João 5
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NTLH
1 Hierna was daar 'n fees van die Jode, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.
1 Depois disso, houve uma festa dos judeus, e Jesus foi até Jerusalém.
2 En daar is in Jerusalem by die Skaapspoort 'n bad met vyf pilaargange wat in Hebreeus Bet,sda genoem word.
2 Ali existe um tanque que tem cinco entradas e que fica perto do Portão das Ovelhas. Em hebraico esse tanque se chama “Betezata”.
3 Daarin het 'n groot menigte siekes gelê, blindes en kreupeles en lammes, wat op die roering van die water gewag het.
3 Perto das entradas estavam deitados muitos doentes: cegos, aleijados e paralíticos. [Esperavam o movimento da água,
4 Want 'n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan n die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.
4 porque de vez em quando um anjo do Senhor descia e agitava a água. O primeiro doente que entrava no tanque depois disso sarava de qualquer doença.]
5 En 'n sekere man was daar, wat agt en dertig jaar aan sy siekte gely het.
5 Entre eles havia um homem que era doente fazia trinta e oito anos.
6 Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al 'n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word?
6 Jesus viu o homem deitado e, sabendo que fazia todo esse tempo que ele era doente, perguntou:
7 Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan 'n ander een voor my in.
7 Ele respondeu: — Senhor, eu não tenho ninguém para me pôr no tanque quando a água se mexe. Cada vez que eu tento entrar, outro doente entra antes de mim.
8 Jesus sê vir hom: Staan op, neem jou bed op en loop.
8 Então Jesus disse:
9 En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem en geloop. En daardie dag was dit sabbat.
9 No mesmo instante, o homem ficou curado, pegou a cama e começou a andar. Isso aconteceu no sábado.
10 Die Jode sê toe vir hom wat genees was: Dit is sabbat; dit is jou nie geoorloof om jou bed te dra nie.
10 Por isso os líderes judeus disseram a ele: — Hoje é sábado, e a nossa
11 Hy antwoord hulle: Hy wat my gesond gemaak het, Hy het vir my gesê: Neem jou bed op en loop.
11 Ele respondeu: — O homem que me curou me disse: “Pegue a sua cama e ande.”
12 Toe vra hulle hom: Wie is die man wat vir jou gesê het: Neem jou bed op en loop?
12 Eles perguntaram: — Quem é o homem que mandou você fazer isso?
13 Maar hy wat gesond geword het, het nie geweet wie dit was nie; want Jesus het Hom verwyder, omdat daar 'n skare op die plek was.
13 Mas ele não sabia quem tinha sido, pois Jesus havia ido embora por causa da multidão que estava ali.
14 Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.
14 Mais tarde Jesus encontrou o homem no pátio do Templo e disse a ele:
15 Die man het gegaan en aan die Jode vertel dat dit Jesus was wat hom gesond gemaak het.
15 O homem saiu dali e foi dizer aos líderes judeus que quem o havia curado tinha sido Jesus.
16 En hieroor het die Jode Jesus vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdat Hy dit op die sabbat gedoen het.
16 Então eles começaram a perseguir Jesus porque ele havia feito essa cura no sábado.
17 En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.
17 Então Jesus disse a eles:
18 Hieroor het die Jode toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die sabbat gebreek het nie, maar ook God sy eie Vader genoem het en Hom met God gelykgestel het.
18 E, porque ele disse isso, os líderes judeus ficaram ainda com mais vontade de matá-lo. Pois, além de não obedecer à lei do sábado, ele afirmava que Deus era o seu próprio Pai, fazendo-se assim igual a Deus.
19 Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so.
19 Então Jesus disse a eles:
20 Want die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy self doen. En groter werke as hierdie sal Hy Hom toon, sodat julle verwonderd kan wees.
20 pois o Pai ama o Filho e lhe mostra tudo o que está fazendo. E vai mostrar a ele coisas ainda maiores do que essas, e vocês vão ficar admirados.
21 Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil.
21 Porque, assim como o Pai ressuscita os mortos e lhes dá vida, assim também o Filho dá vida aos que ele quer.
22 Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,
22 O Pai não julga ninguém, mas deu ao Filho todo o poder para julgar
23 sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.
