João 10

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA

Sair da comparação
NAA Nova Almeida Atualizada 2017
1 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n rower.
1 — Em verdade, em verdade lhes digo: quem não entra no curral das ovelhas pela porta, mas sobe por outro lugar, esse é ladrão e salteador.
2 Maar hy wat by die deur ingaan, is 'n herder van die skape.
2 Aquele, porém, que entra pela porta, esse é o pastor das ovelhas.
3 Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.
3 Para este o porteiro abre, as ovelhas ouvem a sua voz, ele chama as suas próprias ovelhas pelo nome e as conduz para fora.
4 En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.
4 Depois de levar para fora todas as que lhe pertencem, vai na frente delas, e elas o seguem, porque reconhecem a voz dele.
5 Hulle sal 'n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.
5 Mas de modo nenhum seguirão o estranho; pelo contrário, fugirão dele, porque não conhecem a voz dos estranhos.
6 Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie.
6 Jesus fez esta comparação, mas eles não compreenderam o sentido daquilo que ele falava.
7 Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.
7 Então Jesus disse mais uma vez:
8 Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.
8 Todos os que vieram antes de mim são ladrões e salteadores, mas as ovelhas não lhes deram ouvidos.
9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
9 Eu sou a porta. Se alguém entrar por mim, será salvo; entrará, sairá e achará pastagem.
10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
10 O ladrão vem somente para roubar, matar e destruir; eu vim para que tenham vida e a tenham em abundância.
11 Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
11 — Eu sou o bom pastor. O bom pastor dá a vida pelas ovelhas.
12 Maar die huurling en hy wat nie 'n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.
12 O mercenário, que não é pastor, a quem não pertencem as ovelhas, vê o lobo chegando, abandona as ovelhas e foge; então o lobo as arrebata e dispersa.
13 En die huurling vlug, omdat hy 'n huurling is en niks vir die skape omgee nie.
13 O mercenário foge, porque é mercenário e não se importa com as ovelhas.
14 Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.
14 Eu sou o bom pastor. Conheço as minhas ovelhas, e elas me conhecem,
15 Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape.
15 assim como o Pai me conhece, e eu conheço o Pai; e dou a minha vida pelas ovelhas.
16 Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.
16 Ainda tenho outras ovelhas, não deste aprisco. Preciso trazer também estas. Elas ouvirão a minha voz e, então, haverá um só rebanho e um só pastor.
17 Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem.
17 Por isso, o Pai me ama, porque eu dou a minha vida para recebê-la outra vez.
18 Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang.
18 Ninguém tira a minha vida; pelo contrário, eu espontaneamente a dou. Tenho autoridade para entregá-la e também para reavê-la. Este mandato recebi de meu Pai.
19 Daar het toe weer verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde.
19 Por causa dessas palavras, houve nova divisão entre os judeus.
20 En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom?
20 Muitos deles diziam: — Ele tem demônio e enlouqueceu. Por que vocês ouvem o que ele diz?
21 Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van 'n besetene nie; 'n duiwel kan tog nie die oë van blindes open nie.
21 Outros diziam: — Este modo de falar não é de endemoniado. Será que um demônio pode abrir os olhos aos cegos?
22 En dit was die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter.
22 Celebrava-se em Jerusalém a Festa da Dedicação. Era inverno.
23 En Jesus het in die tempel gewandel in die pilaargang van Salomo.
23 Jesus passeava no templo, no Pórtico de Salomão.
24 En die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U die Christus is, sê dit vir ons ronduit.
24 Então os judeus o rodearam e disseram: — Até quando você nos deixará nesse suspense? Se você é o Cristo, diga francamente.
25 Jesus antwoord hulle: Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie. Die werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, die getuig van My.
25 Jesus respondeu:
26 Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het.
26 Mas vocês não creem, porque não são das minhas ovelhas.
27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
27 As minhas ovelhas ouvem a minha voz; eu as conheço, e elas me seguem.
28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
28 Eu lhes dou a vida eterna; jamais perecerão, e ninguém as arrebatará da minha mão.
29 My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.
29 Aquilo que meu Pai me deu é maior do que tudo, e da mão do Pai ninguém pode arrebatar.
30 Ek en die Vader is een.
30 Eu e o Pai somos um.
31 Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig.
31 Os judeus mais uma vez pegaram pedras com a intenção de apedrejá-lo.
32 Jesus antwoord hulle: Baie goeie werke het Ek julle getoon van my Vader. Oor watter een van die werke stenig julle My?
32 Mas Jesus lhes disse:
33 Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie oor 'n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor godslastering, en omdat U wat 'n mens is, Uself God maak.
33 Os judeus responderam: — Não é por obra boa que queremos apedrejá-lo, e sim por causa da blasfêmia. Pois, sendo você apenas um homem, está se fazendo de Deus.
34 Jesus antwoord hulle: Is daar nie in julle wet geskrywe: Ek het gesê, julle is gode nie?
34 Jesus disse:
35 As dit hulle gode noem tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif nie gebreek kan word nie,
35 Se ele chamou deuses àqueles a quem foi dirigida a palavra de Deus — e a Escritura não pode falhar —,
36 sê julle vir Hom wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik -- omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van God?
36 então como vocês dizem que aquele que o Pai santificou e enviou ao mundo está blasfemando, só porque declarei que sou Filho de Deus?
37 As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle My nie glo nie;
37 Se não faço as obras do meu Pai, não acreditem em mim.
38 maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom.
38 Mas, se faço, e vocês não creem em mim, creiam pelo menos nas obras, para que vocês possam saber e compreender que o Pai está em mim e que eu estou no Pai.
39 Toe het hulle weer probeer om Hom gevange te neem, en Hy het uit hulle hand ontkom.
39 Então tentaram outra vez prendê-lo, mas ele se livrou das mãos deles.
40 En Hy het weer oor die Jordaan gegaan na die plek waar Johannes eers gedoop het; en Hy het daar gebly.
40 Novamente Jesus se retirou para além do Jordão, para o lugar onde João batizava no início; e ali permaneceu.
41 En baie het na Hom gekom en gesê: Johannes het wel geen teken gedoen nie, maar alles wat Johannes van Hom gesê het, was waar.
41 E muitos iam até ele e diziam: — João não fez nenhum sinal, mas tudo o que ele disse a respeito deste homem era verdade.
42 En baie het daar in Hom geglo.
42 E naquele lugar muitos creram nele.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar João 10, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.