Gênesis 26

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC

Sair da comparação
VC Versão Católica
1 En daar was hongersnood in die land, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na Abim,leg, die koning van die Filistyne, na Gerar.
1 Sobreveio uma fome à região {além da primeira fome que houve no tempo de Abraão}, e Isaac foi ter com Abimelec, rei dos filisteus em Gerara.
2 En die HERE het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys.
2 O Senhor apareceu-lhe e disse-lhe: "Não desças ao Egito; fica na terra que eu te indico.
3 Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het.
3 Habita nela; eu estou contigo e te abençoarei, porque é a ti e à tua posteridade que darei toda esta terra, e cumprirei o juramento que fiz ao teu pai Abraão.
4 En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseënword;
4 Multiplicarei tua posteridade como as estrelas do céu, dar-lhe-ei todas estas regiões, e nela serão benditas todas as nações da terra,
5 omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.
5 porque Abraão obedeceu à minha voz e observou os meus preceitos, meus mandamentos e minhas leis."
6 So het Isak dan in Gerar gebly.
6 Isaac ficou, pois, em Gerara.
7 En toe die manne van die plek hom na sy vrou vra, antwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou -- anders sal die manne van die plek, so het hy gedink, my miskien doodmaak ter wille van Rebekka; want sy was mooi van aansien.
7 Quando os habitantes da região o interrogavam a respeito de sua mulher, ele dizia-lhes que era sua irmã, pois respondendo "É minha mulher", temia que os homens daquele lugar o matassem por causa de Rebeca, que era muito bela.
8 En toe hy al 'n lang tyd daar was, kyk Abim,leg, die koning van die Filistyne, deur die venster uit en sien hoe Isak speel met Rebekka, sy vrou.
8 E, como sua estada ali se prolongasse, aconteceu que um dia, olhando Abimelec pela janela, viu Isaac que acariciava Rebeca, sua mulher.
9 En Abim,leg het Isak geroep en gesê: Kyk, sy is dan tog jou vrou! Hoe kon jy dan verklaar: Sy is my suster? En Isak antwoord hom: Ja, ek het gedink ek kan miskien om haar ontwil my lewe verloor!
9 Mandou chamá-lo e disse-lhe: "É evidente que é tua mulher! E como dizias tu que era tua irmã." "Porque, respondeu Isaac, eu temia que me matassem por causa dela."
10 En Abim,leg sê: Wat het jy ons nou aangedoen? Hoe maklik kon een van die mense met jou vrou gemeenskap gehad en jy 'n skuld oor ons gebring het!
10 Abimelec replicou: "Que nos fizeste? Um pouco mais e alguém do povo teria abusado de tua mulher, e terias atraído o pecado sobre nós!"
11 Daarop gee Abim,leg bevel aan die hele volk en sê: Wie hierdie man of sy vrou aanraak, sal sekerlik gedood word.
11 Então Abimelec mandou publicar diante de todo o povo que seria morto quem quer que tocasse naquele homem ou em sua mulher.
12 Isak het toe in die land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die HERE het hom geseën.
12 Isaac semeou naquela terra, e colheu o cêntuplo naquele mesmo ano; o Senhor o abençoava.
13 En die man het groot geword en altyddeur groter geword totdat hy baie groot was:
13 E este homem cresceu, e seus bens foram aumentando cada vez mais; tornou-se extremamente rico.
14 hy het troppe kleinvee en beeste gehad en baie bediendes, sodat die Filistyne hom beny het.
14 Possuía rebanhos de ovelhas e de bois e numerosos escravos. E os filisteus o invejavam.
15 En al die putte wat die dienaars van sy vader in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, die het die Filistyne toegestop en met grond opgevul.
15 Por isso, entupiram todos os poços que tinham cavado os escravos de seu pai Abraão, quando este ainda vivia.
16 Toe sê Abim,leg vir Isak: Trek weg van ons, want jy het vir ons veels te magtig geword.
16 Abimelec disse-lhe: "Aparta-te de nós, pois te tornaste muito mais poderoso do que nós."
17 Daarop het Isak vandaar weggetrek en laer opgeslaan in die dal by Gerar en daar bly woon.
17 Partiu Isaac e, tendo levantado o seu acampamento no vale de Gerara, habitou aí.
18 En Isak het die putte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, en wat die Filistyne n die dood van Abraham toegestop het, en dit genoem na die name wat sy vader daaraan gegee het.
18 Abriu de novo os poços cavados outrora, no tempo de seu pai Abraão, que os filisteus tinham entupido depois de sua morte, e deu-lhes os mesmos nomes que o seu pai lhes tinha dado.
