Isaías 19

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVT

Sair da comparação
NVT Nova Versão Transformadora
1 Godspraak oor Egipte. Kyk, die HERE ry op 'n vinnige wolk en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.
1 Recebi esta mensagem acerca do Egito: Vejam, o S montado em uma nuvem veloz! Os ídolos do Egito estremecem diante dele; o coração dos egípcios se derrete de medo.
2 En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.
2 “Farei egípcio lutar contra egípcio, irmão contra irmão, vizinho contra vizinho, cidade contra cidade, província contra província.
3 En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê.
3 Os egípcios se desesperarão, e eu confundirei seus planos. Pedirão sabedoria a seus ídolos e invocarão espíritos; consultarão médiuns e praticantes do ocultismo.
4 En Ek sal Egipte oorgee in die hand van 'n harde meester, en 'n strenge koning sal oor hulle heers, spreek die Here HERE van die leërskare.
4 Entregarei o Egito a um senhor cruel; um rei feroz os governará”, declara o Soberano S
5 En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, en die rivier sal uitdroog en droog lê.
5 As águas do Nilo deixarão de inundar os campos; o leito do rio ficará seco e árido.
6 En die strome sal stink; die strome van Egipte sal swak word en uitdroog; riet en biesies sal verwelk.
6 Os canais do Nilo secarão; os ribeiros do Egito terão mau cheiro, e juncos e canas apodrecerão.
7 Die weivelde by die Nyl, by die mond van die Nyl, en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai en nie meer wees nie.
7 Toda a vegetação às margens do rio, todas as plantações junto a ele, secarão e serão levadas pelo vento.
8 En die vissers sal klaag, en almal wat hoeke in die Nyl uitgooi, rou bedrywe; en die wat visnette uitsprei oor die waters, sal verkwyn.
8 Os pescadores lamentarão, os que lançam anzóis no Nilo gemerão, e os que usam redes perderão o ânimo.
9 En die bewerkers van uitgekamde vlas staan beskaamd, en die wewers van wit stowwe.
9 Não haverá linho para os ceifeiros, nem fio para os tecelões.
10 En sy steunpilare word verbrysel; almal wat vir loon werk, sielsbedroef.
10 Ficarão todos desesperados; os trabalhadores se encherão de tristeza.
11 Die vorste van Soan is net dwase, die raad van Farao se slimste raadgewers het domheid geword. Hoe kan julle vir Farao sê: Ek is 'n seun van die wyse manne, 'n seun van die konings uit die voortyd?
11 Como são tolos os oficiais de Zoã; seus conselhos ao rei do Egito são absurdos! Ainda assim, contarão vantagem ao faraó? Ousarão se gabar da sabedoria de seus antepassados?
12 Waar is hulle dan, jou wyse manne? Laat hulle jou tog te kenne gee, dat 'n mens kan weet wat die HERE van die leërskare oor Egipte besluit het.
12 Onde estão seus grandes conselheiros, faraó? Que lhe informem os planos de Deus, o que o S
13 Die vorste van Soan het dwase geword, die vorste van Nof is bedroë; Egipte is op 'n dwaalweg gebring deur hulle wat die hoeksteen van die stamme is.
13 Os oficiais de Zoã são tolos, os oficiais de Mênfis As autoridades do povo fizeram o Egito se desviar.
14 Die HERE het daarin 'n gees van bedwelming gegiet, en Egipte is op 'n dwaalweg gebring in al sy werk, soos 'n dronkaard tuimel in sy uitbraaksel.
14 O S enhor enviou sobre eles um espírito de confusão; estão equivocados em tudo que dizem. Fazem o Egito cambalear, como um bêbado em seu vômito.
15 So is daar dan vir Egipte geen werk wat gedoen word deur kop of stert, palmtak of biesie nie.
15 Não há nada que o Egito possa fazer; todos estão indefesos: a cabeça e a cauda, o ramo da palmeira e o junco.
16 In die dag sal die Egiptenaars wees soos die vroue: hulle sal bewe en vrees vir die handgeswaai van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle swaai.
16 Naquele dia, os egípcios serão frágeis como mulheres. Eles se encolherão de medo debaixo da mão levantada do S enhor dos Exércitos.
17 En die land Juda sal vir die Egiptenaars 'n skrik wees: as iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle geneem het.
17 A simples menção à terra de Judá os encherá de terror, pois o S enhor dos Exércitos traçou seus planos contra eles.
18 In die dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän spreek en by die HERE van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.
18 Naquele dia, cinco cidades egípcias seguirão o S enhor dos Exércitos e até começarão a falar a língua de Canaã. Uma dessas cidades será Heliópolis, a Cidade do Sol.
19 In die dag sal daar 'n altaar wees vir die HERE binne-in Egipteland en 'n gedenksteen vir die HERE by die grens.
19 Naquele dia, haverá um altar ao S enhor no centro do Egito e um monumento ao S enhor em sua fronteira.
20 En dit sal wees 'n teken en 'n getuie vir die HERE van die leërskare in Egipteland; as hulle die HERE aanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle 'n redder stuur en 'n stryder wat hulle sal verlos.
20 Serão sinal e testemunho de que o S enhor dos Exércitos é adorado na terra do Egito. Quando o povo clamar ao S enhor por causa de seus opressores, ele enviará um salvador que lutará por eles e os livrará.
21 En die HERE sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die HERE ken in die dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die HERE en dit betaal.
21 Naquele dia, o S enhor se revelará aos egípcios. Sim, eles conhecerão o S enhor e lhe apresentarão sacrifícios e ofertas. Farão um voto ao S enhor e o cumprirão.
22 En die HERE sal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot die HERE bekeer, en Hy sal hulle verhoor en hulle genees.
22 O S enhor ferirá o Egito, mas depois trará cura. Pois os egípcios se voltarão para o S enhor , e ele ouvirá suas súplicas e lhes dará cura.
23 In die dag sal daar 'n grootpad wees van Egipte na Assirië, en Assiriërs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assirië; en Egipte sal saam met Assirië die HERE dien.
23 Naquele dia, o Egito e a Assíria serão ligados por uma estrada. Os egípcios e os assírios viajarão livremente entre seus países e adorarão juntos.
24 In die dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, 'n seën in die midde van die aarde,
24 Naquele dia, Israel será o terceiro, junto com o Egito e a Assíria, uma bênção no meio da terra.
25 omdat die HERE van die leërskare hom geseënhet, met die woorde: Geseënd is my volk Egipte en my maaksel Assirië en my erfdeel Israel!
25 Porque o S enhor dos Exércitos dirá: “Bendito seja o Egito, meu povo. Bendita seja a Assíria, a terra que criei. Bendito seja Israel, minha propriedade especial”.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Isaías 19, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.