João 2

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC

Sair da comparação
VC Versão Católica
1 En op die derde dag was daar 'n bruilof te Kana in Galil,a, en die moeder van Jesus was daar.
1 Três dias depois, celebravam-se bodas em Caná da Galiléia, e achava-se ali a mãe de Jesus.
2 En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi.
2 Também foram convidados Jesus e os seus discípulos.
3 En toe daar wyn kortkom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie.
3 Como viesse a faltar vinho, a mãe de Jesus disse-lhe: Eles já não têm vinho.
4 Jesus sê vir haar: Vrou, wat het Ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie.
4 Respondeu-lhe Jesus: Mulher, isso compete a nós? Minha hora ainda não chegou.
5 Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.
5 Disse, então, sua mãe aos serventes: Fazei o que ele vos disser.
6 En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie ankers hou.
6 Ora, achavam-se ali seis talhas de pedra para as purificações dos judeus, que continham cada qual duas ou três medidas.
7 Jesus sê vir hulle: Maak die kanne vol water. En hulle het hul tot bo toe volgemaak.
7 Jesus ordena-lhes: Enchei as talhas de água. Eles encheram-nas até em cima.
8 En Hy sê aan hulle: Skep nou uit en bring dit vir die hoofdienaar. En hulle het dit gebring.
8 Tirai agora , disse-lhes Jesus, e levai ao chefe dos serventes. E levaram.
9 En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het -- en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet -- roep die hoofdienaar die bruidegom
9 Logo que o chefe dos serventes provou da água tornada vinho, não sabendo de onde era {se bem que o soubessem os serventes, pois tinham tirado a água}, chamou o noivo
10 en sê vir hom: Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar u het die goeie wyn tot nou toe bewaar.
10 e disse-lhe: É costume servir primeiro o vinho bom e, depois, quando os convidados já estão quase embriagados, servir o menos bom. Mas tu guardaste o vinho melhor até agora.
11 Hierdie eerste een van sy tekens het Jesus te Kana in Galil,a gedoen; en Hy het sy heerlikheid geopenbaar, en sy dissipels het in Hom geglo.
11 Este foi o primeiro milagre de Jesus; realizou-o em Caná da Galiléia. Manifestou a sua glória, e os seus discípulos creram nele.
12 Daarna het Hy na Kap,rnam afgegaan, Hy en sy moeder en sy broers en sy dissipels, en hulle het daar nie baie dae gebly nie.
12 Depois disso, desceu para Cafarnaum, com sua mãe, seus irmãos e seus discípulos; e ali só demoraram poucos dias.
13 En die pasga van die Jode was naby, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.
13 Estava próxima a Páscoa dos judeus, e Jesus subiu a Jerusalém.
14 En Hy het in die tempel gevind die wat beeste en skape en duiwe verkoop, en die geldwisselaars wat daar sit.
14 Encontrou no templo os negociantes de bois, ovelhas e pombas, e mesas dos trocadores de moedas.
15 En Hy het 'n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uitgedrywe, ook die skape en die beeste, en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer.
15 Fez ele um chicote de cordas, expulsou todos do templo, como também as ovelhas e os bois, espalhou pelo chão o dinheiro dos trocadores e derrubou as mesas.
16 En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moenie die huis van my Vader 'n handelshuis maak nie.
16 Disse aos que vendiam as pombas: Tirai isto daqui e não façais da casa de meu Pai uma casa de negociantes.
17 En sy dissipels het onthou dat daar geskrywe is: Die ywer vir u huis het my verteer.
17 Lembraram-se então os seus discípulos do que está escrito: O zelo da tua casa me consome {Sl 68,10}.
18 Toe antwoord die Jode en sê vir Hom: Watter teken toon U aan ons, dat U hierdie dinge doen?
18 Perguntaram-lhe os judeus: Que sinal nos apresentas tu, para procederes deste modo?
19 Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig.
19 Respondeu-lhes Jesus: Destruí vós este templo, e eu o reerguerei em três dias.
20 En die Jode sê: Ses en veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig?
20 Os judeus replicaram: Em quarenta e seis anos foi edificado este templo, e tu hás de levantá-lo em três dias?!
21 Maar Hy het oor die tempel van sy liggaam gespreek.
21 Mas ele falava do templo do seu corpo.
22 En toe Hy opgestaan het uit die dode, het sy dissipels onthou dat Hy dit vir hulle gesê het; en hulle het die Skrif geglo en die woord wat Jesus gespreek het.
22 Depois que ressurgiu dos mortos, os seus discípulos lembraram-se destas palavras e creram na Escritura e na palavra de Jesus.
23 En toe Hy in Jerusalem was op die pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen.
23 Enquanto Jesus celebrava em Jerusalém a festa da Páscoa, muitos creram no seu nome, à vista dos milagres que fazia.
24 Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het
24 Mas Jesus mesmo não se fiava neles, porque os conhecia a todos.
25 en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want Hy self het geweet wat in die mens is.
25 Ele não necessitava que alguém desse testemunho de nenhum homem, pois ele bem sabia o que havia no homem.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar João 2, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.