Isaías 32
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVI
1 Kyk, 'n koning sal regeer in geregtigheid, en die vorste sal heers volgens reg.
1 Vejam! Um rei reinará com retidão, e príncipes governarão com justiça.
2 En elkeen sal wees soos 'n toevlug teen die wind en 'n skuiling teen die stortreën, soos waterstrome in 'n dor streek, soos die skaduwee van 'n swaar rots in 'n land wat versmag.
2 Cada homem será como um esconderijo contra o vento e um abrigo contra a tempestade, como correntes de água numa terra seca e como a sombra de uma grande rocha no deserto.
3 Dan sal nie meer verblind wees die oë van die wat sien nie; en die ore van hulle wat hoor, sal luister;
3 Então os olhos dos que vêem não estarão mais fechados, e os ouvidos dos que ouvem escutarão.
4 en die hart van die onbedagsames sal leer om te verstaan, en die tong van die hakkelaars sal gou wees om duidelik te spreek;
4 A mente do precipitado saberá julgar, e a língua gaguejante falará com facilidade e clareza.
5 die dwaas sal nie meer 'n edele genoem word nie, en van die skelm sal nie gesê word dat hy vernaam is nie.
5 O tolo já não será chamado nobre e o homem sem caráter não será tido em alta estima.
6 Want 'n dwaas spreek dwaasheid en sy hart bring onheil voort, deur goddeloosheid te bedrywe en dwaling te spreek oor die HERE, deur die begeerte van die hongerige onvervuld te laat en die drank van die dorstige te laat ontbreek.
6 Pois o insensato fala com insensatez e só pensa no mal: Ele pratica a maldade e espalha mentiras sobre o Senhor; deixa o faminto sem nada e priva de água o sedento.
7 En die skelm -- sy middele is sleg, hy beraam skandelike dade om die ellendiges te ru‹neer met leuentaal, ook as die behoeftige spreek wat reg is.
7 As artimanhas do homem sem caráter são perversas; ele inventa planos maldosos para destruir com mentiras o pobre, mesmo quando a súplica deste é justa.
8 Maar die edele beraam edele dade, en hy hou stand in wat edel is.
8 Mas o homem nobre faz planos nobres, e graças aos seus feitos nobres permanece firme.
9 Staan op, geruste vroue, hoor my stem! Sorgelose dogters, luister na my woord!
9 Vocês, mulheres tão complacentes, levantem-se e escutem-me! Vocês, filhas que se sentem seguras, ouçam o que lhes vou dizer!
10 'n Jaar en 'n paar dae -- en julle sal sidder, sorgelose dogters! Want dit is gedaan met die druiwe-oes, daar sal geen insameling van vrugte kom nie.
10 Daqui a pouco mais de um ano, vocês, que se sentem seguras, ficarão apavoradas; a colheita de uvas falhará, e a colheita de frutas não virá.
11 Bewe, geruste vroue! Sidder, sorgelose dogters! Trek julle uit, ontbloot julle en gord rougewade om julle lendene.
11 Tremam, vocês, mulheres tranqüilas! Estremeçam, vocês, que se sentem seguras! Arranquem suas vestes, e vistam roupas de lamento na cintura.
12 Hulle slaan op die bors vanweë die begeerlike velde, vanweë die vrugbare wingerdstok;
12 Batam no peito e chorem pelos campos agradáveis, pelas videiras frutíferas
13 vanweë die akkers van my volk wat met dorings en distels opskiet, ja, vanweë al die huise van vreugde van die uitgelate stad.
13 e pela terra do meu povo, terra infestada de espinhos e roseiras bravas; sim, pranteiem por todas as casas cheias de júbilo e por esta cidade exultante.
14 Want die paleis is verlate, die stadsgewoel is in eensaamheid verander; die Heuwel en die Wagtoring dien as spelonke vir ewig, 'n vreugde vir die wilde-esels, 'n weiveld vir die troppe vee --
14 A fortaleza será abandonada, a cidade barulhenta ficará deserta, a cidadela e a torre de sentinela se tornarão covis, uma delícia para os jumentos, uma pastagem para os rebanhos,
15 totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die woestyn 'n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir 'n bos gereken.
15 até que sobre nós o Espírito seja derramado do alto, e o deserto se transforme em campo fértil, e o campo fértil pareça uma floresta.
16 En die reg woon in die woestyn, en die geregtigheid hou verblyf in die vrugteboord.
16 A justiça habitará no deserto, e a retidão viverá no campo fértil.
17 En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.
17 O fruto da justiça será paz; o resultado da justiça será tranqüilidade e confiança para sempre.
18 En my volk sal woon in 'n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus.
18 O meu povo viverá em locais pacíficos, em casas seguras, em tranqüilos lugares de descanso,
19 Maar dit sal hael as die bos inmekaarstort en die stad wegsak in die laagte.
19 mesmo que a saraiva arrase a floresta e a cidade seja nivelada ao pó.
20 Welgeluksalig is julle wat by alle waters saai, wat die voet van os en esel vry laat loop!
20 Como vocês serão felizes, semeando perto das águas, e deixando soltos os bois e os jumentos!
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Isaías 32, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.