Isaías 28

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Wee die trotse kroon van die dronkaards van Efraim, en wee die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal van hulle wat deur die wyn verslaan is.
1 Ai da coroa de orgulho, para os bêbados de Efraim, cuja beleza gloriosa é uma flor que murcha, a qual está na cabeça dos vales férteis daqueles que são dominados pelo vinho!
2 Kyk, die Here het een wat sterk en magtig is, soos 'n haelstorm, 'n storm vol verwoesting, soos 'n stortbui van geweldige, oorlopende waters wat teen die grond gooi met krag.
2 Eis que o Senhor tem alguém poderoso e forte, o qual como uma tempestade de granizo e um temporal destruidor, como uma inundação de poderosas águas transbordantes, arremessará para a terra com a mão.
3 Met voete sal vertrap word die trotse kroon van die dronkaards van Efraim;
3 A coroa de orgulho, os bêbados de Efraim, serão pisados sob os pés.
4 en die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal, sal wees soos 'n voorvy voor die vrugte-oes: iemand sien dit skaars of, terwyl dit nog in sy hand is, sluk hy dit weg.
4 E a beleza gloriosa, a qual está ao longo da cabeça do vale fértil, será uma flor murcha. E como a fruta temporã antes do verão, a qual quando aquele que a olha a vê, enquanto ainda está em sua mão, a devora.
5 In die dag sal die HERE van die leërskare wees tot 'n sierlike kroon en 'n pragtige krans vir die oorblyfsel van sy volk,
5 Naquele dia o SENHOR dos Exércitos será por uma coroa de glória e por um diadema de beleza para o remanescente de seu povo.
6 en tot 'n gees van strafgerig vir hom wat sit oor die gereg, en tot 'n sterkte vir hulle wat die geveg terugdring na die poort toe.
6 E por um espírito de julgamento para aquele que se assenta em juízo, e por força para aqueles que rechaçam a batalha para o portão.
7 En ook die manne hier wankel deur die wyn en waggel deur sterk drank; priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak.
7 Porém, eles também têm errado por causa do vinho, e através da bebida forte estão fora do caminho. O sacerdote e o profeta têm errado através da bebida forte, eles estão imersos no vinho, eles estão fora do caminho por causa da bebida forte. Eles erram na visão, eles tropeçam no julgamento.
8 Want al die tafels is vol walglike uitbraaksel, sodat daar geen plek is nie.
8 Porque todas as mesas estão repletas de vômito e imundície, tanto que não há mais nenhum lugar limpo.
9 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?
9 A quem ele ensinará conhecimento? E a quem ele fará compreender doutrina? Àqueles que são desmamados e retirados dos seios.
10 Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier 'n bietjie, daar 'n bietjie.
10 Porque preceito precisa ser sobre preceito, preceito sobre preceito; linha sobre linha, linha sobre linha, aqui um pouco, e lá um pouco.
11 Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur 'n vreemde tong met hierdie volk spreek,
11 Porque com lábios que gaguejam e outra língua ele falará a este povo.
12 Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie.
12 A quem ele disse: Este é o repouso por meio do qual vós podeis fazer o cansado descansar e este é o agradavelmente novo, ainda assim eles não ouviriam.
13 Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier 'n bietjie, daar 'n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.
13 Porém, a palavra do SENHOR foi para eles preceito sobre preceito, mandato sobre mandato; regra sobre regra, linha sobre linha; aqui um pouco e lá um pouco, para que eles possam ir, e cair para trás, e ser quebrados, e enlaçados e capturados.
14 Daarom, hoor die woord van die HERE, julle spotters, heersers oor hierdie volk wat in Jerusalem is!
14 Por conseguinte, ouvi a palavra do SENHOR, vós homens que desdenham, que governam este povo, o qual está em Jerusalém.
15 Omdat julle sê: Ons het 'n verbond met die dood gesluit, en met die doderyk het ons 'n verdrag aangegaan; as die golwende g,sel deurtrek, sal hy na ons nie kom nie; want ons het die leuen ons skuilplek gemaak en ons in bedrog weggesteek --
15 Porquanto, vós tendes dito: Nós temos feito um pacto com a morte, e com o inferno estamos de acordo; quando o transbordante flagelo vier atravessar, ele não chegará até nós, porquanto nós temos feito das mentiras nosso refúgio e sob a falsidade temos nos escondido.
16 daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek lê in Sion 'n grondsteen, 'n beproefde steen, 'n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie.
