros, porque eles disseram: Ele não verá nosso término.
5 As jy met voetgangers loop, maak hulle jou moeg: hoe sal jy dan wedywer met die perde? En in 'n land van vrede voel jy jou veilig: hoe sal jy dan maak in die pronkbosse van die Jordaan?
5 Se tu corres com homens que estão a pé, e eles têm te cansado, então como podes tu lutar contra cavalos? E se na terra de paz, onde tu confiaste, eles te cansaram, então como farás na cheia do Jordão?
6 Want ook jou broers en die huis van jou vader, ook hulle het troueloos teen jou gehandel; ook hulle roep jou hardop agterna. Glo hulle nie as hulle vriendelik met jou spreek nie.
6 Porque mesmo teus irmãos, e a casa de teu pai, até eles se comportaram traiçoeiramente para contigo. Sim, eles convocaram uma multidão contra ti. Não acredites neles, ainda que te falem belas palavras.
7 Ek het my huis verlaat, Ek het my erfenis verwerp, Ek het die beminde van my siel in die hand van haar vyande gegee.
7 Eu abandonei a minha casa, eu deixei a minha herança, eu entreguei a amada da minha alma na mão dos seus inimigos.
8 My erfenis het vir My geword soos 'n leeu in die bos; dit het sy stem teen My verhef; daarom het Ek dit gehaat.
8 Minha herança é para mim como um leão na floresta; levanta a sua voz contra mim, portanto eu a aborreci.
9 Is my erfenis dan vir My 'n bont roofvoël? Is daar roofvoëls rondom teen hom? Kom, maak al die wilde diere van die veld bymekaar, laat hulle kom om te eet.
9 Minha herança é para mim como um pássaro salpicado, os pássaros de todas as direções vêm contra ela. Vinde, reuni todos os animais do campo, vinde para devorá-la.
10 Baie herders het my wingerd verniel, hulle het my stuk land vertrap, hulle het my begeerlike stuk land 'n woeste wildernis gemaak,
10 Muitos pastores destruíram a minha vinha, eles pisotearam a minha porção, transformaram minha agradável porção em um deserto desolado.
11 hulle het dit 'n wildernis gemaak; dit treur voor My, verwoes; die hele land is verwoes, omdat daar niemand is wat dit ter harte neem nie.
11 Eles desolaram, e a mim clama na sua desolação. A terra toda está desolada, porque nenhum homem traz isto ao coração.
12 Op al die kaal heuwels in die woestyn het verwoesters gekom, want die swaard van die HERE verteer van die een end van die land tot die ander end van die land; daar is geen vrede vir enige vlees nie.
12 Os saqueadores vieram sobre todos os lugares altos, por todo o deserto, pois a espada do SENHOR devorará desde uma extremidade da terra até a outra extremidade da terra; nenhuma carne terá paz.
13 Hulle het koring gesaai, maar dorings gemaai; hulle het hul uitgeput sonder om baat te vind. Staan dan beskaamd oor julle inkomste, vanweë die toorngloed van die HERE.
13 Eles semearam trigo, porém colherão espinhos. Eles se exauriram, porém não lucrarão; se envergonharam dos vossos rendimentos por causa da grande ira do SENHOR.
14 So sê die HERE: Aangaande al my goddelose bure wat die erfenis aantas wat Ek my volk Israel laat erf het -- kyk, Ek ruk hulle uit hul land uit, en die huis van Juda sal Ek uit hulle midde wegruk.
14 Assim diz o SENHOR contra todos os meus maus vizinhos, que tocam a herança que eu fiz o meu povo Israel herdar: Eis que eu os arrancarei da sua terra, e retirarei a casa de Judá do meio deles.
15 Maar nadat Ek hulle uitgeruk het, sal Ek My weer oor hulle ontferm; en Ek sal hulle terugbring, elkeen na sy erfenis en elkeen na sy land.
15 E acontecerá que, após eu os ter arrancado, eu retornarei, e terei compaixão deles, e os trarei novamente, cada homem para sua herança, e cada homem para sua terra.
16 En as hulle ywerig die weë van my volk leer om te sweer by my Naam: So waar as die HERE leef, soos hulle my volk geleer het om te sweer by Baäl -- dan sal hulle onder my volk gebou word.
16 E acontecerá que, se eles diligentemente aprenderem os caminhos do meu povo, jurando pelo meu nome: O SENHOR vive, como ensinaram o meu povo a jurar por Baal, então eles serão edificados no meio do meu povo.
17 Maar as hulle nie luister nie, dan sal Ek die nasie heeltemal uitruk en tot niet maak, spreek die HERE.
17 Mas se eles não obedecerem, eu removerei e destruirei completamente aquela nação, diz o SENHOR.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Jeremias 12, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.