Ezequiel 13

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ

Sair da comparação
1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
1 E a palavra do SENHOR veio a mim, dizendo:
2 Mensekind, profeteer teen die profete van Israel wat profeteer, en sê aan die wat profete uit hulle eie hart is: Hoor die woord van die HERE!
2 Filho do homem, profetiza contra os profetas de Israel que profetizam, e diz a eles que profetizam de seus próprios corações: Ouvi a palavra do SENHOR;
3 So spreek die Here HERE: Wee die dwase profete wat agter hulle eie gees aan wandel en agter dinge wat hulle nie gesien het nie.
3 assim diz o Senhor DEUS: Ai dos profetas tolos, que seguem o seu próprio espírito, e que nada viram!
4 Jou profete, o Israel, is soos jakkalse in puinhope.
4 Ó Israel, os teus profetas são como as raposas nos desertos.
5 Julle het in die bresse nie opgegaan nie en die muur nie gebou om die huis van Israel, om in die stryd pal te staan in die dag van die HERE nie.
5 Não subistes às brechas, nem reparastes a cerca para a casa de Israel, para ficardes de pé na batalha no dia do SENHOR.
6 Hulle het nietigheid gesien en leuenagtige waarsêery, hulle wat daar sê: Die HERE het gespreek -- terwyl die HERE hulle nie gestuur het nie; en dan wag hulle op vervulling van die woord!
6 Eles têm falsa visão e adivinhação mentirosa, dizendo: Assim diz o SENHOR; e o SENHOR não os enviou; e esperam que outros confirmem a sua palavra.
7 Het julle nie 'n bedrieglike gesig gesien en leuenagtige waarsêery gespreek nie deurdat julle sê: Die HERE spreek, terwyl k nie gespreek het nie?
7 Não tivestes uma vã visão, e não falastes adivinhação mentirosa, quando dizeis: O SENHOR o diz; embora eu não o tenha falado?
8 Daarom, so spreek die Here HERE: Omdat julle valsheid gespreek en leuenagtige gesigte gesien het, daarom kyk, Ek het dit teen julle, spreek die Here HERE.
8 Portanto, assim diz o Senhor DEUS: Porque falastes vaidade, e vistes mentiras, portanto, eis que eu sou contra vós, diz o Senhor DEUS.
9 En my hand sal wees teen die profete wat bedrieglike gesigte sien en leuens waarsê: hulle sal in die vergadering van my volk nie wees nie en in die boek van die huis van Israel nie opgeskryf word nie en in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here HERE is.
9 E a minha mão estará sobre os profetas que veem vaidade, e que adivinham mentiras; eles não estarão na assembleia do meu povo, nem estarão escritos nos registros da casa de Israel, nem entrarão na terra de Israel; e sabereis que eu sou o Senhor DEUS.
10 Omdat, ja, omdat hulle my volk verlei het deur te sê: Vrede! terwyl daar geen vrede is nie; en as die volk 'n muur bou, kyk, dan bepleister hulle dit met los kalk;
10 Porque, até mesmo devido eles terem seduzido o meu povo, dizendo: Paz, e não houve paz; e este edifica uma parede, eis que outros fizeram seu reboco com argamassa e lodo.
11 sê vir hulle wat met los kalk pleister, dat dit sal afval; daar sal 'n oorstromende stortreën kom; en julle, haelstene, sal val en 'n stormwind sal losbreek.
11 Dize àqueles que fazem o reboco com argamassa de lodo que ele cairá. Haverá uma chuva transbordante, e vós, ó pedras grandes de granizo, caireis, e um vento tempestuoso a fenderá.
12 En kyk, daar val die muur! Sal dan nie vir julle gesê word: Waar is die pleister waarmee julle gepleister het nie?
12 Eis que, quando a parede tiver caído, não vos será dito: Onde está o reboco com o qual a cobristes?
13 Daarom, so spreek die Here HERE: Ja, Ek sal 'n stormwind in my grimmigheid laat losbreek, en daar sal 'n oorstromende stortreën kom in my toorn en haelstene in grimmigheid tot vernietiging.
13 Portanto, assim diz o Senhor DEUS: Fendê-la-ei com vento tempestuoso na minha fúria; e haverá uma chuva transbordante na minha ira, e grandes pedras de granizo na minha fúria, para a consumir.
