João 7
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC
1 En daarna het Jesus in Galil,a rondgegaan, want Hy wou nie in Judiarondgaan nie, omdat die Jode probeer het om Hom dood te maak.
1 Depois disso, Jesus percorria a Galiléia. Ele não queria deter-se na Judéia, porque os judeus procuravam tirar-lhe a vida.
2 En die fees van die Jode, die huttefees, was naby.
2 Aproximava-se a festa dos judeus chamada dos Tabernáculos.
3 Sy broers het toe vir Hom gesê: Vertrek hiervandaan en gaan na Jud,a, sodat u dissipels ook u werke kan sien wat U doen.
3 Seus irmãos disseram-lhe: Parte daqui e vai para a Judéia, a fim de que também os teus discípulos vejam as obras que fazes.
4 Want niemand doen iets in die geheim en soek tegelykertyd om in iedereen se mond te wees nie. As U hierdie dinge doen, vertoon Uself aan die wêreld.
4 Pois quem deseja ser conhecido em público não faz coisa alguma ocultamente. Já que fazes essas obras, revela-te ao mundo.
5 Want ook sy broers het nie in Hom geglo nie.
5 Com efeito, nem mesmo os seus irmãos acreditavam nele.
6 Toe sê Jesus vir hulle: My tyd is nog nie daar nie. Maar julle tyd is altyd daar.
6 Disse-lhes Jesus: O meu tempo ainda não chegou, mas para vós a hora é sempre favorável.
7 Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is.
7 O mundo não vos pode odiar, mas odeia-me, porque eu testemunho contra ele que as suas obras são más.
8 Gaan julle op na hierdie fees. Ek gaan nog nie op na hierdie fees nie, omdat my tyd nog nie daar is nie.
8 Subi vós para a festa. Quanto a mim, eu não irei, porque ainda não chegou o meu tempo.
9 En nadat Hy dit aan hulle gesê het, het Hy in Galil,a gebly.
9 Dito isto, permaneceu na Galiléia.
10 Maar nadat sy broers opgegaan het, toe het Hy ook opgegaan na die fees, nie openlik nie, maar in die geheim.
10 Mas quando os seus irmãos tinham subido, então subiu também ele à festa, não em público, mas despercebidamente.
11 En die Jode het Hom op die fees gesoek en gesê: Waar is Hy?
11 Buscavam-no os judeus durante a festa e perguntavam: Onde está ele?
12 En daar is baie oor Hom gemompel onder die skare. Sommige het gesê: Hy is goed. Ander weer het gesê: Nee, maar Hy mislei die skare.
12 E na multidão só se discutia a respeito dele. Uns diziam: É homem de bem. Outros, porém, diziam: Não é; ele seduz o povo.
13 Tog het niemand openlik oor Hom gepraat nie, uit vrees vir die Jode.
13 Ninguém, contudo, ousava falar dele livremente com medo dos judeus.
14 En toe dit al in die middel van die fees was, het Jesus opgegaan na die tempel en geleer.
14 Lá pelo meio da festa, Jesus subiu ao templo e pôs-se a ensinar.
15 En die Jode het hulle verwonder en gesê: Hoe kom Hy aan die geleerdheid terwyl Hy geen onderwys ontvang het nie?
15 Os judeus se admiravam e diziam: Este homem não fez estudos. Donde lhe vem, pois, este conhecimento das Escrituras?
16 Jesus antwoord hulle en sê: My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het.
16 Respondeu-lhes Jesus: A minha doutrina não é minha, mas daquele que me enviou.
17 As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.
17 Se alguém quiser cumprir a vontade de Deus, distinguirá se a minha doutrina é de Deus ou se falo de mim mesmo.
18 Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van die Een wat Hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie.
18 Quem fala por própria autoridade busca a própria glória, mas quem procura a glória de quem o enviou é digno de fé e nele não há impostura alguma.
19 Het Moses julle nie die wet gegee nie? En niemand van julle hou die wet nie. Waarom wil julle My om die lewe bring?
19 Acaso não foi Moisés quem vos deu a lei? No entanto, ninguém de vós cumpre a lei!...
20 Die skare antwoord en sê: U is van die duiwel besete; wie wil U om die lewe bring?
20 Por que procurais tirar-me a vida? Respondeu o povo: Tens um demônio! Quem procura tirar-te a vida?
21 Jesus antwoord en sê vir hulle: Een werk het Ek gedoen, en julle verwonder julle almal.
21 Replicou Jesus: Fiz uma só obra, e todos vós vos maravilhais!
22 Daarom het Moses julle die besnydenis gegee -- nie dat dit van Moses is nie, maar van die vaders -- en op die sabbat besny julle 'n mens.
22 Moisés vos deu a circuncisão {se bem que ela não é de Moisés, mas dos patriarcas}, e até no sábado circuncidais um homem!
23 As 'n mens die besnydenis op die sabbat ontvang, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word nie, is julle kwaad vir My, omdat Ek 'n mens op die sabbat heeltemal gesond gemaak het?
23 Se um homem recebe a circuncisão em dia de sábado, e isso sem violar a Lei de Moisés, por que vos indignais comigo, que tenho curado um homem em todo o seu corpo em dia de sábado?
24 Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel 'n regverdige oordeel.
24 Não julgueis pela aparência, mas julgai conforme a justiça.
25 Daarop sê sommige van die inwoners van Jerusalem: Is dit nie Hy wat hulle soek om dood te maak nie?
25 Algumas das pessoas de Jerusalém diziam: Não é este aquele a quem procuram tirar a vida?
26 En kyk, Hy spreek openlik en hulle sê vir Hom niks nie! Sou die owerstes dan waarlik weet dat Hy werklik die Christus is?
