Filipenses 2

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 As daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is,
1 Se há, portanto, qualquer consolo em Cristo, se algum conforto de amor, se alguma comunhão no Espírito, se alguns entranháveis afetos e misericórdias,
2 maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin.
2 completai a minha alegria, para que sejais de semelhante pensamento, tendo o mesmo amor, sendo de um acordo, de uma mente.
3 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
3 Que nada seja feito por contenda ou por vanglória, mas com humildade na mente; cada um considere os outros melhores do que a si mesmo.
4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s'n.
4 Não atente cada um para suas próprias coisas, mas cada qual também para as coisas dos outros.
5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
5 Que haja em vós a mesma mente que houve também em Cristo Jesus:
6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,
6 Que, sendo em forma de Deus, não teve por usurpação ser igual a Deus.
7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;
7 Mas fez-se sem reputação, tomando sobre si a forma de um servo, fazendo-se semelhante aos homens.
8 en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
8 E, achado na forma de homem, humilhou-se a si mesmo, sendo obediente até a morte, e morte de cruz.
9 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is,
9 Pelo que também Deus o exaltou altamente e lhe deu um nome que está acima de todo nome,
10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,
10 para que ao nome de Jesus se dobre todo joelho das coisas nos céus, e coisas na terra, e coisas debaixo da terra,
11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
11 e para que toda língua confesse que Jesus Cristo é o Senhor, para glória de Deus o Pai.
12 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;
12 Por isso, meus amados, assim como sempre obedecestes, não só na minha presença, mas muito mais agora na minha ausência, trabalhe sua própria salvação com temor e tremor.
13 want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.
13 Porque Deus é o que opera em vós tanto o querer como o efetuar, segundo a sua boa vontade.
14 Doen alles sonder murmurering en teëspraak,
14 Fazei todas as coisas sem murmurações nem contendas.
15 sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van 'n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld,
15 Para que sejais inocentes e inofensivos, filhos de Deus, sem repreensão, no meio de uma nação corrupta e perversa, entre a qual resplandeceis como luzes no mundo.
16 deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot 'n roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie.
16 Retendo a palavra da vida, para que possa gloriar-me no dia de Cristo, de não ter corrido em vão, nem trabalhado em vão.
17 Maar al word ek as 'n drankoffer uitgegiet oor die offer en bediening van julle geloof, verbly ek my, ja, verbly ek my saam met julle almal;
17 E, ainda que seja oferecido sobre o sacrifício e serviço da vossa fé, me alegro e regozijo com todos vós.
18 en om dieselfde rede moet julle ook bly wees en julle saam met my verbly.
18 Por esta mesma causa vós também alegrai-vos e regozijai-vos ­comigo.
19 En ek hoop in die Here Jesus om Timothes gou na julle te stuur, sodat ek ook welgemoed kan wees as ek julle omstandighede te wete gekom het.
19 Mas confio no Senhor Jesus que em breve vos mandarei Timóteo, para que também eu esteja de bom ânimo, sabendo do vosso estado.
20 Want ek het niemand van dieselfde gesindheid wat julle belange opreg sal behartig nie;
20 Porque não há nenhum homem como ele, que sinceramente cuide do vosso estado.
21 want hulle soek almal hul eie belange, nie die van Christus Jesus nie.
21 Porque todos buscam o que é seu e não as coisas que são de ­Cristo ­Jesus.
22 Maar julle ken sy beproefdheid, dat hy, soos 'n kind teenoor sy vader, saam met my in die evangelie gedien het.
22 Mas também conheceis o caráter dele, e que, como filho ao pai, tem servido comigo no evangelho.
23 Ek hoop dan om hom dadelik te stuur, so gou as ek sien hoe dit met my sal gaan;
23 De modo que espero enviá-lo a vós logo, assim que eu descobrir o que irá acontecer comigo.
24 en ek vertrou in die Here dat ek self ook spoedig sal kom.
24 Mas confio no Senhor que também eu mesmo irei ter convosco em breve.
25 Maar ek het dit noodsaaklik geag om Epafrod¡tus, my broeder en medewerker en medestryder, julle afgevaardigde en bedienaar van my behoefte, na julle te stuur,
25 Contudo, julguei ser necessário mandar-vos Epafrodito, meu irmão e companheiro de trabalho, companheiro de lutas, e vosso mensageiro, para prover as minhas necessidades.
26 want hy het na julle almal verlang en was besorg, omdat julle gehoor het dat hy siek was.
26 Porquanto ansiava por todos vós, e estava muito angustiado, porque tínheis ouvido que ele estivera doente.
27 Want hy was ook siek tot by die dood; maar God was hom barmhartig, en nie hom alleen nie, maar ook my, dat ek nie droefheid op droefheid sou hê nie.
27 E, de fato, esteve doente e quase à morte, mas Deus teve misericórdia dele e não somente dele, mas também de mim, para que eu não tivesse tristeza sobre tristeza.
28 Ek het hom dus des te spoediger gestuur, sodat julle hom kan sien en julle weer verbly en ek minder bedroef kan wees.
28 Portanto, enviei-o a vós com mais cuidado, para que, vendo-o outra vez, vos regozijeis, e para que eu tenha menos tristeza.
29 Ontvang hom dan in die Here met alle blydskap en hou sulke manne in eer.
29 Recebei-o, pois, no Senhor, com toda a alegria, e tratai-o com grande estima;
30 Want ter wille van die werk van Christus het hy tot naby die dood gekom en sy lewe gewaag om aan te vul wat julle kortgekom het in die diensbetoning aan my.
30 porque, pela obra de Cristo, chegou até bem próximo da morte, não fazendo caso da sua vida, para suprir a falta do vosso serviço para comigo.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Filipenses 2, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.