Ezequiel 5

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARA

Sair da comparação
ARA Almeida Revista e Atualizada 1993
1 En jy, mensekind, neem vir jou 'n skerp swaard; as skeermes moet jy dit vir jou neem, en laat dit gaan oor jou hoof en oor jou baard; daarna moet jy vir jou 'n weegskaal neem en die hare verdeel:
1 Tu, ó filho do homem, toma uma espada afiada; como navalha de barbeiro a tomarás e a farás passar pela tua cabeça e pela tua barba; tomarás uma balança de peso e repartirás os cabelos.
2 'n derde deel moet jy binne-in die stad met vuur verbrand as die dae van die beleëring verby is; dan moet jy 'n derde deel neem en met die swaard stukkend kap rondom die stad, en 'n derde deel moet jy in die wind strooi; en Ek sal 'n swaard agter hulle uittrek.
2 Uma terça parte queimarás, no meio da cidade, quando se cumprirem os dias do cerco; tomarás outra terça parte e a ferirás com uma espada ao redor da cidade; e a outra terça parte espalharás ao vento; desembainharei a espada atrás deles.
3 Jy moet ook 'n klein bietjie daarvan neem en dit in jou slippe bind;
3 Desta terça parte tomarás uns poucos e os atarás nas abas da tua veste.
4 en daarvan moet jy nog weer neem en dit binne-in die vuur gooi en dit met vuur verbrand; daar sal vuur van uitgaan in die hele huis van Israel.
4 Destes ainda tomarás alguns, e os lançarás no meio do fogo, e os queimarás; dali sairá um fogo contra toda a casa de Israel.
5 So sê die Here HERE: Dit is Jerusalem. Ek het dit onder die nasies gestel, en lande is daar rondomheen.
5 Assim diz o Senhor Deus: Esta é Jerusalém; pu-la no meio das nações e terras que estão ao redor dela.
6 Maar dit was wederstrewig teen my verordeninge, goddeloser as die nasies, en teen my insettinge meer as die lande daar rondomheen; want hulle het my verordeninge verwerp en in my insettinge nie gewandel nie.
6 Ela, porém, se rebelou contra os meus juízos, praticando o mal mais do que as nações e transgredindo os meus estatutos mais do que as terras que estão ao redor dela; porque rejeitaram os meus juízos e não andaram nos meus estatutos.
7 Daarom, so sê die Here HERE: Omdat julle opstandiger is as die nasies wat rondom julle is, in my insettinge nie gewandel en my verordeninge nie betrag het nie -- selfs na die verordeninge van die nasies wat rondom julle is, nie gehandel het nie;
7 Portanto, assim diz o Senhor Deus: Porque sois mais rebeldes do que as nações que estão ao vosso redor e não tendes andado nos meus estatutos, nem cumprido os meus juízos, nem procedido segundo os direitos das nações ao redor de vós,
8 daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, ja, Ek! En Ek sal strafgerigte in jou midde oefen, voor die oë van die nasies;
8 por isso, assim diz o Senhor Deus: Eis que eu, eu mesmo, estou contra ti; e executarei juízos no meio de ti, à vista das nações.
9 en om al jou gruwels ontwil sal Ek aan jou doen wat Ek nooit gedoen het nie, en wat Ek so nooit weer sal doen nie.
9 Farei contigo o que nunca fiz e o que jamais farei, por causa de todas as tuas abominações.
10 Daarom sal die vaders die kinders opeet in jou midde, en die kinders sal hulle vaders opeet; en Ek sal strafgerigte oefen in jou midde en sal al wat van jou oorbly, na al die windstreke verstrooi.
10 Portanto, os pais devorarão a seus filhos no meio de ti, e os filhos devorarão a seus pais; executarei em ti juízos e tudo o que restar de ti espalharei a todos os ventos.
11 Daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, omdat jy my heiligdom verontreinig het met al jou verfoeisels en met al jou gruwels, sal k My ook onttrek; my oog sal nie verskoon nie, en k sal ook nie spaar nie.
11 Portanto, tão certo como eu vivo, diz o Senhor Deus, pois que profanaste o meu santuário com todas as tuas coisas detestáveis e com todas as tuas abominações, eu retirarei, sem piedade, os olhos de ti e não te pouparei.
12 'n Derde deel van jou sal aan die pes sterwe en deur hongersnood in jou omkom; en 'n derde deel sal deur die swaard rondom jou val; en 'n derde deel sal Ek na al die windstreke verstrooi, en Ek sal 'n swaard agter hulle uittrek.
12 Uma terça parte de ti morrerá de peste e será consumida de fome no meio de ti; outra terça parte cairá à espada em redor de ti; e a outra terça parte espalharei a todos os ventos e desembainharei a espada atrás dela.
13 So sal dan my toorn uitwoed, en Ek sal my grimmigheid tot rus bring teen hulle en aan My voldoening verskaf; en hulle sal weet dat Ek, die HERE, in my ywer gespreek het as Ek my grimmigheid teen hulle laat uitwoed.
13 Assim, se cumprirá a minha ira, e satisfarei neles o meu furor e me consolarei; saberão que eu, o Senhor , falei no meu zelo, quando cumprir neles o meu furor.
14 En Ek sal jou 'n puinhoop en 'n voorwerp van smaad maak onder die nasies wat rondom jou is, voor die oë van almal wat verbygaan.
14 Pôr-te-ei em desolação e por objeto de opróbrio entre as nações que estão ao redor de ti, à vista de todos os que passarem.
15 En dit sal 'n voorwerp van smaad en skimp wees, 'n waarskuwing en 'n voorwerp van verbasing vir die nasies wat rondom jou is, as Ek strafgerigte in jou oefen in toorn en grimmigheid en in grimmige strawwe; Ek, die HERE, het dit gespreek.
15 Assim, serás objeto de opróbrio e ludíbrio, de escarmento e espanto às nações que estão ao redor de ti, quando eu executar em ti juízos com ira e indignação, em furiosos castigos. Eu, o Senhor , falei.
16 As Ek die verderflike pyle van hongersnood teen hulle uitstuur wat tot verwoesting is, wat Ek uitstuur om julle te vernietig, dan sal Ek die hongersnood oor julle vermeerder, en julle staf van die brood sal Ek verbreek.
16 Quando eu despedir as malignas flechas da fome contra eles, flechas destruidoras, que eu enviarei para vos destruir, então, aumentarei a fome sobre vós e vos tirarei o sustento de pão.
17 Ja, hongersnood en wilde diere wat jou kinderloos sal maak, sal Ek oor julle stuur; ook sal pes en bloedvergieting in jou rondgaan, en Ek sal 'n swaard oor jou bring. Ek, die HERE, het dit gespreek.
17 Enviarei sobre vós a fome e bestas-feras que te desfilharão; a peste e o sangue passarão por ti, e trarei a espada sobre ti. Eu, o Senhor , falei.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Ezequiel 5, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.