26 Todavia, ei-lo que fala em público e não lhe dizem coisa alguma. Porventura reconheceram de fato as autoridades que ele é o Cristo?
27 En hierdie man -- ons weet van waar Hy is; maar die Christus, wanneer Hy kom, weet niemand van waar Hy is nie.
27 Mas este nós sabemos de onde vem. Do Cristo, porém, quando vier, ninguém saberá de onde seja.
28 Jesus roep toe uit, terwyl Hy in die tempel leer, en sê: Julle ken My en julle weet ook van waar Ek is; tog het Ek nie uit Myself gekom nie; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig, vir wie julle nie ken nie.
28 Enquanto ensinava no templo, Jesus exclamou: Ah! Vós me conheceis e sabeis de onde eu sou!... Entretanto, não vim de mim mesmo, mas é verdadeiro aquele que me enviou, e vós não o conheceis.
29 Maar Ek ken Hom, omdat Ek van Hom kom en Hy My gestuur het.
29 Eu o conheço, porque venho dele e ele me enviou.
30 Toe probeer hulle om Hom gevange te neem; en niemand het die hand aan Hom geslaan nie, omdat sy uur nog nie gekom het nie.
30 Procuraram prendê-lo, mas ninguém lhe deitou as mãos, porque ainda não era chegada a sua hora.
31 Maar baie van die skare het in Hom geglo en gesê: Wanneer die Christus kom, sal Hy meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het?
31 Muitos do povo, porém, creram nele e perguntavam: Quando vier o Cristo, fará mais milagres do que este faz?
32 Die Fariseërs het gehoor dat die skare dit van Hom mompel, en die Fariseërs en die owerpriesters het dienaars gestuur om Hom gevange te neem.
32 Os fariseus ouviram esse murmúrio que circulava entre o povo a respeito de Jesus. Então, de acordo com eles, os príncipes dos sacerdotes enviaram guardas para prendê-lo.
33 Toe sê Jesus vir hulle: Nog 'n klein tydjie is Ek by julle, en Ek gaan na Hom wat My gestuur het.
33 Disse Jesus: Ainda por um pouco de tempo estou convosco e então vou para aquele que me enviou.
34 Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie.
34 Buscar-me-eis sem me achar, nem podereis ir para onde estou.
35 En die Jode sê onder mekaar: Waar wil Hy heengaan, dat ons Hom nie sal vind nie? Hy wil tog nie na die verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie?
35 Os judeus perguntavam entre si: Para onde irá ele, que o não possamos achar? Porventura irá para o meio dos judeus dispersos entre os gregos, para tornar-se o doutor dos estrangeiros?
36 Wat beteken hierdie woord wat Hy gesê het: Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie?
36 Que significam essas palavras que nos disse: Buscar-me-eis sem me achar, e onde estou para lá não podereis ir?
37 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!
37 No último dia, que é o principal dia de festa, estava Jesus de pé e clamava: Se alguém tiver sede, venha a mim e beba.
38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
38 Quem crê em mim, como diz a Escritura: Do seu interior manarão rios de água viva {Zc 14,8; Is 58,11}.
39 En dit het Hy gesê van die Gees wat die sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
39 Dizia isso, referindo-se ao Espírito que haviam de receber os que cressem nele, pois ainda não fora dado o Espírito, visto que Jesus ainda não tinha sido glorificado.
40 Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlik die profeet.
40 Ouvindo essas palavras, alguns daquela multidão diziam: Este é realmente o profeta.
41 Ander het gesê: Hy is die Christus. En ander het gesê: Kom die Christus dan uit Galil,a?
41 Outros diziam: Este é o Cristo. Mas outros protestavam: É acaso da Galiléia que há de vir o Cristo?
42 Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie?
42 Não diz a Escritura: O Cristo há de vir da família de Davi, e da aldeia de Belém, onde vivia Davi?
43 Daar het toe verdeeldheid onder die skare gekom oor Hom.
43 Houve por isso divisão entre o povo por causa dele.
44 En sommige van hulle wou Hom gevange neem, maar niemand het die hand aan Hom geslaan nie.
44 Alguns deles queriam prendê-lo, mas ninguém lhe lançou as mãos.
45 Die dienaars kom toe by die owerpriesters en die Fariseërs, en die sê vir hulle: Waarom het julle Hom nie gebring nie?
45 Voltaram os guardas para junto dos príncipes dos sacerdotes e fariseus, que lhes perguntaram: Por que não o trouxestes?
46 Die dienaars antwoord: Nooit het 'n mens so gespreek soos hierdie mens nie.
46 Os guardas responderam: Jamais homem algum falou como este homem!...
47 En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie?
47 Replicaram os fariseus: Porventura também vós fostes seduzidos?
48 Het iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs?
48 Há, acaso, alguém dentre as autoridades ou fariseus que acreditou nele?
49 Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek!
49 Este poviléu que não conhece a lei é amaldiçoado!...
50 Nikod,mus -- hy wat in die nag na Hom gegaan het, wat een van hulle was -- sê vir hulle:
50 Replicou-lhes Nicodemos, um deles, o mesmo que de noite o fora procurar:
51 Oordeel ons wet die mens sonder om hom eers te hoor en te weet wat hy doen?
51 Condena acaso a nossa lei algum homem, antes de o ouvir e conhecer o que ele faz?
52 Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is tog nie ook uit Galil,a nie? Ondersoek en sien dat daar geen profeet uit Galil,a opgestaan het nie.
52 Responderam-lhe: Porventura és também tu galileu? Informa-te bem e verás que da Galiléia não saiu profeta.
53 En elkeen het huis toe gegaan.
53 E voltaram, cada um para sua casa.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar João 7, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.