Ezequiel 21

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs NVI

Sair da comparação
NVI Nova Versão Internacional
1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
1 Esta palavra do Senhor veio a mim:
2 Mensekind, rig jou aangesig teen Jerusalem en laat jou rede druppel teen die heiligdomme en profeteer teen die land van Israel;
2 "Filho do homem, vire o rosto contra Jerusalém e pregue contra o santuário. Profetize contra Israel,
3 en sê aan die land van Israel: So spreek die HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, en Ek sal my swaard uit sy skede trek en uit jou uitroei die regverdige en die goddelose.
3 dizendo-lhe: ‘Assim diz o Senhor: Estou contra você. Empunharei a minha espada para eliminar tanto o justo quanto o ímpio.
4 Omdat Ek uit jou uitroei die regverdige en die goddelose, daarom sal my swaard uit sy skede uitgaan teen alle vlees, van die suide tot die noorde.
4 Uma vez que eu vou eliminar o justo e o ímpio, estarei empunhando a minha espada contra todos, desde o Neguebe até o norte.
5 En alle vlees sal weet dat Ek, die HERE, my swaard uit sy skede getrek het; dit sal nie meer daarin terugkeer nie.
5 Então todos saberão que eu, o Senhor, da bainha tirei a espada e não tornarei a guardá-la’.
6 Maar jy, o mensekind, sug; sug voor hulle oë met verbreking van lendene en bitterheid.
6 "Portanto, passe a gemer, filho do homem! Passe a gemer diante deles com o coração partido e com amarga tristeza.
7 En as hulle vir jou sê: Waarom sug jy? dan moet jy antwoord: Oor die tyding, want dit kom; en elke hart sal versmelt, en al die hande sal slap word en elke gees sal verstomp en al die knieë sal wegvloei soos water. Kyk, dit kom, en dit sal gebeur, spreek die Here HERE.
7 E, quando lhe perguntarem: ‘Por que você está gemendo? ’, você dirá: ‘Por causa das notícias que estão vindo. Todo coração se derreterá, e toda mão penderá frouxa; todo espírito desmaiará, e todo joelho se tornará como água, de tão fraco’. E vem chegando! Sem nenhuma dúvida vai acontecer; palavra do Soberano Senhor".
8 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
8 Esta palavra do Senhor veio a mim:
9 Mensekind, profeteer en sê: So spreek die HERE. Sê: 'n Swaard, 'n swaard is skerpgemaak en ook geskuur;
9 "Filho do homem, profetize e diga: ‘Assim diz o Senhor: " ‘Uma espada, uma espada, afiada e polida;
10 om 'n slagting aan te rig, is dit skerpgemaak, om soos weerlig te wees, is dit geskuur. Of moet ons bly wees deur te sê: Die septer van my seun verag elke hout?
10 afiada para a mortandade, polida para luzir como relâmpago! " ‘Acaso vamos regozijar-nos com o cetro do meu filho Judá? A espada despreza toda e qualquer vareta como essa.
11 En Hy het dit gegee om te skuur, dat hulle dit in die hand kan vat; dit is skerpgemaak, die swaard, en dit is geskuur om dit in die hand te gee van hom wat doodslaan.
11 " ‘A espada foi destinada a ser polida, a ser pega com as mãos; está afiada e polida, preparada para que a maneje a mão do matador.
12 Skreeu en huil, mensekind; want dit gaan teen my volk, dit gaan teen al die vorste van Israel: aan die swaard is hulle oorgelewer saam met my volk; daarom, slaan op die heup.
12 Clame e grite, filho do homem, pois ela está contra o meu povo; está contra todos os príncipes de Israel. Eles são atirados contra a espada juntamente com o meu povo. Lamente-se, pois; bata no peito.
13 Want die proef is gemaak -- en hoe dan as ook die septer wat verag, daar nie meer sal wees nie? spreek die Here HERE.
13 " ‘É certo que a prova virá. E que acontecerá, se o cetro de Judá, que a espada despreza, não continuar a existir?; palavra do Soberano Senhor’.
14 En jy, mensekind, profeteer en slaan hand teen hand, sodat die swaard verdubbel word, tot drievoudig toe, 'n moordende swaard is dit, 'n moorddadige swaard, die grote, wat hulle omsweef.
14 "Por isso profetize, então, filho do homem, e bata as mãos uma na outra. Que a espada golpeie duas vezes, aliás, três vezes. É uma espada para matança, para grande matança, avançando sobre eles de todos os lados.
15 Ek het die slagbank van die swaard opgestel teen al hulle poorte, dat die hart kan smelt en die struikelblokke baie kan wees. Ag, dit is gemaak tot 'n weerligstraal, dit is glad gemaak om te slag.
15 Assim, para que os corações se derretam e os caídos sejam muitos, posicionei a espada para a matança junto a todas as suas portas. Ah! Ela foi feita para luzir como relâmpago; é empunhada firmemente para a matança.
16 Bly aanmekaar, o swaard! Gaan regs, maak 'n aanval, gaan links, waarheen jou snykant ook al gerig is.
16 Ó espada, golpeie para todos os lados, para onde quer que se vire a sua lâmina.
17 So sal Ek dan ook my hand teen my hand slaan en my grimmigheid tot rus bring; Ek, die HERE, het dit gespreek.
17 Eu também baterei minhas mãos uma na outra, e a minha ira diminuirá. Eu, o Senhor, falei".
18 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
