Gênesis 6

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NTLH

Sair da comparação
NTLH Nova Tradução na Linguagem de Hoje 2000
1 Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is,
1 Quando as pessoas começaram a se espalhar pela terra e tiveram filhas,
2 sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.
2 os filhos de Deus viram que essas mulheres eram muito bonitas. Então escolheram as que eles quiseram e casaram com elas.
3 Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar.
3 Aí o Senhor Deus disse: — Não deixarei que os seres humanos vivam para sempre, pois são mortais. De agora em diante eles não viverão mais do que cento e vinte anos.
4 In die dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en die vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.
4 Havia gigantes na terra naquele tempo e também depois, quando os filhos de Deus tiveram relações com as filhas dos homens e estas lhes deram filhos. Esses gigantes foram os heróis dos tempos antigos, homens famosos.
5 Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,
5 Quando o Senhor viu que as pessoas eram muito más e que sempre estavam pensando em fazer coisas erradas,
6 het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.
6 ficou muito triste por haver feito os seres humanos. O Senhor ficou tão triste e com o coração tão pesado,
7 En die HERE sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.
7 que disse: — Vou fazer desaparecer da terra essa gente, que criei, e também todos os animais, os seres que se arrastam pelo chão e as aves, pois estou muito triste porque os criei.
8 Maar Noag het genade gevind in die oë van die HERE.
8 Mas o Senhor Deus aprovava o que Noé fazia.
9 Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was 'n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.
9 — ausente —
10 En Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en Jafet.
10 — ausente —
11 Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld.
11 Para Deus todas as outras pessoas eram más, e havia violência por toda parte.
12 Toe sien God die aarde aan, en -- dit was verdorwe, want alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe.
12 Deus olhou para o mundo e viu que estava cheio de pecado, pois todas as pessoas só faziam coisas más.
13 En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.
13 Deus disse a Noé: — Resolvi acabar com todos os seres humanos. Eu os destruirei completamente e destruirei também a terra, pois está cheia de violência.
14 Maak vir jou 'n ark van goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met pik bestryk.
14 Pegue madeira boa e construa para você uma grande barca. Faça divisões nela e tape todos os buracos com piche, por dentro e por fora.
15 So moet jy dit maak: drie honderd el die lengte van die ark, vyftig el sy breedte en dertig el sy hoogte.
15 As medidas serão as seguintes: cento e trinta e três metros de comprimento por vinte e dois de largura por treze de altura.
16 'n Opening moet jy aan die ark maak; en op die maat van 'n el moet jy dit aan die bokant afwerk en die deur van die ark aan die sykant insit. Jy moet dit met 'n onderste, tweede en derde verdieping maak.
16 Faça uma cobertura para a barca e deixe um espaço de meio metro entre os lados e a cobertura. Construa três andares na barca e ponha uma porta num dos lados.
17 Want kyk, k bring 'n watervloed oor die aarde, om van onder die hemel te verdelg alle vlees waar 'n lewensgees in is. Alles wat op die aarde is, sal wegsterwe.
17 Vou mandar um dilúvio para cobrir a terra, a fim de destruir tudo o que tem vida; tudo o que há na terra morrerá.
18 Maar met jou sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou.
18 Mas com você eu vou fazer uma aliança . Portanto, entre na barca e leve com você a sua mulher, os seus filhos e as suas noras. Também leve para dentro da barca um macho e uma fêmea de todas as espécies de aves, de todas as espécies de animais e de todas as espécies de seres que se arrastam pelo chão, a fim de conservá-los vivos.
19 En van al wat lewe, van alle vlees, moet jy twee van elke soort in die ark laat ingaan om dit saam met jou in die lewe te hou: mannetjie en wyfie moet hulle wees.
19 — ausente —
20 Van die voëls volgens hulle soorte en van die vee volgens hulle soorte, van al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte, twee van elke soort, moet na jou kom om in die lewe te bly.
20 — ausente —
21 En jy, neem vir jou van al die voedsel wat geëet word, en versamel dit by jou, dat dit vir jou en hulle as voedsel kan dien.
21 Ajunte e leve todo tipo de comida para que você e os animais tenham o que comer.
22 En Noag het dit gedoen. Net soos God hom beveel het, so het hy gedoen.
22 E Noé fez tudo conforme Deus havia mandado.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Gênesis 6, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.