Ezequiel 28
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NAA
1 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
1 A palavra do Senhor veio a mim, dizendo:
2 Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here HERE: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is 'n god, ek bewoon 'n godewoning in die hart van die seë -- terwyl jy tog 'n mens is en geen god nie -- en jou hart gemaak het soos die hart van 'n god;
2 — Filho do homem, diga ao governante de Tiro: Assim diz o “Visto que o seu coração se eleva e você diz: ‘Eu sou um deus; sobre a cadeira de um deus me assento no coração dos mares’, sendo você um simples homem, e não um deus, ainda que pense que o seu coração é como se fosse o coração de Deus —
3 kyk, jy is wyser as Daniël, alles wat verborge is, is vir jou nie te duister nie!
3 sim, você pensa que é mais sábio do que Daniel, que não há segredo algum que se possa esconder de você,
4 Deur jou wysheid en deur jou verstand het jy vir jou rykdom verkry, ja, jy het goud en silwer in jou skatkamers verwerf;
4 que pela sua sabedoria e pelo seu entendimento você alcançou o seu poder e encheu os seus tesouros de ouro e prata,
5 deur die grootheid van jou wysheid in jou koophandel het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom;
5 que pela sua grande habilidade para fazer negócios você aumentou as suas riquezas e, por causa delas, se eleva o seu coração.”
6 daarom, so sê die Here HERE: Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van 'n god,
6 Por isso, assim diz o Senhor Deus: “Visto que você pensa que o seu coração é como se fosse o coração de Deus,
7 daarom, kyk, Ek bring vreemdes oor jou, die geweldigste nasies, en hulle sal hul swaarde trek teen die skoonheid wat jou wysheid verwerf het, en jou glans ontheilig.
7 eis que trarei contra você os mais terríveis estrangeiros dentre as nações, os quais irão com a espada na mão contra a beleza da sua sabedoria e mancharão o seu resplendor.
8 In die kuil sal hulle jou laat neerdaal, en jy sal in die hart van die seë die bittere dood sterwe van een wat verslaan is.
8 Eles farão com que você desça à cova, e você sofrerá morte violenta no coração dos mares.
9 Sal jy werklik sê, in die aangesig van hom wat jou doodmaak: Ek is 'n god! -- terwyl jy tog 'n mens is in die hand van hulle wat jou deurboor, en geen god nie?
9 Será que você ainda vai dizer que é Deus, quando estiver diante daquele que o matará? Pois ficará claro que você é um simples homem, e não Deus, quando estiver nas mãos daqueles que o matarão.
10 Jy sal die dood van onbesnedenes sterwe, deur die hand van vreemdes; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE.
10 Você terá uma morte horrível, nas mãos de estrangeiros, porque eu falei”, diz o
11 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
11 A palavra do Senhor veio a mim, dizendo:
12 Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So spreek die Here HERE: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid.
12 — Filho do homem, faça uma lamentação sobre o rei de Tiro e diga-lhe: Assim diz o “Você era o modelo da perfeição, cheio de sabedoria e perfeito em formosura.
13 Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei.
13 Você estava no Éden, jardim de Deus, e se cobria de todas as pedras preciosas: sárdio, topázio, diamante, berilo, ônix, jaspe, safira, carbúnculo e esmeralda. Os seus engastes e ornamentos eram feitos de ouro e foram preparados no dia em que você foi criado.
14 Jy was 'n g,rub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op 'n heilige berg; 'n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes.
14 Você era um querubim da guarda, que foi ungido. Eu o estabeleci. Você permanecia no monte santo de Deus e andava no meio das pedras brilhantes.
15 Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is.
15 Você era perfeito nos seus caminhos, desde o dia em que foi criado até que se achou iniquidade em você.
16 Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o g,rub wat beskut!
16 Na multiplicação do seu comércio, você se encheu de violência e pecou. Por isso, ó querubim da guarda, eu o profanei e lancei fora do monte de Deus; eu o expulsei do meio das pedras brilhantes.
17 Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien.
17 Você ficou orgulhoso por causa da sua formosura; corrompeu a sua sabedoria por causa do seu resplendor. Por isso, eu o lancei por terra; eu o coloquei diante dos reis, para que o contemplem.
18 Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek 'n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.
18 Pela multidão das suas iniquidades, pela injustiça do seu comércio, você profanou os seus santuários. Por isso, fiz sair do meio de você um fogo, que o consumiu; eu o reduzi a cinzas sobre a terra, aos olhos de todos os que o contemplam.
19 Al jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het 'n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.
19 Todos os que o conhecem entre os povos se espantam por causa de você; você se tornou objeto de espanto e deixará de existir para sempre.”
20 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
20 A palavra do Senhor veio a mim, dizendo:
21 Mensekind, rig jou aangesig teen Sidon en profeteer teen hom
21 — Filho do homem, vire o seu rosto contra Sidom, profetize contra ela
22 en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Sidon, en Ek sal My verheerlik in jou midde; en hulle sal weet dat Ek die HERE is as Ek in hom strafgerigte voltrek en My in hom as die Heilige laat ken.
22 e diga: Assim diz o “Eis que eu estou contra você, ó Sidom, e serei glorificado no meio de você. Saberão que eu sou o quando nela executar juízos e nela me santificar.
23 En Ek sal die pes in hom stuur en bloed op sy strate, en die gewondes sal in hom val deur die swaard wat teen hom is van alle kante, en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
23 Pois enviarei contra ela a peste e o sangue nas suas ruas; os feridos cairão no meio dela, pela espada contra ela, por todos os lados. E saberão que eu sou o
24 En daar sal vir die huis van Israel geen steekdoring en smartlike distel meer wees onder almal wat rondom hulle is nie, wat hulle verag; en hulle sal weet dat Ek die Here HERE is.
24 — Para a casa de Israel já não haverá espinho que a pique, nem ferrão que cause dor, entre todos os vizinhos que a tratam com desprezo; e saberão que eu sou o Senhor Deus.
25 So sê die Here HERE: As Ek die huis van Israel versamel uit die volke onder wie hulle verstrooi is, en Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies, dan sal hulle in hul land woon wat Ek aan my kneg Jakob gegee het.
25 — Assim diz o Senhor Deus: Quando eu congregar a casa de Israel do meio dos povos por onde estão espalhados e eu me santificar entre eles, diante das nações, então habitarão na terra que dei ao meu servo Jacó.
26 En hulle sal daarin veilig woon en huise bou en wingerde plant; ja, hulle sal veilig woon as Ek strafgerigte voltrek teen almal wat hulle van alle kante verag; en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is.
26 Habitarão nela seguros, edificarão casas e plantarão vinhas. Habitarão seguros, quando eu executar juízos contra todos os que os tratam com desprezo ao redor deles; e saberão que eu sou o Senhor , o Deus de Israel.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Ezequiel 28, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.