Gênesis 7

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ACF

Sair da comparação
ACF Almeida Corrigida Fiel
1 Daarna het die HERE aan Noag gesê: Gaan in die ark, jy en jou hele huisgesin, want jou het Ek regverdig bevind voor my aangesig in hierdie geslag.
1 Depois disse o SENHOR a Noé: Entra tu e toda a tua casa na arca, porque tenho visto que és justo diante de mim nesta geração.
2 Van al die rein diere moet jy vir jou telkens sewe paar neem, die mannetjie met sy wyfie; maar van die diere wat nie rein is nie, twee, die mannetjie met sy wyfie.
2 De todos os animais limpos tomarás para ti sete e sete, o macho e sua fêmea; mas dos animais que não são limpos, dois, o macho e sua fêmea.
3 Ook van die voëls van die hemel telkens sewe paar, die mannetjie met die wyfie, om die geslag in die lewe te hou op die hele aarde.
3 Também das aves dos céus sete e sete, macho e fêmea, para conservar em vida sua espécie sobre a face de toda a terra.
4 Want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die aarde, veertig dae en veertig nagte, en al die lewende wesens wat Ek gemaak het, van die aarde verdelg.
4 Porque, passados ainda sete dias, farei chover sobre a terra quarenta dias e quarenta noites; e desfarei de sobre a face da terra toda a substância que fiz.
5 En Noag het gedoen net soos die HERE hom beveel het.
5 E fez Noé conforme a tudo o que o Senhor lhe ordenara.
6 En Noag was ses honderd jaar oud toe die watervloed oor die aarde gekom het.
6 E era Noé da idade de seiscentos anos, quando o dilúvio das águas veio sobre a terra.
7 En Noag en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom het in die ark gegaan vanweë die waters van die vloed.
7 Noé entrou na arca, e com ele seus filhos, sua mulher e as mulheres de seus filhos, por causa das águas do dilúvio.
8 Van die rein diere en van die diere wat nie rein is nie, en van die voëls en van alles wat op die aarde kruip,
8 Dos animais limpos e dos animais que não são limpos, e das aves, e de todo o réptil sobre a terra,
9 het daar twee-twee na Noag in die ark gegaan, 'n mannetjie en 'n wyfie, soos God Noag beveel het.
9 Entraram de dois em dois para junto de Noé na arca, macho e fêmea, como Deus ordenara a Noé.
10 N die sewe dae kom toe die waters van die vloed op die aarde.
10 E aconteceu que passados sete dias, vieram sobre a terra as águas do dilúvio.
11 In die ses honderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen;
11 No ano seiscentos da vida de Noé, no mês segundo, aos dezessete dias do mês, naquele mesmo dia se romperam todas as fontes do grande abismo, e as janelas dos céus se abriram,
12 en die stortreën was op die aarde veertig dae en veertig nagte lank.
12 E houve chuva sobre a terra quarenta dias e quarenta noites.
13 Op daardie selfde dag het Noag en Sem en Gam en Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die ark gegaan.
13 E no mesmo dia entraram na arca Noé, seus filhos Sem, Cão e Jafé, sua mulher e as mulheres de seus filhos.
14 Hulle en al die wilde diere volgens hulle soorte en al die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die aarde kruip, volgens hulle soorte en al die voëls volgens hulle soorte, voëls van allerhande vere --
14 Eles, e todo o animal conforme a sua espécie, e todo o gado conforme a sua espécie, e todo o réptil que se arrasta sobre a terra conforme a sua espécie, e toda a ave conforme a sua espécie, pássaros de toda qualidade.
15 van al die vlees waar 'n lewensgees in was, het twee-twee na Noag in die ark gegaan.
15 E de toda a carne, em que havia espírito de vida, entraram de dois em dois para junto de Noé na arca.
16 En die wat ingaan, het gegaan as mannetjie en wyfie van alle vlees soos God hom beveel het. En die HERE het agter hom toegesluit.
16 E os que entraram eram macho e fêmea de toda a carne, como Deus lhe tinha ordenado; e o Senhor o fechou dentro.
17 En die vloed was veertig dae lank op die aarde: die waters het vermeerder en die ark opgehef, sodat dit opgerys het bo die aarde.
17 E durou o dilúvio quarenta dias sobre a terra, e cresceram as águas e levantaram a arca, e ela se elevou sobre a terra.
18 En die waters het die oorhand gekry en grootliks vermeerder op die aarde, terwyl die ark op die waters drywe.
18 E prevaleceram as águas e cresceram grandemente sobre a terra; e a arca andava sobre as águas.
19 En die waters het heeltemal die oorhand gekry op die aarde, sodat al die hoë berge onder die ganse hemel bedek was.
19 E as águas prevaleceram excessivamente sobre a terra; e todos os altos montes que havia debaixo de todo o céu, foram cobertos.
20 Vyftien el bo hulle het die waters die oorhand gekry, sodat die berge bedek was.
20 Quinze côvados acima prevaleceram as águas; e os montes foram cobertos.
21 En alle vlees wat op die aarde beweeg, het weggesterwe: die voëls en die vee en die wilde diere en al die gedierte wat op die aarde wemel, en al die mense.
21 E expirou toda a carne que se movia sobre a terra, tanto de ave como de gado e de feras, e de todo o réptil que se arrasta sobre a terra, e todo o homem.
22 Alles wat die asem van die lewensgees in sy neusgate gehad het, alles wat op die droë grond was, het doodgegaan.
22 Tudo o que tinha fôlego de espírito de vida em suas narinas, tudo o que havia em terra seca, morreu.
23 So is dan al die lewende wesens verdelg wat op die aarde was, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; hulle is verdelg van die aarde af. En net Noag het oorgebly en wat by hom in die ark was.
23 Assim foi destruído todo o ser vivente que havia sobre a face da terra, desde o homem até ao animal, até ao réptil, e até à ave dos céus; e foram extintos da terra; e ficou somente Noé, e os que com ele estavam na arca.
24 En die waters het die oorhand behou oor die aarde honderd en vyftig dae lank.
24 E prevaleceram as águas sobre a terra cento e cinqüenta dias.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Gênesis 7, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.