14 En Ek sal die muur afbreek wat julle met los kalk gepleister het, en dit op die grond gooi, sodat sy fondament blootgelê sal word; dan sal die stad val, en julle sal daarin omkom; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
14 Assim despedaçarei a parede que cobristes com argamassa de lodo, e a derrubarei ao chão, para que seu fundamento seja descoberto; e ela cairá, e sereis consumidos no meio dela, e sabereis que eu sou o SENHOR.
15 En Ek sal my grimmigheid laat uitwoed teen die muur en teen hulle wat dit met los kalk gepleister het; en Ek sal vir julle sê: Weg is die muur! En weg is hulle wat dit gepleister het,
15 Assim eu cumprirei minha ira sobre a parede, e sobre aqueles que a rebocaram com argamassa de lodo; e vos direi: A parede não existe mais, nem aqueles que a rebocaram.
16 naamlik die profete van Israel wat profeteer aangaande Jerusalem en vir hom gesigte van vrede sien, terwyl daar geen vrede is nie, spreek die Here HERE.
16 A saber, os profetas de Israel, que profetizam acerca de Jerusalém, e veem visões de paz para ela, e não há paz, diz o Senhor DEUS.
17 En jy, mensekind, rig jou aangesig teen die dogters van jou volk wat as profetesse optree uit hulle eie hart, en profeteer teen hulle
17 Da mesma forma, tu, filho do homem, põe a tua face contra as filhas do teu povo, que profetizam de seu próprio coração, e profetiza tu contra elas,
18 en sê: So spreek die Here HERE: Wee die vroue wat bande vaswerk aan al die gewrigte van die hande en sluiers maak oor die hoof van allerhande mense, groot en klein, om siele te vang. Wil julle siele vang van my volk en siele vir julle voordeel in die lewe hou?
18 e diz: Assim diz o Senhor DEUS: Ai das mulheres que cosem almofadas para todas as cavas, e fazem lenços sobre a cabeça de cada estatura, para caçarem as almas! Caçareis as almas do meu povo, e salvareis as almas vivas para que venham a vós?
19 En julle ontheilig My by my volk vir 'n paar hande vol gars en vir 'n paar stukke brood om siele dood te maak wat nie moes gesterf het nie, en om siele in die lewe te hou wat nie moes geleef het nie, deurdat julle my volk belieg wat na leuens luister.
19 E poluireis a mim entre o meu povo, por punhados de cevada, e por pedaços de pão, para matardes as almas que não deveriam morrer, e para guardardes vivas as almas que não deveriam viver, mentindo ao meu povo que escuta as vossas mentiras?
20 Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen julle bande waarmee julle die siele vang soos voëls, en Ek sal hulle van julle arms afskeur; en Ek sal die siele losmaak, die siele wat julle vang soos voëls.
20 Portanto, assim diz o Senhor DEUS: Eis que estou contra as vossas almofadas, com as quais vós ali caçais as almas para fazê-las voar, e as arrancarei de vossos braços, e deixarei as almas irem, até mesmo as almas que vós caçais para fazê-las voar.
21 Ek sal ook julle sluiers skeur en my volk uit julle hand red, sodat hulle nie meer 'n buit in julle hand sal wees nie; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
21 Vossos lenços também rasgarei, e livrarei o meu povo da vossa mão, e eles não mais estarão na vossa mão para serem caçados; e sabereis que eu sou o SENHOR.
22 Omdat julle met leuens die hart van die regverdige droewig gemaak het -- terwyl Ek hom geen smart aangedoen het nie -- en die hande van die goddelose versterk het, dat hy van sy slegte weg nie sou terugkeer, om hom in die lewe te hou nie;
22 Porque com mentiras fizestes o coração do justo triste, o qual eu não fiz triste; e fortalecestes as mãos do perverso, para que não se desviasse do seu caminho perverso, prometendo-o a vida.
23 daarom sal julle geen bedrieglike gesigte meer sien en geen waarsêery meer drywe nie; maar Ek sal my volk uit julle hand red, en julle sal weet dat Ek die HERE is.
23 Portanto, não vereis mais vaidade, nem divinas adivinhações; porque eu livrarei o meu povo da vossa mão, e sabereis que eu sou o SENHOR.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Ezequiel 13, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.