Isaías 3
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC
1 Want kyk, die Here HERE van die leërskare sal uit Jerusalem en uit Juda wegneem die stut en die steun, elke stut van brood en elke stut van water,
1 Eis que o Senhor, Deus dos exércitos, vai tirar de Jerusalém e de Judá todo sustentáculo, todo recurso: toda a reserva de pão e toda a reserva de água,
2 die held en die krygsman, die regter en die profeet en die waarsêer en die oudste;
2 o valente e o guerreiro, o juiz e o profeta, o adivinho e o ancião,
3 die owerste oor vyftig en die aansienlike en die raadsman en die knap ambagsman en die ervare besweerder.
3 o chefe de cinqüenta, o grande e o conselheiro, aquele que possui segredos, e se dedica aos sortilégios.
4 En Ek sal seuns hulle vorste maak, en moedswilliges sal oor hulle heers.
4 Por príncipes eu lhes darei meninos, e adolescentes deterão o poder sobre eles.
5 En die mense sal mekaar verdruk, man teen man, en die een teen die ander; die seun sal die grysaard, die veragtelike sal die agbare stormloop.
5 Os povos se maltratarão uns aos outros, cada um {atormentará} seu próximo: o jovem insultará o velho, e o vilão, o nobre.
6 As 'n man sy broer aangryp in die huis van sy vader en sê: Jy het 'n kleed, jy moet owerste oor ons wees, en laat hierdie ingestorte puinhoop onder jou toesig wees --
6 Um homem se aproximará de outro e dirá: Tu tens um manto na casa de teu pai; é mister que sejas nosso príncipe; toma sob teu poder esta ruína.
7 dan sal hy in die dag uitroep en sê: Ek kan geen geneesheer wees nie, en in my huis is geen brood en geen kleed nie; maak my nie 'n owerste van die volke nie.
7 O outro, então, protestará: Eu não posso curar estas chagas; e em minha casa não há nem pão nem manto; não me façais príncipe do povo.
8 Want Jerusalem het gestruikel, en Juda het geval; want hulle tong en hulle dade is teen die HERE om sy oë, vol heerlikheid, te trotseer.
8 Jerusalém, com efeito, ameaça ruína, e Judá se desmorona, porque suas palavras e suas ações se opõem ao Senhor, e desafiam os olhares de sua majestade.
9 Die uitdrukking van hulle gesig getuig teen hulle, en hul sonde maak hulle bekend, soos Sodom, sonder om iets weg te steek. Wee oor hulle siel, want hulle doen hulself kwaad aan!
9 Sua parcialidade testemunha contra eles; ostentam seus pecados {como Sodoma}, em vez de escondê-los. Ai deles, porque causam dano a si mesmos.
10 Sê van die regverdige dat dit met hom goed sal gaan; want die vrug van hul handelinge sal hulle eet.
10 Feliz o justo, para ele o bem; ele comerá o fruto de suas obras.
11 Wee die goddelose! Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word.
11 Ai do ímpio, para ele o mal; porque ele será tratado segundo as suas obras.
12 Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot 'n dwaalweg gemaak.
12 O meu povo é oprimido por tiranos caprichosos, e cobradores de impostos o dominam. Povo meu, teus guias te desencaminham, destroem o caminho por onde tu passas.
13 Die HERE staan daar om 'n regstryd te voer: Hy tree op om die volke te vonnis.
13 O Senhor se levanta para acusar, e se ergue para julgar seu povo.
14 Die HERE gaan na die gereg met die oudstes en die vorste van sy volk. Ja, julle het die wingerd afgewei; wat aan die arm man ontroof is, is in julle huise.
14 O Senhor entra em juízo contra os anciãos e os magistrados de seu povo. Fostes vós que devorastes a vinha, o espólio do pobre está em vossas casas.
15 Wat is dit met julle dat julle my volk vertrap en die ellendiges mishandel? spreek die Here HERE van die leërskare.
15 Por que razão calcais aos pés o meu povo, e maltratais a face dos pobres?, declara o Senhor Deus dos exércitos.
16 Verder het die HERE gesê: Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel,
16 E o Senhor disse: Já que são pretensiosas as filhas de Sião, e andam com o pescoço emproado, fazendo acenos com os olhos, e caminham com passo afetado, fazendo retinir as argolas de seus tornozelos,
17 daarom sal die HERE die skedel van die dogters van Sion skurf maak, en die HERE sal hulle skaamte ontbloot.
17 o Senhor tornará sua cabeça calva e desnudará sua fronte.
18 In die dag sal die HERE wegneem die sieraad van die voetringe en die sonnetjies en die maantjies;
18 Naquele tempo o Senhor lhes tirará as jóias, as argolas, os colares, as lúnulas,
19 die oorversiersels en die armbande en die sluiers;
19 os brincos, os braceletes e os véus,
20 die hoofversiersels en die voetkettinkies en die pronkgordels en die reukflessies en die towermiddels;
20 os diademas, as cadeias, os cintos, os frascos de perfumes e os amuletos,
21 die vingerringe en die neusringe;
21 os anéis e os pingentes da fronte,
22 die feesklere en die manteltjies en die tjalies en die handsakkies;
22 os vestidos de festa, os mantos, as gazas e as bolsas,
23 die handspieëltjies en die hemde en die tulbande en die wye mantels.
23 os espelhos, as musselinas, os turbantes e as mantilhas.
24 Dan sal daar in plaas van balsemgeur mufheid wees, en in plaas van 'n gordel 'n tou, en in plaas van gevlegte hare kaalheid, en in plaas van 'n pronkgewaad 'n roukleed, brandmerk in plaas van skoonheid.
24 E então, em lugar de perfume, haverá podridão, em lugar de cinto, uma corda, em lugar de cabelos encrespados, uma cabeça raspada, em lugar do largo manto, um cilício, uma cicatriz em lugar da beleza.
25 Jou manne, o Sion, sal deur die swaard val en jou helde in die oorlog.
25 Teus varões tombarão à espada, e teus bravos, na batalha.
26 En sy poorte sal klaag en treur, en hy sal uitgeskud op die aarde sit.
26 Suas portas gemerão e se lastimarão; e ela, despojada, sentar-se-á por terra.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Isaías 3, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.