Hebreus 10

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVI

Sair da comparação
NVI Nova Versão Internacional
1 Want die wet, wat 'n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.
1 A Lei traz apenas uma sombra dos benefícios que hão de vir, e não a realidade dos mesmos. Por isso ela nunca consegue, mediante os mesmos sacrifícios repetidos ano após ano, aperfeiçoar os que se aproximam para adorar.
2 Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie.
2 Se pudesse fazê-lo, não deixariam de ser oferecidos? Pois os adoradores, tendo sido purificados uma vez por todas, não mais se sentiriam culpados de seus pecados.
3 Maar in die offers is daar jaar na jaar 'n herinnering aan die sondes;
3 Contudo, esses sacrifícios são uma recordação anual dos pecados,
4 want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem.
4 pois é impossível que o sangue de touros e bodes tire pecados.
5 Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My 'n liggaam berei.
5 Por isso, quando Cristo veio ao mundo, disse: "Sacrifício e oferta não quiseste, mas um corpo me preparaste;
6 Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.
6 de holocaustos e ofertas pelo pecado não te agradaste".
7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom -- in die boekrol is dit van My geskrywe -- om u wil te doen, o God.
7 Então eu disse: Aqui estou, no livro está escrito a meu respeito; vim para fazer a tua vontade, ó Deus.
8 Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie -- wat volgens die wet geoffer word --
8 Primeiro ele disse: "Sacrifícios, ofertas, holocaustos e ofertas pelo pecado não quiseste, nem deles te agradaste" ( os quais eram feitos conforme a Lei ).
9 het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel.
9 Então acrescentou: "Aqui estou; vim para fazer a tua vontade". Ele cancela o primeiro para estabelecer o segundo.
10 Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.
10 Pelo cumprimento dessa vontade fomos santificados, por meio do sacrifício do corpo de Jesus Cristo, oferecido uma vez por todas.
11 En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie;
11 Dia após dia, todo sacerdote apresenta-se e exerce os seus deveres religiosos; repetidamente oferece os mesmos sacrifícios, que nunca podem remover os pecados.
12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God
12 Mas quando este sacerdote acabou de oferecer, para sempre, um único sacrifício pelos pecados, assentou-se à direita de Deus.
13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is 'n voetbank van sy voete.
13 Daí em diante, ele está esperando até que os seus inimigos sejam colocados como estrado dos seus pés;
14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.
14 porque, por meio de um único sacrifício, ele aperfeiçoou para sempre os que estão sendo santificados.
15 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis;
15 O Espírito Santo também nos testifica a este respeito. Primeiro ele diz:
16 want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit n die dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,
16 "Esta é a aliança que farei com eles, depois daqueles dias, diz o Senhor. Porei as minhas leis em seus corações e as escreverei em suas mentes";
17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.
17 e acrescenta: "Dos seus pecados e iniqüidades não me lembrarei mais".
18 Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.
18 Onde essas coisas foram perdoadas, não há mais necessidade de sacrifício pelo pecado.
19 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus
19 Portanto, irmãos, temos plena confiança para entrar no Santo dos Santos pelo sangue de Jesus,
20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees,
20 por um novo e vivo caminho que ele nos abriu por meio do véu, isto é, do seu corpo.
21 en ons 'n groot Priester oor die huis van God het,
21 Temos, pois, um grande sacerdote sobre a casa de Deus.
22 laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van 'n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.
22 Sendo assim, aproximemo-nos de Deus com um coração sincero e com plena convicção de fé, tendo os corações aspergidos para nos purificar de uma consciência culpada e tendo os nossos corpos lavados com água pura.
23 Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou;
23 Apeguemo-nos com firmeza à esperança que professamos, pois aquele que prometeu é fiel.
24 en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor;
24 E consideremo-nos uns aos outros para incentivar-nos ao amor e às boas obras.
25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.
25 Não deixemos de reunir-nos como igreja, segundo o costume de alguns, mas encorajemo-nos uns aos outros, ainda mais quando vocês vêem que se aproxima o Dia.
26 Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,
26 Se continuarmos a pecar deliberadamente depois que recebemos o conhecimento da verdade, já não resta sacrifício pelos pecados,
27 maar 'n verskriklike verwagting van oordeel en 'n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.
27 mas tão-somente uma terrível expectativa de juízo e de fogo intenso que consumirá os inimigos de Deus.
28 As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;
28 Quem rejeitava a lei de Moisés morria sem misericórdia pelo depoimento de duas ou três testemunhas.
29 hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?
29 Quão mais severo castigo, julgam vocês, merece aquele que pisou aos pés o Filho de Deus, que profanou o sangue da aliança pelo qual ele foi santificado, e insultou o Espírito da graça?
30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel.
30 Pois conhecemos aquele que disse: "A mim pertence a vingança; eu retribuirei"; e outra vez: "O Senhor julgará o seu povo".
31 Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.
31 Terrível coisa é cair nas mãos do Deus vivo!
32 Maar onthou die vorige dae waarin julle, toe julle verlig geword het, 'n groot lydensworsteling deurstaan het,
32 Lembrem-se dos primeiros dias, depois que vocês foram iluminados, quando suportaram muita luta e muito sofrimento.
33 gedeeltelik omdat julle deur smaad en verdrukkinge 'n skouspel geword het, gedeeltelik omdat julle deelgenote geword het van die wat in so 'n toestand verkeer het.
33 Algumas vezes vocês foram expostos a insultos e tribulações; em outras ocasiões fizeram-se solidários com os que assim foram tratados.
34 Want julle het ook saam met my gevoel in my boeie, en julle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat julle in julself 'n beter en blywende besitting in die hemele het.
34 Vocês se compadeceram dos que estavam na prisão e aceitaram alegremente o confisco dos próprios bens, pois sabiam que possuíam bens superiores e permanentes.
35 Werp dan julle vrymoedigheid, wat 'n groot beloning het, nie weg nie.
35 Por isso, não abram mão da confiança que vocês têm; ela será ricamente recompensada.
36 Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.
36 Vocês precisam perseverar, de modo que, quando tiverem feito a vontade de Deus, recebam o que ele prometeu;
37 Want nog 'n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie.
37 pois em breve, muito em breve "Aquele que vem virá, e não demorará.
38 Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.
38 Mas o meu justo viverá pela fé. E, se retroceder, não me agradarei dele".
39 Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe.
39 Nós, porém, não somos dos que retrocedem e são destruídos, mas dos que crêem e são salvos.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Hebreus 10, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.