23 a fim de que todos respeitem o Filho, assim como respeitam o Pai. Quem não respeita o Filho também não respeita o Pai, que o enviou.
24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
24 — Eu afirmo a vocês que isto é verdade: quem ouve as minhas palavras e crê naquele que me enviou tem a vida eterna e não será julgado, mas já passou da morte para a vida.
25 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.
25 Eu afirmo a vocês que isto é verdade: vem a hora, e ela já chegou, em que os mortos vão ouvir a voz do Filho de Deus, e os que a ouvirem viverão.
26 Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.
26 Assim como o Pai é a fonte da vida, assim também fez o Filho ser a fonte da vida.
27 En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.
27 E ele deu ao Filho autoridade para julgar, pois ele é o
28 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom 'n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor
28 — Não fiquem admirados por causa disso, pois está chegando a hora em que todos os mortos ouvirão a voz do Filho do Homem
29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
29 e sairão das suas sepulturas. Aqueles que fizeram o bem vão ressuscitar e viver, e aqueles que fizeram o mal vão ressuscitar e ser condenados.
30 Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.
30 Jesus continuou a falar a eles. Ele disse:
31 As Ek van Myself getuig, is my getuienis nie waar nie.
31 — Se eu dou testemunho a favor de mim mesmo, então o que digo não tem valor.
32 Daar is 'n ander Een wat van My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy van My getuig, waar is.
32 Mas existe outro que testemunha a meu favor, e eu sei que o que ele diz a respeito de mim é verdade.
33 Julle het na Johannes gestuur, en hy het vir die waarheid getuig.
33 Vocês mandaram fazer perguntas a João, e o testemunho que ele deu é verdadeiro.
34 Maar Ek neem die getuienis van 'n mens nie aan nie; maar Ek sê dit, dat julle gered kan word.
34 Eu não preciso que ninguém dê testemunho a meu favor, mas digo essas coisas para que vocês sejam salvos.
35 Hy was die lamp wat brand en skyn, en julle was gewillig om julle vir 'n tyd in sy lig te verbly.
35 — João era como uma lamparina que estava acesa e brilhava, e por algum tempo vocês se alegraram com a luz dele.
36 Maar Ek het 'n groter getuienis as die van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het.
36 Mas eu tenho um testemunho a meu favor ainda mais forte do que o que João deu: são as coisas que eu faço, as quais o meu Pai me mandou fazer. Elas dão testemunho a favor de mim e provam que o Pai me enviou.
37 En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie.
37 Também o Pai, que me enviou, testemunha a meu favor. Vocês nunca ouviram a voz dele, nem viram o seu rosto.
38 En julle het sy woord nie as iets blywends in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie.
38 As palavras dele não estão no coração de vocês porque vocês não creem naquele que ele enviou.
39 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is die wat van My getuig.
39 Vocês estudam as
40 En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.
40 Mas vocês não querem vir para mim a fim de ter vida.
41 Eer neem Ek van die mense nie aan nie.
41 — Eu não procuro ser elogiado pelas pessoas.
42 Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.
42 Quanto a vocês, eu os conheço e sei que não amam a Deus com sinceridade.
43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As 'n ander een in sy eie naam kom, hom sal julle aanneem.
43 Eu vim com a autoridade do meu Pai, e vocês não me recebem. Quando alguém vem com a sua própria autoridade, esse vocês recebem.
44 Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, soek julle nie?
44 Como é que vocês podem crer, se aceitam ser elogiados pelos outros e não tentam conseguir os elogios que somente o único Deus pode dar?
45 Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig -- Moses op wie julle gehoop het.
45 Não pensem que sou eu que vou acusá-los diante do Pai; quem vai acusá-los é Moisés, que é aquele em quem vocês confiam.
46 Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe.
46 Se vocês acreditassem em Moisés, acreditariam também em mim, pois ele escreveu a meu respeito.
47 En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?
47 Mas, se vocês não acreditam no que ele escreveu, como vão acreditar no que eu digo?
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar João 5, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.