Gálatas 6
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC
1 Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.
1 Irmãos, se alguém for surpreendido numa falta, vós, que sois animados pelo Espírito, admoestai-o em espírito de mansidão. E tem cuidado de ti mesmo, para que não caias também em tentação!
2 Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.
2 Ajudai-vos uns aos outros a carregar os vossos fardos, e deste modo cumprireis a lei de Cristo.
3 Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself.
3 Quem pensa ser alguma coisa, não sendo nada, engana-se a si mesmo.
4 Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel; en dan sal hy grond vir roem hê alleen wat homself betref en nie wat die ander betref nie.
4 Cada um examine o seu procedimento. Então poderá gloriar-se do que lhe pertence e não do que pertence a outro.
5 Want elkeen sal sy eie pak dra.
5 Pois cada um deve carregar o seu próprio fardo.
6 Maar laat hom wat in die Woord onderwys ontvang, meedeel van alle goeie dinge aan hom wat onderwys gee.
6 Aquele que recebe a catequese da palavra, reparta de todos os seus bens com aquele que o instrui.
7 Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
7 Não vos enganeis: de Deus não se zomba. O que o homem semeia, isso mesmo colherá.
8 Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
8 Quem semeia na carne, da carne colherá a corrupção; quem semeia no Espírito, do Espírito colherá a vida eterna.
9 En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.
9 Não nos cansemos de fazer o bem, porque a seu tempo colheremos, se não relaxarmos.
10 Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.
10 Por isso, enquanto temos tempo, façamos o bem a todos os homens, mas particularmente aos irmãos na fé.
11 Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe.
11 Vede com que tamanho de letras vos escrevo, de próprio punho!
12 Almal wat 'n mooi vertoning in die vlees wil maak, die dwing julle om julle te laat besny net om nie ter wille van die kruis van Christus vervolg te word nie.
12 Os que vos obrigam à circuncisão são homens que se querem impor, só para não serem perseguidos por causa da cruz de Cristo.
13 Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle in julle vlees kan roem.
13 Pois nem os próprios circuncisos observam a lei. E se fazem questão de que vos mandeis circuncidar, é para terem motivo de se gloriarem na vossa carne.
14 Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.
14 Quanto a mim, não pretendo, jamais, gloriar-me, a não ser na cruz de nosso Senhor Jesus Cristo, pela qual o mundo está crucificado para mim e eu para o mundo.
15 Want in Christus Jesus het n•g die besnydenis n•g die onbesnedenheid enige krag, maar 'n nuwe skepsel.
15 Porque a circuncisão e a incircuncisão de nada valem, mas sim a nova criatura.
16 En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!
16 A todos que seguirem esta regra, a paz e a misericórdia, assim como ao Israel de Deus.
17 Verder moet niemand my moeite aandoen nie, want ek dra die littekens van die Here Jesus in my liggaam.
17 De ora em diante ninguém me moleste, porque trago em meu corpo as marcas de Jesus.
18 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees, broeders! Amen.
18 A graça de nosso Senhor Jesus Cristo esteja com vosso espírito, irmãos. Amém.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Gálatas 6, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.