Gálatas 5

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARA

Sair da comparação
ARA Almeida Revista e Atualizada 1993
1 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.
1 Para a liberdade foi que Cristo nos libertou. Permanecei, pois, firmes e não vos submetais, de novo, a jugo de escravidão.
2 Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.
2 Eu, Paulo, vos digo que, se vos deixardes circuncidar, Cristo de nada vos aproveitará.
3 En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.
3 De novo, testifico a todo homem que se deixa circuncidar que está obrigado a guardar toda a lei.
4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.
4 De Cristo vos desligastes, vós que procurais justificar-vos na lei; da graça decaístes.
5 Want ons verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop.
5 Porque nós, pelo Espírito, aguardamos a esperança da justiça que provém da fé.
6 Want in Christus Jesus het n•g die besnydenis n•g die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.
6 Porque, em Cristo Jesus, nem a circuncisão, nem a incircuncisão têm valor algum, mas a fé que atua pelo amor.
7 Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees?
7 Vós corríeis bem; quem vos impediu de continuardes a obedecer à verdade?
8 Hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle roep nie.
8 Esta persuasão não vem daquele que vos chama.
9 'n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.
9 Um pouco de fermento leveda toda a massa.
10 Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.
10 Confio de vós, no Senhor, que não alimentareis nenhum outro sentimento; mas aquele que vos perturba, seja ele quem for, sofrerá a condenação.
11 Maar ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis vernietig!
11 Eu, porém, irmãos, se ainda prego a circuncisão, por que continuo sendo perseguido? Logo, está desfeito o escândalo da cruz.
12 Ag, as die wat julle opstandig maak, hulleself tog maar ook wou vermink!
12 Tomara até se mutilassem os que vos incitam à rebeldia.
13 Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.
13 Porque vós, irmãos, fostes chamados à liberdade; porém não useis da liberdade para dar ocasião à carne; sede, antes, servos uns dos outros, pelo amor.
14 Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
14 Porque toda a lei se cumpre em um só preceito, a saber: Amarás o teu próximo como a ti mesmo.
15 Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.
15 Se vós, porém, vos mordeis e devorais uns aos outros, vede que não sejais mutuamente destruídos.
16 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
16 Digo, porém: andai no Espírito e jamais satisfareis à concupiscência da carne.
17 want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
17 Porque a carne milita contra o Espírito, e o Espírito, contra a carne, porque são opostos entre si; para que não façais o que, porventura, seja do vosso querer.
18 Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.
18 Mas, se sois guiados pelo Espírito, não estais sob a lei.
19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
19 Ora, as obras da carne são conhecidas e são: prostituição, impureza, lascívia,
20 afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
20 idolatria, feitiçarias, inimizades, porfias, ciúmes, iras, discórdias, dissensões, facções,
21 afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.
21 invejas, bebedices, glutonarias e coisas semelhantes a estas, a respeito das quais eu vos declaro, como já, outrora, vos preveni, que não herdarão o reino de Deus os que tais coisas praticam.
22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
22 Mas o fruto do Espírito é: amor, alegria, paz, longanimidade, benignidade, bondade, fidelidade,
23 Teen sulke dinge is die wet nie.
23 mansidão, domínio próprio. Contra estas coisas não há lei.
24 Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.
24 E os que são de Cristo Jesus crucificaram a carne, com as suas paixões e concupiscências.
25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.
25 Se vivemos no Espírito, andemos também no Espírito.
26 Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.
26 Não nos deixemos possuir de vanglória, provocando uns aos outros, tendo inveja uns dos outros.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Gálatas 5, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.