Ezequiel 32

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVT

Sair da comparação
NVT Nova Versão Transformadora
1 En in die twaalfde jaar, in die twaalfde maand, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
1 Em 3 de março, no décimo segundo ano do exílio do rei Joaquim, recebi esta mensagem do S enhor :
2 Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor Farao, die koning van Egipte, en sê vir hom: Jong leeu onder die volke, verlore is jy! En jy was soos 'n draak in die groot water, en jy het uitgebreek in jou strome en die waters geroer met jou pote en die strome daarvan troebel gemaak.
2 “Filho do homem, lamente pelo faraó, rei do Egito, e transmita-lhe esta mensagem: “Você se considera um leão forte entre as nações, mas na verdade é um monstro marinho que se contorce em seus rios e revolve a lama com os pés.
3 So sê die Here HERE: So sal Ek dan my net oor jou uitsprei deur 'n vergadering van baie volke, en hulle sal jou optrek in my vangnet.
3 Portanto, assim diz o S enhor Soberano: Enviarei muitos povos para apanhá-lo em minha rede e arrastá-lo para fora da água.
4 Dan sal Ek jou neerwerp op die land, jou wegslinger op die oop veld; en Ek sal al die voëls van die hemel op jou laat sit en die wilde diere van die hele aarde aan jou versadig.
4 Eu o deixarei jogado no chão; todas as aves do céu pousarão sobre você, e os animais selvagens de toda a terra o devorarão até se fartar.
5 En Ek sal jou vlees weggee op die berge en die dale vol maak met jou hoogheid.
5 Espalharei sua carne pelos montes e encherei os vales com seus ossos.
6 En Ek sal jou stroomland natmaak met jou bloed tot by die berge; en die klowe sal vol word van jou.
6 Encharcarei a terra com seu sangue; ele correrá até os montes e encherá os desfiladeiros até a borda.
7 En as Ek jou uitblus, sal Ek die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie.
7 Quando eu exterminá-lo, cobrirei os céus e escurecerei as estrelas. Taparei o sol com uma nuvem, e a lua não dará sua luz.
8 Al die skynende ligte aan die hemel, die sal Ek om jou ontwil duister maak, en Ek sal duisternis gee oor jou land, spreek die Here HERE.
8 Escurecerei as estrelas brilhantes lá no alto e cobrirei sua terra com trevas. Eu, o S
9 En Ek sal die hart van baie volke bekommerd maak as Ek jou verbreking onder die nasies uitbring, na lande wat jy nie geken het nie.
9 “Perturbarei o coração de muitos quando levar a notícia de sua destruição a nações distantes, que você não conheceu.
10 En Ek sal maak dat baie volke oor jou verstom staan en hulle konings sal oor jou gril van skrik as Ek my swaard voor hulle swaai; en hulle sal elke oomblik sidder, elkeen vir sy lewe, op die dag van jou val.
10 Sim, causarei espanto em muitas terras, e os reis ficarão aterrorizados ao saber de seu destino. Tremerão de medo quando eu agitar minha espada diante deles no dia de sua queda.
11 Want so sê die Here HERE: Die swaard van die koning van Babel sal oor jou kom.
11 Pois assim diz o S enhor Soberano: “A espada do rei da Babilônia virá contra você.
12 Ek sal jou menigte laat val deur swaarde van helde -- die geweldigste nasies, hulle almal; en hulle sal die prag van Egipte verwoes, en sy hele menigte sal verdelg word.
12 Exterminarei suas multidões com espadas de poderosos guerreiros, o terror das nações. Eles destruirão o orgulho do Egito, e todas as suas multidões serão vencidas.
13 En Ek sal al sy vee laat omkom by die groot waters; en geen mensevoet sal dit weer laat roer nie en geen dier se kloue dit troebel maak nie.
13 Acabarei com todos os seus rebanhos que pastam junto aos riachos. Nunca mais nem pessoas nem animais levantarão lama naquelas águas com seus pés.
14 Dan sal Ek hulle waters laat besink en hulle riviere laat vloei soos olie, spreek die Here HERE.
14 Então farei que as águas do Egito se acalmem, e elas fluirão suavemente, como azeite, diz o S
15 As Ek Egipteland 'n wildernis maak en die land woes lê, van sy volheid beroof, as Ek almal wat daarin woon, verslaan het, dan sal hulle weet dat Ek die HERE is.
15 Quando eu destruir o Egito, despojá-lo de todos os seus bens e abater todo o seu povo, vocês saberão que eu sou o S
16 'n Klaaglied is dit, en hulle moet dit sing; die dogters van die nasies moet dit sing; hulle moet dit sing oor Egipte en oor sy hele menigte, spreek die Here HERE.
16 Sim, este é o cântico fúnebre que entoarão para o Egito. Que as nações lamentem pelo Egito e por suas multidões. Eu, o S
17 En in die twaalfde jaar, op die vyftiende van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
17 Em 17 de março, no décimo segundo ano, recebi outra mensagem do S enhor :
18 Mensekind, weeklaag oor die menigte van Egipte, en laat hulle neerdaal hy met die dogters van geweldige nasies in die onderste plekke van die aarde, by die wat in die kuil neergedaal het.
18 “Filho do homem, lamente pelas multidões do Egito e pelas outras nações poderosas, pois eu as enviarei às profundezas da terra, junto com aqueles que descem à cova.
