Gênesis 16

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC

Sair da comparação
VC Versão Católica
1 Maar Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen kinders gebaar nie; en sy het 'n Egiptiese slavin gehad met die naam van Hagar.
1 Sarai, mulher de Abrão, não lhe tinha dado filho; mas, possuindo uma escrava egípcia, chamada Agar,
2 En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, die HERE het my nie toegelaat om moeder te word nie. Gaan tog in by my slavin; miskien sal ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister.
2 disse a Abrão: "Eis que o Senhor me fez estéril; rogo-te que tomes a minha escrava, para ver se, ao menos por ela, eu posso ter filhos." Abrão aceitou a proposta de Sarai.
3 Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die Egiptiese, haar slavin -- nadat Abram tien jaar in die land Kana„n gewoon het -- en gee haar aan haar man Abram om sy vrou te wees.
3 Sarai tomou, pois, sua escrava, Agar, a egípcia, passado dez anos que Abrão habitava a terra de Canaã, e deu-a por mulher a Abrão, seu marido.
4 En hy het by Hagar ingegaan, en sy het swanger geword. Maar toe sy sien dat sy swanger was, het haar meesteres veragtelik in haar oë geword.
4 Este aproximou-se de Agar e ela concebeu. Agar, vendo que tinha concebido, começou a desprezar a sua senhora.
5 En Sarai sê vir Abram: Die onreg my aangedoen, is op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar oë geword. Laat die HERE oordeel tussen my en jou.
5 Então Sarai disse a Abrão: "Caia sobre ti o ultraje que me é feito! Dei-te minha escrava, e ela, desde que concebeu, olha-me com desprezo. O Senhor seja juiz entre mim e ti!"
6 En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin in jou hand -- doen met haar soos dit goed is in jou oë. Toe het Sarai haar sleg behandel, en sy het van haar af weggevlug.
6 Abrão respondeu-lhe: "Tua escrava está em teu poder, faze dela o que quiseres." E Sarai maltratou-a de tal forma que ela teve de fugir.
7 En die Engel van die HERE het haar by 'n fontein in die woestyn gevind, by die fontein op pad na Sur,
7 O anjo do Senhor, encontrando-a no deserto junto de uma fonte que está no caminho de Sur,
8 en gevra: Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan, en waar gaan jy heen? En sy antwoord: Ek vlug van my meesteres Sarai af weg.
8 disse-lhe: "Agar, escrava de Sarai, donde vens? E para onde vais?" "Eu fujo de Sarai, minha senhora", respondeu ela.
9 Toe sê die Engel van die HERE vir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande.
9 "Volta para a tua senhora, tornou o anjo do Senhor, e humilha-te diante dela."
10 Verder sê die Engel van die HERE vir haar: Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.
10 E ajuntou: "Multiplicarei tua posteridade de tal forma, e será tão numerosa, que não se poderá contar."
11 Ook sê die Engel van die HERE vir haar: Kyk, jy is swanger en sal 'n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die HERE het jou in jou ellende verhoor.
11 Disse ainda mais: "Estás grávida, e vais dar à luz um filho: dar-te-ás o nome de Ismael, porque o Senhor te ouviu na tua aflição.
12 En hy sal 'n wilde-esel van 'n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon.
12 Este menino será como um jumento bravo: sua mão se levantará contra todos e a mão de todos contra ele, e levantará sua tenda defronte de todos os seus irmãos."
13 Toe noem sy die Naam van die HERE wat met haar gespreek het: U is 'n God wat sien. Want sy het gesê: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien?
13 Agar deu ao Senhor, que lhe tinha falado, o nome: Vós sois El-roí, "porque, dizia ela, não vi eu aqui mesmo o Deus que me via?"
14 Daarom noem hulle die put: Put van Lagai-Ro‹. Dit lê daar tussen Kades en Bered.
14 E por isso deu-se àquele poço o nome de poço Lahai-roí; ele se encontra entre Cadés e Barad.
15 En Hagar het vir Abram 'n seun gebaar; en Abram het sy seun wat Hagar gebaar het, Ismael genoem.
15 Agar deu à luz um filho a Abrão, o qual lhe pôs o nome de Ismael.
16 En Abram was ses en tagtig jaar oud toe Hagar Ismael vir Abram gebaar het.
16 Abrão tinha a idade de oitenta e seis anos quando Agar lhe deu à luz Ismael.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Gênesis 16, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.