João 9

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARIB

Sair da comparação
ARIB Almeida Revisada Imprensa Bíblica
1 En toe Hy verbygaan, sien Hy 'n man wat blind was van sy geboorte af.
1 E passando Jesus, viu um homem cego de nascença.
2 En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is?
2 Perguntaram-lhe os seus discípulos: Rabi, quem pecou, este ou seus pais, para que nascesse cego?
3 Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word.
3 Respondeu Jesus: Nem ele pecou nem seus pais; mas foi para que nele se manifestem as obras de Deus.
4 Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie.
4 Importa que façamos as obras daquele que me enviou, enquanto é dia; vem a noite, quando ninguém pode trabalhar.
5 So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld.
5 Enquanto estou no mundo, sou a luz do mundo.
6 En toe Hy dit gesê het, spuug Hy op die grond en maak klei van die spuug en smeer die klei aan die oë van die blinde man
6 Dito isto, cuspiu no chão e com a saliva fez lodo, e untou com lodo os olhos do cego,
7 en sê vir hom: Gaan was jou in die badwater Siloam, wat vertaal word: Uitgestuur. En hy het gegaan en hom gewas; en hy het siende teruggekom.
7 e disse-lhe: Vai, lava-te no tanque de Siloé {que significa Enviado}. E ele foi, lavou-se, e voltou vendo.
8 Die bure dan en die wat hom vroeër gesien het dat hy blind was, sê toe: Is hy nie die een wat gesit en bedel het nie?
8 Então os vizinhos e aqueles que antes o tinham visto, quando mendigo, perguntavam: Não é este o mesmo que se sentava a mendigar?
9 Ander sê: Dit is hy. Ander weer: Hy lyk na hom. Hy antwoord: Dit is ek.
9 Uns diziam: É ele. E outros: Não é, mas se parece com ele. Ele dizia: Sou eu.
10 Hulle sê vir hom: Hoe is jou oë geopen?
10 Perguntaram-lhe, pois: Como se te abriram os olhos?
11 Hy antwoord en sê: Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my oë gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Siloam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien.
11 Respondeu ele: O homem que se chama Jesus fez lodo, untou-me os olhos, e disse-me: Vai a Siloé e lava-te. Fui, pois, lavei-me, e fiquei vendo.
12 En hulle sê vir hom: Waar is Hy? Hy antwoord: Ek weet nie.
12 E perguntaram-lhe: Onde está ele? Respondeu: Não sei.
13 Hulle bring hom na die Fariseërs -- die man wat vroeër blind was.
13 Levaram aos fariseus o que fora cego.
14 En dit was sabbat toe Jesus die klei gemaak en sy oë geopen het.
14 Ora, era sábado o dia em que Jesus fez o lodo e lhe abriu os olhos.
15 Die Fariseërs vra hom toe weer hoe hy siende geword het. En hy antwoord hulle: Hy het klei op my oë gesit, en ek het my gewas en ek sien.
15 Então os fariseus também se puseram a perguntar-lhe como recebera a vista. Respondeu-lhes ele: Pôs-me lodo sobre os olhos, lavei-me e vejo.
16 En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van God nie, omdat Hy die sabbat nie hou nie. Ander sê: Hoe kan 'n sondige mens sulke tekens doen? En daar was verdeeldheid onder hulle.
16 Por isso alguns dos fariseus diziam: Este homem não é de Deus; pois não guarda o sábado. Diziam outros: Como pode um homem pecador fazer tais sinais? E havia dissensão entre eles.
17 Weer sê hulle vir die blinde man: Jy, wat sê jy van Hom, aangesien Hy jou oë geopen het? En hy antwoord: Hy is 'n profeet.
17 Tornaram, pois, a perguntar ao cego: Que dizes tu a respeito dele, visto que te abriu os olhos? E ele respondeu: É profeta.
18 En die Jode het dit nie van hom geglo dat hy blind was en siende geword het nie, totdat hulle die ouers geroep het van hom wat siende geword het.
18 Os judeus, porém, não acreditaram que ele tivesse sido cego e recebido a vista, enquanto não chamaram os pais do que fora curado,
19 En hulle vra hul en sê: Is dit julle seun van wie julle sê dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?
19 e lhes perguntaram: É este o vosso filho, que dizeis ter nascido cego? Como, pois, vê agora?
20 Sy ouers antwoord hulle en sê: Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is;
20 Responderam seus pais: Sabemos que este é o nosso filho, e que nasceu cego;
21 maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy oë geopen het, weet ons nie. Hy is self oud genoeg, vra hom; hy sal vir homself praat.
