Filipenses 4

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC

Sair da comparação
VC Versão Católica
1 Daarom, my geliefde broeders, na wie ek ook verlang, my blydskap en kroon, staan so vas in die Here, geliefdes.
1 Portanto, meus muito amados e saudosos irmãos, alegria e coroa minha, continuai assim firmes no Senhor, caríssimos.
2 Ek vermaan Euodia en ek vermaan S¡ntich, om eensgesind te wees in die Here.
2 Exorto a Evódia, exorto igualmente a Síntique que vivam em paz no Senhor.
3 En ek vra jou ook, opregte metgesel, wees hierdie vroue behulpsaam wat met my saam gestry het in die evangelie, ook saam met Clemens en my ander mede-arbeiders wie se name in die boek van die lewe is.
3 E a ti, fiel Sínzigo, também rogo que as ajudes, pois que trabalharam comigo no Evangelho, com Clemente e com os demais colaboradores meus, cujos nomes estão inscritos no livro da vida.
4 Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
4 Alegrai-vos sempre no Senhor. Repito: alegrai-vos!
5 Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.
5 Seja conhecida de todos os homens a vossa bondade. O Senhor está próximo.
6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
6 Não vos inquieteis com nada! Em todas as circunstâncias apresentai a Deus as vossas preocupações, mediante a oração, as súplicas e a ação de graças.
7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
7 E a paz de Deus, que excede toda a inteligência, haverá de guardar vossos corações e vossos pensamentos, em Cristo Jesus.
8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is -- watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
8 Além disso, irmãos, tudo o que é verdadeiro, tudo o que é nobre, tudo o que é justo, tudo o que é puro, tudo o que é amável, tudo o que é de boa fama, tudo o que é virtuoso e louvável, eis o que deve ocupar vossos pensamentos.
9 En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
9 O que aprendestes, recebestes, ouvistes e observastes em mim, isto praticai, e o Deus da paz estará convosco.
10 Ek het my grootliks verbly in die Here dat julle nou eindelik weer opgeleef het om aan my belange te dink; waaraan julle ook gedink het, maar julle het die geleentheid nie gehad nie.
10 Fiquei imensamente contente, no Senhor, porque, finalmente, vi reflorescer o vosso interesse por mim. É verdade que sempre pensáveis nisso, mas vos faltava oportunidade de mostrá-lo.
11 Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.
11 Não é minha penúria que me faz falar. Aprendi a contentar-me com o que tenho.
12 Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.
12 Sei viver na penúria, e sei também viver na abundância. Estou acostumado a todas as vicissitudes: a ter fartura e a passar fome, a ter abundância e a padecer necessidade.
13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
13 Tudo posso naquele que me conforta.
14 Nogtans het julle goed gedoen toe julle deel gehad het in my verdrukking.
14 Contudo, fizestes bem em tomar parte na minha tribulação.
15 En julle, Filippense, weet ook dat in die begin van die evangelie, toe ek van Macedonië vertrek het, geen gemeente deel gehad het in my rekening van uitgawe en inkomste nie, behalwe julle alleen.
15 Vós que sois de Filipos, bem sabeis como, no início do meu ministério evangélico, quando parti da Macedônia, nenhuma comunidade abriu comigo contas de deve-haver, senão vós somente.
16 Want ook in Thessalon¡ka het julle vir my behoefte meer as een maal iets gestuur.
16 Já por duas vezes mandastes para Tessalônica o que me era necessário.
17 Nie dat ek die gawe soek nie, maar ek soek die vrug wat oorvloedig word op julle rekening.
17 Não é o donativo em si que eu procuro, e sim os lucros que vão aumentando a vosso crédito.
18 Maar ek het alles ontvang, en ek het oorvloed. Ek het dit volop noudat ek van Epafrod¡tus ontvang het wat deur julle gestuur is, 'n lieflike geur, 'n welgevallige offer, welbehaaglik by God.
18 Recebi tudo, e em abundância. Estou bem provido, depois que recebi de Epafrodito a vossa oferta: foi um suave perfume, um sacrifício que Deus aceita com agrado.
19 En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
19 Em recompensa, o meu Deus há de prover magnificamente a todas as vossas necessidades, segundo a sua glória, em Jesus Cristo.
20 Aan onse God en Vader die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
20 A Deus, nosso Pai, seja a glória, por toda a eternidade! Amém.
21 Groet elke heilige in Christus Jesus. Die broeders wat saam met my is, groet julle.
21 Saudai em Jesus Cristo todos os santos. Os irmãos que estão comigo vos saúdam.
22 Al die heiliges, en veral die wat aan die keiserlike huis behoort, groet julle.
22 Todos os santos vos saúdam, especialmente os da casa de César.
23 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.
23 A graça do Senhor Jesus Cristo esteja com o vosso espírito!

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Filipenses 4, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.