Ezequiel 12
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARC
1 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
1 E veio a mim a palavra do Senhor , dizendo:
2 Mensekind, jy woon onder mense van die wederstrewige huis, wat oë het om te sien, maar nie sien nie; ore het om te hoor, maar nie hoor nie, want hulle is 'n wederstrewige huis.
2 Filho do homem, tu habitas no meio da casa rebelde, que tem olhos para ver e não vê, e tem ouvidos para ouvir e não ouve; porque é casa rebelde.
3 Maar jy, mensekind, maak vir jou toebereidsels om in ballingskap te gaan, en gaan oordag in ballingskap voor hulle oë; vertrek soos 'n balling voor hulle oë, van jou woonplek af na 'n ander plek toe -- miskien sal hulle dit sien, want hulle is 'n wederstrewige huis.
3 Tu, pois, ó filho do homem, prepara mobília para mudares de país e, de dia, muda de lugar à vista deles; e do teu lugar mudarás para outro lugar à vista deles; bem pode ser que reparem nisso, ainda que eles são casa rebelde.
4 En jy moet jou goed oordag uitbring voor hulle oë soos die goed wat vir 'n ballingskap nodig is; maar self moet jy in die aand uitgaan voor hulle oë soos die wat in ballingskap uitgaan.
4 À vista deles, pois, tirarás para fora, de dia, os teus trastes, como para mudança; então, tu sairás de tarde à vista deles, como quem sai mudando de lugar.
5 Breek vir jou 'n gat in die muur voor hulle oë, en bring dit daardeur uit.
5 Escava para ti, à vista deles, a parede e tira-os para fora por ali.
6 Voor hulle oë moet jy dit op die skouer dra, in die pikdonker moet jy dit uitbring; jou aangesig moet jy bedek, sodat jy die land nie sien nie; want Ek maak jou tot 'n sinnebeeld vir die huis van Israel.
6 À vista deles, aos ombros os levarás, e, às escuras, os tirarás, e cobrirás a face, para que não vejas a terra; porque te dei por sinal maravilhoso à casa de Israel.
7 Ek het toe gedoen soos my beveel is: ek het my goed oordag uitgebring soos die goed wat vir 'n ballingskap nodig is; en in die aand het ek met my hand vir my 'n gat in die muur gebreek; in die pikdonker het ek dit uitgebring, dit op die skouer voor hulle oë gedra.
7 E fiz assim, como se me deu ordem: os meus trastes tirei para fora, de dia, como para mudança; então, à tarde escavei na parede com a mão; às escuras, os tirei para fora e, aos ombros, os levei, à vista deles.
8 Toe kom die woord van die HERE tot my in die môre en sê:
8 E veio a mim a palavra do Senhor , pela manhã, dizendo:
9 Mensekind, het die huis van Israel, die wederstrewige huis, nie vir jou gesê: Wat maak jy daar nie?
9 Filho do homem, não te disse a casa de Israel, aquela casa rebelde: Que fazes tu?
10 Sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Hierdie las sien op die vors in Jerusalem en die hele huis van Israel wat onder hulle woon.
10 Dize-lhes: Assim diz o Senhor Jeová : Esta carga refere-se ao príncipe em Jerusalém e a toda a casa de Israel, que está no meio dela.
11 Sê: Ek is julle sinnebeeld; soos ek gedoen het, so sal met hulle gedoen word: in ballingskap, in gevangenskap sal hulle gaan.
11 Dize: Eu sou o vosso maravilhoso sinal. Assim como eu fiz, assim se lhes fará a eles; para o exílio irão cativos.
12 En die vors wat onder hulle is, sal die goed op die skouer dra, in die pikdonker, en hy sal uitgaan; hulle sal 'n gat in die muur breek om daardeur uit te bring; hy sal sy aangesig bedek, omdat hy self die land met die oog nie sal sien nie.
12 E o príncipe que está no meio deles levará aos ombros e às escuras os trastes e sairá; a parede escavarão para os tirarem por ela; o rosto cobrirá, para que, com os seus olhos, não veja a terra.
13 En Ek sal my net oor hom uitsprei, en in my strik sal hy gevang word; en Ek sal hom na Babel, na die land van die Chaldeërs bring; maar hy sal dit nie sien nie, en daar sal hy sterwe.
13 Também estenderei a minha rede sobre ele, e será apanhado no meu laço; e o levarei a Babilônia, à terra dos caldeus, mas não a verá, ainda que ali morrerá.
