Filipenses 1

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 Paulus en Timothes, diensknegte van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Fil¡ppi is, saam met die opsieners en diakens:
1 Paulo e Timóteo, servos de Jesus Cristo, a todos os santos em Cristo Jesus que estão em Filipos, com os bispos e diáconos:
2 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
2 Graça a vós e paz, da parte de Deus, nosso Pai, e da do Senhor Jesus Cristo.
3 Ek dank my God elke maal as ek aan julle dink --
3 Agradeço ao meu Deus todas as vezes que me lembro de vós.
4 en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap --
4 Sempre, em cada oração minha por vós, fazendo súplicas com alegria,
5 oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe,
5 pela vossa cooperação no evangelho desde o primeiro dia até agora.
6 omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;
6 Sendo confiante nisto mesmo, que aquele que começou a boa obra em vós a realizará até ao dia de Jesus Cristo.
7 soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is.
7 Como tenho por justo pensar isto de vós todos, porque vos tenho em meu coração; pois, tanto nas minhas prisões como na defesa e confirmação do evangelho, todos vós fostes participantes da minha graça.
8 Want God is my getuie hoe ek na julle almal verlang met die innige tederheid van Jesus Christus.
8 Porque Deus me é testemunha da grande saudade que tenho de todos vós, em entranhável afeição de Jesus Cristo.
9 En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring,
9 E isto eu oro: que o vosso amor aumente mais e mais em conhecimento e em todo o julgamento.
10 om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand 'n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus,
10 Para que aproveis as coisas excelentes, para que sejais sinceros e sem ofensa alguma até o dia de Cristo,
11 vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God.
11 sendo cheios de frutos da justiça, que são por Jesus Cristo, para glória e louvor de Deus.
12 En ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat wat my wedervaar het, eerder op bevordering van die evangelie uitgeloop het,
12 Mas quero que saibais, irmãos, que as coisas que me aconteceram contribuíram para maior proveito do evangelho.
13 sodat my boeie openbaar geword het in Christus onder die hele keiserlike lyfwag en by al die ander,
13 De maneira que as minhas prisões em Cristo se tornaram conhecidas em todo o palácio, e em todos os demais lugares.
14 en die meeste van die broeders wat in die Here deur my boeie vertroue gekry het, dit des te meer waag om die woord onbevrees te spreek.
14 E muitos dos irmãos no Senhor, adquirindo confiança com as minhas prisões, estão muito mais corajosos para falar a palavra, sem temor.
15 Sommige preek Christus wel ook uit afguns en twis, maar ander ook uit welwillendheid:
15 Alguns, de fato, até pregam a Cristo por inveja e contenda, e outros também de boa vontade.
16 die eerste verkondig Christus uit naywer, nie met suiwer bedoelinge nie, met die mening om aan my boeie verdrukking toe te voeg;
16 Uns pregam a Cristo por contenda, não sinceramente, julgando acrescentar aflição às minhas prisões.
17 maar die ander uit liefde, omdat hulle weet dat ek bestem is tot die verdediging van die evangelie.
17 Mas outros, por amor, sabendo que fui posto para defesa do evangelho.
18 Maar wat maak dit? In alle geval, op allerlei wyse, of dit onder 'n skyn of in waarheid is, word Christus verkondig; en hierin verbly ek my en sal ek my ook verbly.
18 Mas que importa? Não obstante, de todo modo, seja na pretensão, seja na verdade, Cristo seja pregado, e nisto me regozijo, sim, e me regozijarei.
19 Want ek weet dat dit deur julle gebed en die ondersteuning van die Gees van Jesus Christus my tot heil sal strek,
19 Porque sei que disto me resultará salvação, pela vossa oração e pelo socorro do Espírito de Jesus Cristo.
20 volgens my reikhalsende verwagting en hoop dat ek in niks beskaam sal word nie; maar dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is.
20 Segundo a minha intensa expectação e esperança, de que em nada serei envergonhado; antes, com toda a ousadia, Cristo será, tanto agora como sempre, engrandecido no meu corpo, seja pela vida, ou pela morte.
21 Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.
21 Porque para mim o viver é Cristo, e o morrer é lucro.
22 Maar as ek in die vlees moet lewe, dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en wat ek sal kies, weet ek nie.
22 Mas, se vivo na carne, isto é o fruto do meu trabalho; não sei, então, o que devo escolher.
23 Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste;
23 Mas de ambos os lados estou em aperto, tendo desejo de partir e estar com Cristo, o que é muito melhor.
24 maar om in die vlees te bly, is nodiger om julle ontwil.
24 Todavia, permanecer na carne é mais necessário a vós.
25 En dit vertrou en weet ek dat ek sal bly, ja, saam met julle almal sal bly tot julle bevordering en blydskap in die geloof,
25 E, tendo esta confiança, sei que permanecerei e continuarei com todos vós para proveito vosso e alegria da fé,
26 sodat julle roem oor my oorvloedig kan wees in Christus Jesus deur my teenwoordigheid weer by julle.
26 para que o vosso regozijo seja mais abundante por mim em Cristo Jesus, pela minha nova ida a vós.
27 Alleenlik, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie,
27 Que a vossa conversa seja digna, conforme o evangelho de Cristo, para que, quer vá e vos veja, quer esteja ausente, ouça acerca de vós que estais num mesmo espírito, com uma só mente, combatendo juntamente pela fé do evangelho.
28 en dat julle jul in geen opsig laat afskrik deur die teëstanders nie. Dit is vir hulle wel 'n bewys van verderf, maar vir julle van redding, en dit van God;
28 E em nada vos aterrorizeis pelos vossos adversários, o que para eles, na verdade, é indício de perdição, mas, para vós, de salvação, e isto de Deus.
29 omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly,
29 Porque a vós vos foi concedido, em relação a Cristo, não somente crer nele, mas também sofrer por ele.
30 terwyl julle dieselfde stryd het as wat julle in my gesien het en nou van my hoor.
30 Tendo o mesmo conflito que já tendes visto em mim e, agora, ouvis estar em mim.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Filipenses 1, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.