Êxodo 40

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARC

Sair da comparação
ARC Almeida Revista e Corrigida 2009
1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
1 Falou mais o Senhor a Moisés, dizendo:
2 Op die dag van die eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy die tabernakel van die tent van samekoms oprig.
2 No primeiro mês, no primeiro dia do mês, levantarás o tabernáculo da tenda da congregação,
3 En jy moet daarin plaas die ark van die Getuienis en die ark met die voorhangsel bedek.
3 e porás nele a arca do Testemunho, e cobrirás a arca com o véu.
4 Dan moet jy die tafel inbring en daarop regsit wat daarop behoort. Jy moet ook die kandelaar inbring en sy lampe opsteek.
4 Depois, meterás nele a mesa e porás em ordem o que se deve pôr em ordem nela; também meterás nele o castiçal e acenderás as suas lâmpadas.
5 En jy moet die goue altaar vir die reukwerk voor die ark van die Getuienis neersit. Dan moet jy die bedekking van die ingang van die tabernakel ophang.
5 E porás o altar de ouro para o incenso diante da arca do Testemunho; então, pendurarás a coberta da porta do tabernáculo.
6 Jy moet ook die brandofferaltaar voor die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neersit.
6 Porás também o altar do holocausto diante da porta do tabernáculo da tenda da congregação.
7 En jy moet die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar neersit en daar water in gooi.
7 E porás a pia entre a tenda da congregação e o altar e nela porás água.
8 En maak die voorhof rondom, en hang die bedekking aan die poort van die voorhof op.
8 Depois, porás o pátio ao redor e pendurarás a coberta à porta do pátio.
9 Dan moet jy die salfolie neem, en jy moet die tabernakel salf en alles wat daarin is, en dit heilig met alles wat daarby behoort; en dit sal heilig wees.
9 Então, tomarás o azeite da unção e ungirás o tabernáculo e tudo o que há nele; e o santificarás com todos os seus móveis, e será santo.
10 Jy moet ook die brandofferaltaar salf met al sy gereedskap, en jy moet die altaar heilig, en die altaar sal hoogheilig wees.
10 Ungirás também o altar do holocausto e a todos os seus utensílios e santificarás o altar; e o altar será uma coisa santíssima.
11 Salf dan die waskom en sy voetstuk, en heilig dit.
11 Então, ungirás a pia e a sua base e a santificarás.
12 Jy moet ook A„ron en sy seuns laat nader kom, na die ingang van die tent van samekoms toe, en jy moet hulle met water was.
12 Farás também chegar Arão e seus filhos à porta da tenda da congregação e os lavarás com água.
13 Trek A„ron dan die heilige klere aan; en salf hom en heilig hom, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
13 E vestirás a Arão as vestes santas, e o ungirás, e o santificarás, para que me administre o sacerdócio.
14 Jy moet ook sy seuns laat nader kom en hulle die rokke aantrek.
14 Também farás chegar seus filhos, e lhes vestirás as túnicas,
15 Salf hulle dan, soos jy hulle vader gesalf het, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien. En hul salwing moet vir hulle 'n ewige priesterskap in hulle geslagte wees.
15 e os ungirás como ungiste a seu pai, para que me administrem o sacerdócio; e a sua unção lhes será por sacerdócio perpétuo nas suas gerações.
16 En Moses het gedoen net soos die HERE hom beveel het; so het hy gedoen.
16 E fê-lo Moisés; conforme tudo o que o Senhor lhe ordenou, assim o fez.
17 En in die eerste maand, in die tweede jaar, op die eerste van die maand, is die tabernakel opgerig.
17 E aconteceu no mês primeiro, no ano segundo, ao primeiro do mês, que o tabernáculo foi levantado;
18 En Moses het die tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare opgerig.
18 porque Moisés levantou o tabernáculo, e pôs as suas bases, e armou as suas tábuas, e meteu nele os seus varais, e levantou as suas colunas;
19 En hy het die tentseil oor die tabernakel gespan en die dekkleed van die tent daar bo-oor getrek, soos die HERE Moses beveel het.
19 e estendeu a tenda sobre o tabernáculo, e pôs a coberta da tenda sobre ela, em cima, como o Senhor ordenara a Moisés.