14 En almal wat rondom hom is, sy hulp, en al sy leërs sal Ek na al die windstreke verstrooi en die swaard agter hulle uittrek.
14 E todos os que estiverem ao redor dele para seu socorro, e todas as suas tropas espalharei a todos os ventos; e desembainharei a espada atrás deles.
15 Dan sal hulle weet dat Ek die HERE is, as Ek hulle onder die nasies versprei en hulle in die lande verstrooi;
15 Assim, saberão que eu sou o Senhor , quando eu os dispersar entre as nações e os espalhar pelas terras.
16 maar Ek sal van hulle 'n klein klompie laat oorbly van die swaard, die hongersnood en die pes, sodat hulle al hulle gruwels kan vertel onder die nasies waar hulle kom; en die sal weet dat Ek die HERE is.
16 Mas deles deixarei ficar alguns poucos, escapos da espada, da fome e da peste, para que contem todas as suas abominações entre as nações para onde forem; e saberão que eu sou o Senhor .
17 Daarna het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
17 Então, veio a mim a palavra do Senhor , dizendo:
18 Mensekind, jy moet jou brood met bewing eet en jou water met siddering en kommer drink.
18 Filho do homem, o teu pão comerás com tremor e a tua água beberás com estremecimento e com receio.
19 En jy moet aan die mense van die land sê: So spreek die Here HERE aangaande die inwoners van Jerusalem, in die land Israel: Hulle sal hul brood met kommer eet en hul water in stomme smart drink, sodat hulle land, van sy volheid beroof, woes sal lê vanweë die geweldpleging van almal wat daarin woon.
19 E dirás ao povo da terra: Assim diz o Senhor Jeová acerca dos habitantes de Jerusalém, na terra de Israel: O seu pão comerão com receio e a sua água beberão com susto, pois que a sua terra será despojada de sua abundância, por causa da violência de todos os que habitam nela.
20 En die stede wat bewoon is, sal woes word, en die land sal 'n wildernis wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
20 E as cidades habitadas serão desoladas, e a terra se tornará em assolação; e sabereis que eu sou o Senhor .
21 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
21 E veio ainda a mim a palavra do Senhor , dizendo:
22 Mensekind, wat is dit vir 'n spreekwoord wat julle het in die land van Israel, naamlik: Die dae gaan voort, en van al die gesigte kom niks nie.
22 Filho do homem, que ditado é este que vós tendes na terra de Israel, dizendo: Prolongar-se-ão os dias, e perecerá toda visão?
23 Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Ek maak 'n einde aan hierdie spreekwoord, sodat hulle dit nie meer as spreekwoord in Israel sal gebruik nie. Maar sê vir hulle: Die dae is naby, en die woord van elke gesig.
23 Portanto, dize-lhes: Assim diz o Senhor Jeová : Farei cessar este ditado, e não se servirão mais dele como provérbio em Israel; mas dize-lhes: Chegaram os dias e a palavra de toda visão.
24 Want daar sal geen bedrieglike gesig of vleiende waarsêery in die huis van Israel meer wees nie.
24 Porque não haverá mais nenhuma visão vã, nem adivinhação lisonjeira, no meio da casa de Israel.
25 Want Ek, die HERE, Ek sal spreek -- wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur; dit sal nie meer uitgestel word nie. Want in julle dae, o wederstrewige huis, sal Ek 'n woord spreek en dit uitvoer ook, spreek die Here HERE.
25 Porque eu, o Senhor , falarei, e a palavra que eu falar se cumprirá; não será mais retardada; porque em vossos dias, ó casa rebelde, falarei uma palavra e a cumprirei, diz o Senhor Jeová .
26 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
26 Veio mais a mim a palavra do Senhor , dizendo:
27 Mensekind, kyk, die huis van Israel sê: Die gesig wat hy sien, is vir baie dae, en hy profeteer van tye wat ver is.
27 Filho do homem, eis que os da casa de Israel dizem: A visão que este vê é para muitos dias, e ele profetiza de tempos que estão longe.
28 Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Geeneen van my woorde sal meer uitgestel word nie; wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur, spreek die Here HERE.
28 Portanto, dize-lhes: Assim diz o Senhor Jeová : Não será mais retardada nenhuma das minhas palavras, e a palavra que falei se cumprirá, diz o Senhor Jeová .
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Ezequiel 12, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.