Gênesis 21
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARA
1 En die HERE het Sara besoek soos Hy beloof het; en die HERE het aan Sara gedoen soos Hy gespreek het:
1 Visitou o Senhor a Sara, como lhe dissera, e o Senhor cumpriu o que lhe havia prometido.
2 Sara het bevrug geword en vir Abraham in sy ouderdom 'n seun gebaar op die bepaalde tyd wat God genoem het.
2 Sara concebeu e deu à luz um filho a Abraão na sua velhice, no tempo determinado, de que Deus lhe falara.
3 En Abraham het sy seun wat vir hom gebore is, wat Sara vir hom gebaar het, Isak genoem.
3 Ao filho que lhe nasceu, que Sara lhe dera à luz, pôs Abraão o nome de Isaque.
4 En Abraham het sy seun Isak besny toe hy agt dae oud was, soos God hom beveel het.
4 Abraão circuncidou a seu filho Isaque, quando este era de oito dias, segundo Deus lhe havia ordenado.
5 En Abraham was honderd jaar oud toe sy seun Isak vir hom gebore is.
5 Tinha Abraão cem anos, quando lhe nasceu Isaque, seu filho.
6 En Sara het gesê: 'n Gelag het God my berei: elkeen wat dit hoor, sal oor my lag.
6 E disse Sara: Deus me deu motivo de riso; e todo aquele que ouvir isso vai rir-se juntamente comigo.
7 Verder sê sy: Wie kon ooit aan Abraham voorspel het: Sara soog kinders? Want ek het 'n seun gebaar in sy ouderdom.
7 E acrescentou: Quem teria dito a Abraão que Sara amamentaria um filho? Pois na sua velhice lhe dei um filho.
8 En die kind het opgegroei en is gespeen. En Abraham het 'n groot maaltyd berei op die dag toe Isak gespeen is.
8 Isaque cresceu e foi desmamado. Nesse dia em que o menino foi desmamado, deu Abraão um grande banquete.
9 Toe sien Sara hoe die seun van Hagar, die Egiptiese slavin, wat sy vir Abraham gebaar het, spot;
9 Vendo Sara que o filho de Agar, a egípcia, o qual ela dera à luz a Abraão, caçoava de Isaque,
10 en sy sê aan Abraham: Jaag hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Isak erwe nie.
10 disse a Abraão: Rejeita essa escrava e seu filho; porque o filho dessa escrava não será herdeiro com Isaque, meu filho.
11 En die woord was baie verkeerd in die oë van Abraham vanweë sy seun.
11 Pareceu isso mui penoso aos olhos de Abraão, por causa de seu filho.
12 Maar God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou 'n nageslag genoem word.
12 Disse, porém, Deus a Abraão: Não te pareça isso mal por causa do moço e por causa da tua serva; atende a Sara em tudo o que ela te disser; porque por Isaque será chamada a tua descendência.
13 Maar Ek sal ook die seun van die slavin tot 'n nasie maak, omdat hy jou kind is.
13 Mas também do filho da serva farei uma grande nação, por ser ele teu descendente.
14 Toe is Abraham die môre vroeg op, en hy het brood en 'n sak met water geneem en dit aan Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, en ook die kind, en haar weggestuur. Sy het toe weggegaan en rondgedwaal in die woestyn van Bers,ba.
14 Levantou-se, pois, Abraão de madrugada, tomou pão e um odre de água, pô-los às costas de Agar, deu-lhe o menino e a despediu. Ela saiu, andando errante pelo deserto de Berseba.
15 En toe die water in die sak op was, het sy die kind onder een van die bosse neergewerp
15 Tendo-se acabado a água do odre, colocou ela o menino debaixo de um dos arbustos
16 en geloop en op 'n afstand gaan sit so ver as 'n boog kan skiet; want sy het gesê: Ek wil die dood van die kind nie aansien nie. En sy het op 'n afstand gaan sit en haar stem verhef en geween.
16 e, afastando-se, foi sentar-se defronte, à distância de um tiro de arco; porque dizia: Assim, não verei morrer o menino; e, sentando-se em frente dele, levantou a voz e chorou.
17 Toe hoor God die stem van die seun, en die Engel van God het na Hagar geroep uit die hemel en haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie bevrees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is.