16 Portanto, assim diz o Senhor DEUS: Eis que eu ponho em Sião por alicerce uma pedra, uma pedra à toda prova, uma preciosa pedra de esquina, um alicerce inabalável. Aquele que crer não se apressará.
17 En Ek sal die reg tot 'n riglyn maak, en die geregtigheid tot 'n skietlood; en die hael sal die leuendak wegruk en die water die skuilplek wegspoel.
17 Também porei o juízo por linha e a justiça por prumo. E o granizo eliminará completamente o refúgio das mentiras, e as águas transbordarão o lugar de esconderijo.
18 En julle verbond met die dood sal uitgewis word, en julle verdrag met die doderyk nie standhou nie; as die golwende g,sel deurtrek, sal julle deur hom vertrap word.
18 E seu pacto com a morte será anulado e seu acordo com o inferno não prevalecerá; quando o transbordante flagelo passar, então vós sereis pisoteados por ele.
19 So dikwels as hy deurtrek, sal hy julle gryp; want môre vir môre sal hy deurtrek, by dag en by nag. En dit sal net verskrikking wees om so 'n openbaring te verneem.
19 Desde o momento em que isto passar, vos arrebatará. Pois estender-se-á de manhã a manhã, pelo dia e pela noite, e isto será um aborrecimento só o compreender a notícia.
20 Want die bed sal te kort wees dat iemand hom daarop kan uitrek, en die kombers te smal dat iemand hom daarin kan toedraai.
20 Porque a cama é mais curta do que um homem é capaz de se esticar sobre ela. E a coberta mais estreita do que o necessário para ele envolver-se nela.
21 Want die HERE sal Hom gereed maak soos by die berg P,rasim; Hy sal aanstorm soos in die dal by G¡beon om sy werk te doen -- vreemd is sy werk! En om sy daad te verrig -- ongehoord is sy daad!
21 Porque o SENHOR levantar-se-á como no monte Perazim. Ele estará furioso como no vale de Gibeão, para que ele possa fazer sua obra, sua estranha obra, e fará acontecer seu ato, seu estranho ato.
22 Gedra julle dan nou nie soos spotters, dat julle bande nie vaster word nie; want ek het van die Here HERE van die leërskare gehoor 'n verdelging wat vas besluit is, oor die hele aarde.
22 Agora, portanto, não sejais vós zombadores, por medo de que seus grilhões se tornem fortes. Porque eu tenho ouvido da parte do Senhor DEUS dos Exércitos uma destruição, determinada sobre a terra toda.
23 Luister, en hoor na my stem; let op, en hoor my woord!
23 Dai vós ouvidos e ouvi minha voz. Escutai e ouvi meu discurso.
24 Ploeg die ploeër die hele dag om te saai? Skeur hy sy akker oop, en eg hy die hele dag?
24 O fazendeiro ara o dia todo para semear? Ele abre e quebra os torrões de seu terreno?
25 Is dit nie so nie: As hy dit bo-op gelykgemaak het, gooi hy swart komyn uit en strooi komyn en saai koring in rye en gars in vakke en spelt langs die kant.
25 Quando ele tem feito plana a face daquele lugar não lança ele sobre uma ampla área o endro, e espalha o cominho, e lança na área principal trigo, e a cevada selecionada e o centeio no seu devido lugar?
26 En sy God het hom onderrig hoe om dit te doen, Hy leer hom.
26 Porque seu Deus o instrui para discernir e o ensina.
27 Want swart komyn word nie met die slee gedors nie, en die wawiel word nie oor komyn gerol nie; maar swart komyn word uitgeslaan met 'n stok en komyn met 'n hout.
27 Pois o endro não é debulhado com um instrumento para debulhar, nem uma roda de carroça é movida sobre o cominho. Porém, o endro é debulhado com um bastão e o cominho com uma vara.
28 Word broodkoring fyngestamp? Nee, nie altyddeur dors hulle dit nie; en al dryf hulle die wawiel en die perde daaroor -- hulle stamp dit nie fyn nie.
28 O grão usado para fazer pão é esmagado, pois ele não estará sempre o debulhando, nem o esmiúça com a roda de sua carroça nem o esmaga com seus cavaleiros.
29 Ook dit kom van die HERE van die leërskare: Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid.
29 Isto também vem do SENHOR dos Exércitos o qual é maravilhoso em aconselhar e excelente em trabalhar.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Isaías 28, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.