Gênesis 8

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVT

Sair da comparação
NVT Nova Versão Transformadora
1 En God het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was; en God het 'n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het.
1 Então Deus se lembrou de Noé e de todos os animais selvagens e domésticos que estavam com ele na arca. Deus fez soprar um vento sobre a terra, e as águas do dilúvio começaram a baixar.
2 Ook die fonteine van die watervloed en die sluise van die hemel het toegegaan, en die stortreën uit die hemel het opgehou.
2 As fontes subterrâneas pararam de jorrar, e as chuvas torrenciais cessaram.
3 Toe het die waters geleidelik van die aarde teruggegaan, en die waters het afgeneem aan die end van honderd en vyftig dae.
3 As águas do dilúvio foram baixando aos poucos. Depois de 150 dias,
4 En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Ararat gerus.
4 exatamente cinco meses depois do início do dilúvio, a arca repousou sobre as montanhas de Ararate.
5 En die waters het geleidelik afgeneem tot die tiende maand. In die tiende maand, op die eerste van die maand, het die toppe van die berge sigbaar geword.
5 Dois meses e meio depois, à medida que as águas continuaram a baixar, apareceram os picos de outras montanhas.
6 Toe het Noag aan die end van veertig dae die venster oopgemaak van die ark wat hy gebou het,
6 Passados mais quarenta dias, Noé abriu a janela que havia feito na arca
7 en 'n kraai uitgestuur wat gedurig heen en weer gevlieg het totdat die waters weggedroog het van die aarde af.
7 e soltou um corvo, que ia e voltava até as águas do dilúvio secarem sobre a terra.
8 Daarop laat hy 'n duif van hom af wegvlieg om te sien of die waters oor die aarde verminder het.
8 Noé também soltou uma pomba para ver se as águas tinham baixado e se ela encontraria terra seca,
9 Maar die duif het geen rusplek vir die holte van sy voet gevind nie en na hom teruggekeer in die ark; want die waters was oor die hele aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en hom gegryp en in die ark by hom gebring.
9 mas a pomba não encontrou lugar para pousar, pois a água ainda cobria todo o solo. Então a pomba retornou à arca, e Noé estendeu a mão e a trouxe de volta para dentro.
10 Daarna het hy weer sewe dae gewag. Toe stuur hy die duif weer uit die ark.
10 Depois de esperar mais sete dias, Noé soltou a pomba mais uma vez.
11 En die duif het teen die aand na hom gekom, en daar was 'n groen olyfblad in sy bek! Toe merk Noag dat die waters oor die aarde verminder het.
11 Quando ela voltou ao entardecer, trouxe no bico uma folha nova de oliveira. Noé concluiu que restava pouca água do dilúvio.
12 Daarna wag hy weer sewe dae en stuur die duif uit. Maar hy het nie weer na hom teruggekeer nie.
12 Esperou outros sete dias e soltou a pomba novamente. Dessa vez, ela não voltou.
13 In die ses honderd en eerste jaar, in die eerste maand, op die eerste van die maand, het die waters weggedroog van die aarde af. En Noag het die deksel van die ark weggeneem en uitgekyk, en die aarde was droog --
13 Noé tinha completado 601 anos. No primeiro dia do novo ano, dez meses e meio depois do início do dilúvio, quase não havia mais água sobre a terra. Noé levantou a cobertura da arca e viu que o solo estava praticamente seco.
14 in die tweede maand, op die sewe en twintigste dag van die maand, was die aarde droog.
14 Mais dois meses se passaram e, por fim, a terra estava completamente seca.
15 En God het met Noag gespreek en gesê:
15 Então Deus disse a Noé:
16 Gaan uit die ark, jy en jou vrou en jou seuns en die vroue van jou seuns saam met jou.
16 “Saiam da arca, você, sua mulher, seus filhos e as mulheres deles.
17 Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die aarde kruip, dat hulle kan wemel op die aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde.
17 Solte todos os animais, as aves, os animais domésticos e os animais que rastejam pelo chão, para que sejam férteis e se multipliquem na terra”.
18 Toe gaan Noag uit en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom.
18 Noé, sua mulher, seus filhos e as mulheres deles desembarcaram.
19 Al die diere, alles wat kruip, en al die voëls, alles wat op die aarde beweeg, volgens hulle soorte, het uit die ark uitgegaan.
19 Todos os animais, grandes e pequenos, e as aves saíram da arca, um casal de cada vez.
20 En Noag het vir die HERE 'n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.
20 Em seguida, Noé construiu um altar ao S enhor e ali ofereceu como holocaustos alguns animais e aves puros.
21 En die HERE het die lieflike geur geruik, en die HERE het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.
21 O aroma do sacrifício agradou ao S enhor , que disse consigo: “Nunca mais amaldiçoarei a terra por causa do ser humano, embora todos os seus pensamentos e seus propósitos se inclinem para o mal desde a infância. Nunca mais destruirei todos os seres vivos.
22 Van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie.
22 Enquanto durar a terra, haverá plantio e colheita, frio e calor, verão e inverno, dia e noite”.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Gênesis 8, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.