18 A palavra do Senhor veio a mim:
19 En jy, mensekind, maak vir jou twee paaie waarlangs die swaard van die koning van Babel kan kom; uit een land moet altwee uitgaan; en sny 'n wegwyser uit; sny dit uit by die begin van die pad na 'n stad;
19 "Filho do homem, trace as duas estradas que a espada do rei da Babilônia deve tomar, as duas partindo da mesma terra. Em cada uma delas coloque um marco indicando o rumo de uma cidade.
20 jy moet 'n pad maak, dat die swaard kan kom na Rabba, van die kinders van Ammon, en na Juda, in die versterkte stad Jerusalem.
20 Trace uma estrada que leve a espada contra Rabá dos amonitas, e a outra contra Judá e contra a Jerusalém fortificada.
21 Want die koning van Babel gaan staan waar die paaie uitmekaarloop, by die begin van die twee paaie, om van waarsêery gebruik te maak: hy skud die pyle, raadpleeg die huisgode, bekyk die lewer.
21 Pois o rei da Babilônia parará no local donde partem as duas estradas para sortear a escolha. Ele lançará a sorte com flechas, consultará os ídolos da família, examinará o fígado.
22 In sy regterhand is die lot: Jerusalem, om stormramme op te stel, om die mond met geskreeu oop te maak, om die stem te verhef met krygsgeroep, om stormramme op te stel teen die poorte, om 'n wal op te werp, om forte te bou.
22 Pela sua mão direita será sorteada Jerusalém, onde deverá preparar aríetes, dar ordens para a matança, soar o grito de guerra, montar aríetes contra as portas, construir uma rampa e levantar obras de cerco.
23 Maar dit is vir hulle soos 'n bedrieglike waarsêery in hul oë die plegtigste eedsweringe tog is hulle s'n!; maar hy bring die ongeregtigheid in herinnering, dat hulle gegryp kan word.
23 Parecerá um falso presságio aos judeus, que tinham feito uma aliança com juramento, mas o rei invasor os fará recordar sua culpa e os levará prisioneiros.
24 Daarom, so sê die Here HERE: Omdat julle jul ongeregtigheid in herinnering bring deurdat julle oortredinge openbaar word, sodat julle sondes in al jul handelinge gesien word -- omdat julle in herinnering gebring is, sal julle met die hand gegryp word.
24 "Portanto, assim diz o Soberano Senhor: ‘Visto que vocês trouxeram à lembrança a sua iniqüidade mediante rebelião ostensiva, revelando seus pecados em tudo o que fazem; porque vocês fizeram isso, serão levados prisioneiros.
25 En jy, onheilige, goddelose, vors van Israel, wie se dag gekom het in die tyd van die uiteindelike afrekening --
25 " ‘Ó ímpio e profano príncipe de Israel, o seu dia chegou, a hora do seu castigo é agora,
26 so sê die Here HERE: Die tulband moet weg, en die kroon moet af! Dit bly nie so nie: Na bo met wat nederig is! Na onder met wat hoog is!
26 assim diz o Soberano Senhor: Tire o turbante e a coroa. Não será como antes: Os humildes serão exaltados, e os exaltados serão humilhados.
27 Puinhoop, puinhoop, puinhoop sal Ek dit maak. Ook dit sal nie bly nie -- totdat Hy kom wat daarop reg het, en aan Hom sal Ek dit gee.
27 Uma desgraça! Uma desgraça! Eu a farei uma desgraça! Não será restaurada, enquanto não vier aquele a quem ela pertence por direito; a ele eu a darei’.
28 En jy, mensekind, profeteer en sê: So spreek die Here HERE aangaande die kinders van Ammon en hulle smaadrede; en jy moet sê: 'n Swaard, 'n swaard is getrek om te slag; dit is geskuur tot die uiterste toe om soos 'n weerligstraal te wees --
28 "E você, filho do homem, profetize e diga: ‘Assim diz o Soberano Senhor acerca dos amonitas e dos seus insultos: " ‘Uma espada, uma espada, empunhada para matança, polida para consumir e para luzir como relâmpago!
29 onderwyl hulle vir jou, o swaard, 'n bedrieglike gesig sien, onderwyl hulle vir jou leuens voorspel -- dat jy gesit sou word op die nekke van goddelose wat onheilig is, wie se dag gekom het in die tyd van uiteindelike afrekening!
29 A despeito das visões falsas e das adivinhações mentirosas sobre você, ela será posta sobre o pescoço dos ímpios que devem ser mortos e cujo dia chegou, cujo momento de castigo é agora.
30 Steek dit weer in die skede. In die plek waar jy geskape is, in die land van jou oorsprong, sal Ek jou oordeel.
30 Volte a espada à sua bainha. No lugar onde vocês foram criados, na terra dos seus antepassados, eu os julgarei.
31 En Ek sal oor jou my toorn uitgiet; Ek sal op jou blaas met die vuur van my grimmigheid en jou oorgee in die hand van barbare, mense wat verderf smee.
31 Derramarei a minha ira sobre vocês, soprarei a minha ira impetuosa contra vocês; eu os entregarei nas mãos de homens brutais, acostumados à destruição.
32 Voedsel sal jy wees vir die vuur; jou bloed sal binne-in die land wees; aan jou sal nie meer gedink word nie; want Ek, die HERE, het dit gespreek.
32 Vocês serão combustível para o fogo, seu sangue será derramado em sua terra e você não será mais lembrado; porque eu o Senhor falei’ ".

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Ezequiel 21, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.