19 Bo wie is jy skoon? Daal af, en laat jou neerlê by die onbesnedenes.
19 Diga-lhes: ‘Ó Egito, acaso você é mais belo que as outras nações? Desça à cova e fique ali, entre os rejeitados!’.
20 Onder die wat deur die swaard verslaan is, sal hulle val; die swaard is aangegee; trek hom weg saam met sy hele menigte.
20 Os egípcios cairão, junto com os muitos que morreram à espada, pois a espada está empunhada contra eles. O Egito e suas multidões serão arrastados para seu julgamento.
21 Die magtigste helde sal hom, met sy helpers, toespreek uit die doderyk uit: Hulle het neergedaal, hulle lê daar -- die onbesnedenes, verslaan deur die swaard.
21 Lá embaixo, no lugar dos mortos, líderes poderosos receberão o Egito e seus aliados com zombaria, dizendo: ‘Eles desceram; estão entre os rejeitados, entre as multidões mortas à espada’.
22 Daar is Assur en sy hele menigte; hulle grafte is rondom hom; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard;
22 “A Assíria está ali, cercada pelas sepulturas de seu exército, aqueles que foram mortos à espada.
23 wie se grafte gemaak is in die uithoeke van die kuil, en sy menigte is rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat skrik versprei het in die land van die lewendes.
23 Suas sepulturas ficam no fundo da cova e estão cercadas por seus aliados. Causavam terror em toda parte, mas agora foram mortos à espada.
24 Daar is Elam en sy hele menigte rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat onbesnede neergedaal het in die onderste plekke van die aarde, wat skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes en nou hulle skande dra by die wat in die kuil neergedaal het.
24 “Elão está ali, cercado pelas sepulturas de todas as suas multidões, aqueles que foram mortos à espada. Causavam terror em toda parte, mas agora estão nas profundezas da terra, como rejeitados. Sim, estão na cova, envergonhados, junto com aqueles que foram antes deles.
25 Onder die wat verslaan is, het hulle vir hom 'n bed gemaak saam met sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat skrik voor hulle versprei is in die land van die lewendes; en nou dra hulle hul skande by die wat in die kuil neergedaal het. Onder die wat verslaan is, is hy neergelê.
25 Têm um lugar para deitar entre os mortos, cercados pelas sepulturas de todas as suas multidões. Em vida eles aterrorizavam nações, mas agora estão envergonhados, junto com outros na cova, todos eles rejeitados, mortos à espada.
26 Daar is Meseg-Tubal en sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat hulle skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes.
26 “Meseque e Tubal estão ali, cercados pelas sepulturas de todas as suas multidões. Causavam terror em toda parte, mas agora são rejeitados, todos mortos à espada.
27 Maar hulle lê nie by die helde wat geval het uit die onbesnedenes, wat na die doderyk neergedaal het saam met hulle oorlogswapens en wie se swaarde onder hulle hoofde gesit is nie; wie se ongeregtighede nogtans op hulle gebeente is, omdat die skrik vir die helde in die land van die lewendes was.
27 Não foram sepultados com honras, como seus heróis caídos, que desceram ao lugar dos mortos com suas armas, com seus escudos cobrindo o corpo e suas espadas debaixo da cabeça. Sua culpa está sobre eles, pois, em vida, aterrorizaram a todos.
28 Jy sal ook verbreek word onder die onbesnedenes, en jy sal lê by die wat deur die swaard verslaan is.
28 “Também você, Egito, ficará ali, esmagado entre os rejeitados, todos mortos à espada.
29 Daar is Edom, sy konings en al sy vorste, wat ondanks hulle dapperheid neergelê is by die wat verslaan is deur die swaard; hulle lê by die onbesnedenes en by die wat in die kuil neergedaal het.
29 “Edom está ali com seus reis e príncipes. Embora fossem poderosos, também estão entre os que foram mortos à espada, entre os rejeitados que desceram à cova.
30 Daar is die vorste van die Noorde, hulle almal, en al die Sidoniërs wat neergedaal het saam met die wat verslaan is, en beskaamd staan ondanks die skrik deur hulle verwek vanweë hulle dapperheid; en nou lê hulle onbesnede by die wat verslaan is deur die swaard, en dra hulle skande by die wat in die kuil neergedaal het.
30 “Todos os príncipes do norte e os sidônios estão ali, com os outros que morreram. Causavam terror com sua força, mas foram envergonhados. Estão ali como rejeitados, com outros que foram mortos à espada. Estão envergonhados, junto com aqueles que desceram à cova.
31 Farao sal hulle sien en hom troos oor sy hele menigte; deur die swaard verslaan is Farao en sy hele leër, spreek die Here HERE.
31 “Quando o faraó e todo o seu exército chegarem, ficarão consolados porque não foram os únicos que perderam suas multidões na batalha, diz o S enhor Soberano.
32 Want Ek het skrik vir hom versprei in die land van die lewendes; daarom sal hy neergelê word onder die onbesnedenes, by die wat verslaan is deur die swaard -- Farao en sy hele menigte, spreek die Here HERE.
32 Embora eu tenha feito esse terror vir sobre todos os vivos, o faraó e suas multidões ficarão ali entre os rejeitados que foram mortos à espada. Eu, o S enhor Soberano, falei!”.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Ezequiel 32, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.