Gênesis 13

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARIB

Sair da comparação
ARIB Almeida Revisada Imprensa Bíblica
1 So het Abram dan uit Egipte na die Suidland opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, en Lot saam met hom.
1 Subiu, pois, Abrão do Egito para o Negebe, levando sua mulher e tudo o que tinha, e Ló o acompanhava.
2 En Abram was baie ryk aan vee, aan silwer en goud.
2 Abrão era muito rico em gado, em prata e em ouro.
3 En hy het van plek tot plek uit die Suidland getrek tot by Bet-el, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen Bet-el en Ai,
3 Nas suas jornadas subiu do Negebe para Betel, até o lugar onde outrora estivera a sua tenda, entre Betel e Ai,
4 na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar die Naam van die HERE aangeroep.
4 até o lugar do altar, que dantes ali fizera; e ali invocou Abrão o nome do Senhor.
5 En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook kleinvee en beeste en tente gehad.
5 E também Ló, que ia com Abrão, tinha rebanhos, gado e tendas.
6 En die land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie.
6 Ora, a terra não podia sustentá-los, para eles habitarem juntos; porque os seus bens eram muitos; de modo que não podiam habitar juntos.
7 En daar het twis ontstaan tussen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot. Ook het die Kana„niete en Feresiete destyds in die land gewoon.
7 Pelo que houve contenda entre os pastores do gado de Abrão, e os pastores do gado de Ló. E nesse tempo os cananeus e os perizeus habitavam na terra.
8 Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers.
8 Disse, pois, Abrão a Ló: Ora, não haja contenda entre mim e ti, e entre os meus pastores e os teus pastores, porque somos irmãos.
9 Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.
9 Porventura não está toda a terra diante de ti? Rogo-te que te apartes de mim. Se tu escolheres a esquerda, irei para a direita; e se a direita escolheres, irei eu para a esquerda.
10 Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland.
10 Então Ló levantou os olhos, e viu toda a planície do Jordão, que era toda bem regada {antes de haver o Senhor destruído Sodoma e Gomorra}, e era como o jardim do Senhor, como a terra do Egito, até chegar a Zoar.
11 En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei.
11 E Ló escolheu para si toda a planície do Jordão, e partiu para o oriente; assim se apartaram um do outro.
12 Abram het bly woon in die land Kana„n, en Lot het gaan woon in die stede van die Jordaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.
12 Habitou Abrão na terra de Canaã, e Ló habitou nas cidades da planície, e foi armando as suas tendas até chegar a Sodoma.
13 En die manne van Sodom was sleg en groot sondaars voor die HERE.
13 Ora, os homens de Sodoma eram maus e grandes pecadores contra o Senhor.
14 En die HERE sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste;
14 E disse o Senhor a Abrão, depois que Ló se apartou dele: Levanta agora os olhos, e olha desde o lugar onde estás, para o norte, para o sul, para o oriente e para o oriente;
15 want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid.
15 porque toda esta terra que vês, te hei de dar a ti, e à tua descendência, para sempre.
16 En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.
16 E farei a tua descendência como o pó da terra; de maneira que se puder ser contado o pó da terra, então também poderá ser contada a tua descendência.
17 Maak jou klaar, trek die land deur in sy lengte en sy breedte, want Ek sal dit aan jou gee.
17 Levanta-te, percorre esta terra, no seu comprimento e na sua largura; porque a darei a ti.
18 Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir die HERE 'n altaar gebou.
18 Então mudou Abrão as suas tendas, e foi habitar junto dos carvalhos de Manre, em Hebrom; e ali edificou um altar ao Senhor.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Gênesis 13, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.