17 Deus, porém, ouviu a voz do menino; e o Anjo de Deus chamou do céu a Agar e lhe disse: Que tens, Agar? Não temas, porque Deus ouviu a voz do menino, daí onde está.
18 Staan op, tel die seun op en hou hom vas met jou hand, want Ek sal hom 'n groot nasie maak.
18 Ergue-te, levanta o rapaz, segura-o pela mão, porque eu farei dele um grande povo.
19 Daarop het God haar oë geopen, en sy sien 'n put! En sy het geloop en die sak vol water gemaak en die seun laat drink.
19 Abrindo-lhe Deus os olhos, viu ela um poço de água, e, indo a ele, encheu de água o odre, e deu de beber ao rapaz.
20 En God was met die seun; en hy het opgegroei en in die woestyn gewoon en 'n boogskutter geword:
20 Deus estava com o rapaz, que cresceu, habitou no deserto e se tornou flecheiro;
21 hy het in die woestyn Paran gewoon; en sy moeder het vir hom 'n vrou uit Egipteland geneem.
21 habitou no deserto de Parã, e sua mãe o casou com uma mulher da terra do Egito.
22 In die tyd het Abim,leg en Pigol, sy leërowerste, met Abraham gespreek en gesê: God is met jou in alles wat jy doen.
22 Por esse tempo, Abimeleque e Ficol, comandante do seu exército, disseram a Abraão: Deus é contigo em tudo o que fazes;
23 Sweer dan nou vir my hier by God dat jy met my en my kroos en my nageslag nie vals sal handel nie; dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die land waarin jy as vreemdeling vertoef.
23 agora, pois, jura-me aqui por Deus que me não mentirás, nem a meu filho, nem a meu neto; e sim que usarás comigo e com a terra em que tens habitado daquela mesma bondade com que eu te tratei.
24 En Abraham antwoord: Ek sweer.
24 Respondeu Abraão: Juro.
25 Maar Abraham het Abim,leg aangespreek oor 'n put wat die dienaars van Abim,leg met geweld geneem het.
25 Nada obstante, Abraão repreendeu a Abimeleque por causa de um poço de água que os servos deste lhe haviam tomado à força.
26 Daarop antwoord Abim,leg: Ek weet nie wie dit gedoen het nie, en jy het my dit ook nie meegedeel nie, en ek het daar ook niks van gehoor nie as net vandag.
26 Respondeu-lhe Abimeleque: Não sei quem terá feito isso; também nada me fizeste saber, nem tampouco ouvi falar disso, senão hoje.
27 Toe neem Abraham kleinvee en beeste en gee dit aan Abim,leg; en hulle twee het 'n verbond gesluit;
27 Tomou Abraão ovelhas e bois e deu-os a Abimeleque; e fizeram ambos uma aliança.
28 Abraham het naamlik die sewe ooilammers van die kleinvee eenkant uitgekeer.
28 Pôs Abraão à parte sete cordeiras do rebanho.
29 Toe sê Abim,leg vir Abraham: Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy uitgekeer het?
29 Perguntou Abimeleque a Abraão: Que significam as sete cordeiras que puseste à parte?
30 En hy antwoord: Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanneem, sodat dit vir my 'n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het.
30 Respondeu Abraão: Receberás de minhas mãos as sete cordeiras, para que me sirvam de testemunho de que eu cavei este poço.
31 Daarom noem hulle die plek Bers,ba, omdat hulle twee daar gesweer het.
31 Por isso, se chamou aquele lugar Berseba, porque ali juraram eles ambos.
32 So het hulle dan 'n verbond gesluit in Bers,ba. Daarna het Abim,leg en Pigol, sy leërowerste, klaargemaak en na die land van die Filistyne teruggegaan.
32 Assim, fizeram aliança em Berseba; levantaram-se Abimeleque e Ficol, comandante do seu exército, e voltaram para as terras dos filisteus.
33 En hy het 'n tamarisk in Bers,ba geplant en daar die Naam van die HERE, die ewige God, aangeroep.
33 Plantou Abraão tamargueiras em Berseba e invocou ali o nome do Senhor , Deus Eterno.
34 En Abraham het baie dae as vreemdeling in die land van die Filistyne vertoef.
34 E foi Abraão, por muito tempo, morador na terra dos filisteus.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Gênesis 21, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.