20 Verder het hy die Getuienis geneem en dit in die ark neergelê en die draaghoute aan die kant van die ark ingesteek, en die versoendeksel het hy bo-op die ark gesit.
20 E tomou o Testemunho, e pô-lo na arca, e meteu os varais à arca; e pôs o propiciatório sobre a arca, em cima.
21 Toe het hy die ark in die tabernakel gebring en die voorhangsel tot bedekking opgehang en die ark van die Getuienis bedek, soos die HERE Moses beveel het.
21 E levou a arca ao tabernáculo, e pendurou o véu da cobertura, e cobriu a arca do Testemunho, como o Senhor ordenara a Moisés.
22 Hy het ook die tafel in die tent van samekoms neergesit, aan die kant van die tabernakel, teen die noorde, buitekant die voorhangsel.
22 Pôs também a mesa na tenda da congregação, ao lado do tabernáculo para o norte, fora do véu.
23 En hy het die brood daarop gerangskik voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
23 E sobre ela pôs em ordem o pão perante o Senhor , como o Senhor ordenara a Moisés.
24 Hy het ook die kandelaar in die tent van samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die tabernakel.
24 Pôs também na tenda da congregação o castiçal defronte da mesa, ao lado do tabernáculo para o sul,
25 En hy het die lampe opgesteek, voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
25 e acendeu as lâmpadas perante o Senhor , como o Senhor ordenara a Moisés.
26 En hy het die goue altaar in die tent van samekoms neergesit, voor die voorhangsel,
26 E pôs o altar de ouro na tenda da congregação, diante do véu.
27 en reukwerk van speserye daarop aan die brand gesteek, soos die HERE Moses beveel het.
27 E acendeu sobre ele o incenso de especiarias aromáticas, como o Senhor ordenara a Moisés.
28 Hy het ook die bedekking van die ingang van die tabernakel opgehang.
28 Pendurou também a coberta da porta do tabernáculo,
29 En hy het die brandofferaltaar by die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neergesit, en hy het daarop die brandoffer en die spysoffer gebring, soos die HERE Moses beveel het.
29 e pôs o altar do holocausto à porta do tabernáculo da tenda da congregação, e ofereceu sobre ele holocausto e oferta de manjares, como o Senhor ordenara a Moisés.
30 Hy het ook die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar gesit, en hy het daar water in gegooi om mee te was.
30 Pôs também a pia entre a tenda da congregação e o altar e derramou água nela, para lavar.
31 En Moses en A„ron en sy seuns het daaruit hulle hande en voete gewas.
31 E Moisés, e Arão, e seus filhos, lavaram nela as mãos e os pés.
32 As hulle ingaan in die tent van samekoms of nader kom na die altaar, het hulle hul elke keer gewas, soos die HERE Moses beveel het.
32 Quando entravam na tenda da congregação e quando chegavam ao altar, lavavam-se, como o Senhor ordenara a Moisés.
33 Hy het ook die voorhof opgerig, rondom die tabernakel en die altaar, en die bedekking vir die poort van die voorhof opgehang. So het Moses dan die werk voltooi.
33 Levantou também o pátio ao redor do tabernáculo e do altar e pendurou a coberta da porta do pátio. Assim, Moisés acabou a obra.
34 Toe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul,
34 Então, a nuvem cobriu a tenda da congregação, e a glória do Senhor encheu o tabernáculo,
35 sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van die HERE die tabernakel vervul het.
35 de maneira que Moisés não podia entrar na tenda da congregação, porquanto a nuvem ficava sobre ela, e a glória do Senhor enchia o tabernáculo.
36 En as die wolk van die tabernakel af optrek, het die kinders van Israel elke keer weggetrek op al hulle togte;
36 Quando, pois, a nuvem se levantava de sobre o tabernáculo, então, os filhos de Israel caminhavam em todas as suas jornadas.
37 maar as die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek.
37 Se a nuvem, porém, não se levantava, não caminhavam até ao dia em que ela se levantava;
38 Want die wolk van die HERE was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, op al hulle togte.
38 porquanto a nuvem do Senhor estava de dia sobre o tabernáculo, e o fogo estava de noite sobre ele, perante os olhos de toda a casa de Israel, em todas as suas jornadas.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Êxodo 40, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.