21 mas como agora vê, não sabemos; ou quem lhe abriu os olhos, nós não sabemos; perguntai a ele mesmo; tem idade; ele falará por si mesmo.
22 Dit het sy ouers gesê omdat hulle bang was vir die Jode; want die Jode het al ooreengekom dat as iemand Hom as die Christus bely, hy uit die sinagoge geban sou word.
22 Isso disseram seus pais, porque temiam os judeus, porquanto já tinham estes combinado que se alguém confessasse ser Jesus o Cristo, fosse expulso da sinagoga.
23 Daarom het sy ouers gesê: Hy is oud genoeg, vra hom.
23 Por isso é que seus pais disseram: Tem idade, perguntai-lho a ele mesmo.
24 Hulle roep toe vir die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee aan God die eer; ons weet dat hierdie man 'n sondaar is.
24 Então chamaram pela segunda vez o homem que fora cego, e lhe disseram: Dá glória a Deus; nós sabemos que esse homem é pecador.
25 En hy antwoord en sê: Of Hy 'n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien.
25 Respondeu ele: Se é pecador, não sei; uma coisa sei: eu era cego, e agora vejo.
26 En hulle sê weer vir hom: Wat het Hy vir jou gedoen? Hoe het Hy jou oë geopen?
26 Perguntaram-lhe pois: Que foi que te fez? Como te abriu os olhos?
27 Hy antwoord hulle: Ek het julle dit alreeds gesê, en julle het nie geluister nie. Waarom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook sy dissipels word nie?
27 Respondeu-lhes: Já vo-lo disse, e não atendestes; para que o quereis tornar a ouvir? Acaso também vós quereis tornar-vos discípulos dele?
28 Hulle skel hom toe uit en sê: Jy is 'n dissipel van daardie man, maar ons is dissipels van Moses.
28 Então o injuriaram, e disseram: Discípulo dele és tu; nós porém, somos discípulos de Moisés.
29 Ons weet dat God met Moses gespreek het; maar wat Hom betref, ons weet nie van waar Hy is nie.
29 Sabemos que Deus falou a Moisés; mas quanto a este, não sabemos donde é.
30 Die man antwoord en sê vir hulle: Hierin is tog iets wonderliks dat julle nie weet van waar Hy is nie, en Hy het my oë geopen!
30 Respondeu-lhes o homem: Nisto, pois, está a maravilha: não sabeis donde ele é, e entretanto ele me abriu os olhos;
31 En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen, die verhoor Hy.
31 sabemos que Deus não ouve a pecadores; mas, se alguém for temente a Deus, e fizer a sua vontade, a esse ele ouve.
32 Van ouds af is dit nie gehoor dat iemand die oë van 'n blindgebore mens geopen het nie.
32 Desde o princípio do mundo nunca se ouviu que alguém abrisse os olhos a um cego de nascença.
33 As Hy nie van God was nie, sou Hy niks kan doen nie.
33 Se este não fosse de Deus, nada poderia fazer.
34 Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is heeltemal in sondes gebore, en leer jy ons? En hulle het hom uitgeban.
34 Replicaram-lhe eles: Tu nasceste todo em pecados, e vens nos ensinar a nós? E expulsaram-no.
35 Jesus het gehoor dat hulle hom uitgeban het; en toe Hy hom kry, sê Hy vir hom: Glo jy in die Seun van God?
35 Soube Jesus que o haviam expulsado; e achando-o perguntou-lhe: Crês tu no Filho do homem?
36 Hy antwoord en sê: Wie is Hy, Here, dat ek in Hom kan glo?
36 Respondeu ele: Quem é, senhor, para que nele creia?
37 En Jesus sê vir hom: Jy het Hom gesien; en Hy wat met jou spreek, dit is Hy.
37 Disse-lhe Jesus: Já o viste, e é ele quem fala contigo.
38 Toe sê hy: Ek glo, Here! En hy het Hom aanbid.
38 Disse o homem: Creio, Senhor! E o adorou.
39 En Jesus sê: Tot 'n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.
39 Prosseguiu então Jesus: Eu vim a este mundo para juízo, a fim de que os que não vêem vejam, e os que vêem se tornem cegos.
40 En die van die Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gesê: Is ons dan ook blind?
40 Alguns fariseus que ali estavam com ele, ouvindo isso, perguntaram-lhe: Porventura somos nós também cegos?
41 Jesus antwoord hulle: As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien! Daarom bly julle sonde.
41 Respondeu-lhes Jesus: Se fosseis cegos, não teríeis pecado; mas como agora dizeis: Nós vemos, permanece o vosso pecado.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar João 9, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.