Isaías 13

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Godspraak oor Babel wat Jesaja, die seun van Amos, gesien het.
1 A carga de Babilônia, a qual Isaías, o filho de Amós, viu.
2 Hef op 'n banier op 'n kaal berg; roep hulle hardop toe, wink met die hand, dat hulle kan intrek deur die poorte van die edeles.
2 Erguei vós um estandarte sobre o alto monte, erguei a voz para eles, agitai a mão, para que possam adentrar os portões dos nobres.
3 Ek self het my geheiligdes ontbied; ook het Ek my helde tot my toorn geroep, my manne wat jubel in trotsheid.
3 Eu tenho ordenado aos meus santificados. Eu também tenho recrutado meus poderosos por minha ira, aqueles que se alegram na minha grandeza.
4 Hoor, 'n gedruis op die berge soos van baie mense! Hoor, 'n rumoer van die koninkryke, van versamelde nasies! Die HERE van die leërskare hou wapenskouing oor 'n oorlogsleër.
4 O barulho de uma multidão nos montes, como de um grande povo. Um tumultuoso barulho de reinos de nações reunidos. O ­SENHOR dos Exércitos convoca o exército da batalha.
5 Hulle kom uit 'n ver land, van die einde van die hemel af, die HERE en die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes.
5 Eles vêm de uma nação distante, da extremidade do céu, o ­SENHOR, e as armas da sua indignação, para destruir toda a terra.
6 Huil julle, want die dag van die HERE is naby; hy kom as 'n verwoesting van die Almagtige.
6 Gemei vós, porque o dia do ­SENHOR está próximo. Ele virá como uma destruição vinda do Todo-Poderoso.
7 Daarom word al die hande slap, en elke mensehart versmelt;
7 Portanto, todas as mãos estarão desfalecidas e o coração de todo homem se derreterá.
8 en hulle is verskrik, kry krampe en weë; hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan; hulle gesigte is vlammende gesigte.
8 E eles estarão atemorizados. Dores e tristezas sobrevirão. Eles estarão em dor como uma mulher que está em trabalho de parto. Eles estarão atônitos um com o outro. Suas faces serão como chamas.
9 Kyk, die dag van die HERE kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde 'n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.
9 Eis que o dia do ­SENHOR chega, cruel, tanto com cólera quanto ira violenta, para deixar a terra desolada; e ele extirpará dela os pecadores.
10 Want die sterre van die hemel en sy Or¡ons sal hulle lig nie laat skyn nie; die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie.
10 Porque as estrelas do céu e as constelações dele não darão sua luz. O sol estará escurecido no seu percurso e a lua não refletirá sua luz.
11 En Ek sal aan die wêreld sy boosheid besoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder.
11 E eu punirei o mundo pelo seu mal, e o perverso por sua iniquidade, e eu farei a arrogância do orgulhoso cessar e cessarei a arrogância do terrível.
12 En Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn goud, en mense as goud van Ofir.
12 Eu farei um homem mais precioso do que o ouro refinado, exatamente mais precioso que a cunha de ouro de Ofir.
13 Daarom sal Ek die hemel laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van die HERE van die leërskare en vanweë die dag van sy toorngloed.
13 Portanto, eu sacudirei os céus, e a terra será removida para fora do lugar dela, na cólera do ­SENHOR dos Exércitos e no dia de sua violenta ira.
14 En soos 'n gemsbok wat gejaag word, en soos kleinvee wat niemand bymekaar maak nie, sal hulle elkeen draai na sy volk toe en elkeen vlug na sy land toe.
14 E será como a corça afugentada, e como uma ovelha que nenhum homem ajuntou. Eles voltarão cada homem para seu próprio povo e fugirão cada um para o interior de sua própria terra.
15 Elkeen wat gevind word, word deurboor; en elkeen wat gegryp word, val deur die swaard.
15 Cada um que é encontrado é traspassado, e cada um que é colocado junto a eles cairá pela espada.
16 En hulle kinders word voor hul oë verpletter, hul huise geplunder en hul vroue onteer.
16 Os filhos deles também serão despedaçados diante de seus olhos. Suas casas serão saqueadas e suas esposas serão estupradas.
17 Kyk, Ek verwek die Meders teen hulle, wat silwer nie ag nie en in goud geen behae het nie.
17 Eis que eu incitarei os Medos contra eles, os quais não irão considerar prata, e quanto ao ouro, eles não terão prazer nele.
18 Maar hulle boë sal die seuns neerwerp, en hulle sal hul nie ontferm oor die vrug van die moederskoot nie; hulle oog sal die kinders nie verskoon nie.
18 Seus arcos também irão despedaçar os jovens, e eles não terão piedade do fruto do útero, e seus olhos não pouparão as crianças.
19 So sal dan Babel, die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk van die Chaldeërs, wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het.
19 E Babilônia, a glória dos reinos, a beleza da excelência dos caldeus, será como quando Deus destruiu Sodoma e Gomorra.
20 Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herders sal hulle vee daar laat lê en rus nie.
20 Ela nunca será habitada, nem se fará morada nela, de geração a geração. Nem o árabe armará sua tenda lá, nem os pastores farão seu aprisco lá.
21 Maar daar sal boskatte lê, en hulle huise sal vol uile wees; en volstruise sal daar hou, en veldduiwels daar rondspring.
21 Porém, animais selvagens do deserto repousarão lá, e suas casas estarão cheias de criaturas pesarosas. E corujas habitarão lá, e sátiros lá ­dançarão.
22 En wildehonde sal huil in sy kastele en jakkalse in die vreugdepaleise; en naby is sy tyd om te kom, en sy dae sal nie verskuif word nie.
22 E os animais selvagens das ilhas uivarão em suas casas desoladas, e chacais em seus agradáveis palácios. A sua hora está próxima, e os seus dias não serão prolongados.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Isaías 13, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.