19 En terwyl die dienaars van Isak in die dal grawe, vind hulle daar 'n put met lewendige water.
19 Seus servos cavaram outro poço no vale, e encontraram ali uma fonte de água viva.
20 En die herders van Gerar het getwis met die herders van Isak en gesê: Dit is ons water. Daarom het hy die put Esek genoem, omdat hulle met hom onenigheid gehad het.
20 Mas os pastores de Gerara começaram a disputar com os pastores de Isaac: "Esta água é nossa", diziam eles. Isaac chamou então a esse poço Esec, porque lho tinham contestado.
21 Daarop grawe hulle 'n ander put, en daaroor het hulle ook getwis. Daarom het hy dit Sitna genoem.
21 Abriram seus pastores um segundo poço, mas surgiu uma outra disputa, e por isso pôs-lhe o nome de Sitna.
22 Toe het hy vandaar versit en 'n ander put gegrawe, en daaroor is nie getwis nie. Daarom het hy dit R,hobot genoem en gesê: Ja, nou het die HERE vir ons ruimte gemaak en kan ons vrugbaar wees in die land.
22 Partindo em seguida dali, abriu outro poço, sobre o qual não houve mais discussão, e pôs-lhe o nome de Rehobot, "porque agora, disse ele, o Senhor nos pôs ao largo, e prosperaremos na terra."
23 Daarna het hy vandaar opgetrek na Bers,ba.
23 Dali, Isaac subiu a Bersabéia.
24 En die HERE het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg.
24 Naquela mesma noite, o Senhor apareceu-lhe e disse-lhe: "Eu sou o Deus de Abraão, teu pai. Nada temas, estou contigo. Eu te abençoarei e multiplicarei tua descendência por causa de Abraão, meu servo."
25 Toe bou hy daar 'n altaar, en hy het die Naam van die HERE aangeroep en daar sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het daar 'n put gegrawe.
25 Isaac construiu um altar nesse lugar e invocou o nome do Senhor. Levantou depois ali sua tenda e seus escravos cavaram um poço.
26 Daarop kom Abim,leg na hom van Gerar af, saam met Ahussat, sy vriend, en Pigol, sy leërowerste.
26 Abimelec veio de Gerara procurá-lo, com Ocozat, seu amigo, e Ficol, general do seu exército.
27 En Isak het hulle gevra: Waarom het julle na my gekom terwyl julle my haat en my van julle af weggestuur het?
27 Isaac disse: "Por que me procurais, já que me detestais e me expulsastes do meio de vós?"
28 Toe antwoord hulle: Ons het duidelik gesien dat die HERE met jou is. Daarom het ons gedink: Laat daar tog 'n eed tussen ons wees, tussen ons en jou; en laat ons 'n verbond met jou sluit:
28 Eles responderam: "Nós vimos que o Senhor está contigo, e pensamos conosco: Haja um juramento entre nós e ti. Queremos, pois, fazer aliança contigo.
29 jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou eenmaal die geseënde van die HERE.
29 Jura que não nos farás nenhum mal, assim como também nós não tocamos em nada do que é teu e só te temos feito bem, deixando-te partir em paz. Agora, tu és o bendito do Senhor."
30 Toe berei hy vir hulle 'n maaltyd, en hulle het geëet en gedrink.
30 Isaac preparou-lhes um banquete, e eles comeram e beberam.
31 En hulle is die môre vroeg op en het vir mekaar 'n eed gesweer. Daarop het Isak hulle laat gaan, en hulle het in vrede van hom af weggetrek.
31 No dia seguinte pela manhã, fizeram mutuamente os seus juramentos; Isaac despediu-os em seguida, e eles afastaram-se dele em paz.
32 Dieselfde dag kom toe die dienaars van Isak en vertel hom van die put wat hulle gegrawe het, en sê vir hom: Ons het water gekry.
32 Nesse mesmo dia, os escravos de Isaac vieram dar-lhe notícias do poço que estavam cavando: "Encontramos água", disseram eles.
33 En hy het dit Seba genoem. Daarom is die naam van die stad Bers,ba tot vandag toe.
33 Ele pôs a esse poço o nome de Sibea. De onde vem o nome de Bersabéia, nome que a cidade conserva até o dia de hoje.
34 Toe Esau veertig jaar oud was, het hy Judit, die dogter van Beëri, die Hetiet, vir hom as vrou geneem, en Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet.
34 Esaú, com a idade de quarenta anos, tomou por mulheres Judite, filha de Beeri, o hiteu, e Basemat, filha de Elon, o hiteu.
35 En hulle was vir Isak en Rebekka 'n bitter verdriet.
35 Elas foram um motivo de desgosto para Isaac e Rebeca.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Gênesis 26, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.