Êxodo 38
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs BKJ
1 Hy het ook die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Vyf el was sy lengte en vyf el sy breedte, vierkantig, en drie el sy hoogte.
1 E fez o altar da oferta queimada de madeira de acácia, com cinco côvados de comprimento, e cinco côvados de largura; ele era quadrado; e a sua altura era de três côvados.
2 En hy het sy horings op die vier hoeke gemaak; sy horings was, daarmee saam, uit een stuk: en hy het dit met koper oorgetrek.
2 E fez os seus chifres sobre os seus quatro cantos; os seus chifres eram do mesmo, e o revestiu de bronze.
3 Hy het ook al die gereedskap van die altaar gemaak: die potte en die skoppe en die komme, die vurke en die vuurpanne. Al die gereedskap het hy van koper gemaak.
3 E fez todos os utensílios do altar: os cinzeiros, e as pás, e as bacias, e os ganchos de carne, e os braseiros. Todos os seus utensílios feitos de bronze.
4 Ook het hy vir die altaar 'n traliewerk gemaak, 'n netwerk van koper, onder sy lys, onderaan tot by die helfte van die altaar.
4 E fez para o altar uma grade de bronze em forma de rede, que pôs debaixo da sua borda até a metade.
5 En hy het vier ringe aan die vier ente van die kopertraliewerk gegiet, as plekke vir die draaghoute.
5 E fundiu quatro argolas para as extremidades da grade de bronze, para lugares para as varas.
6 En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met koper oorgetrek.
6 E fez as varas de madeira de acácia, e as revestiu de bronze.
7 En hy het die draaghoute in die ringe gesteek, aan die kante van die altaar, om dit daarmee te dra; hy het dit hol, van planke, gemaak.
7 E pôs as varas nas argolas nos dois lados do altar, para carregá-lo. Fez o altar oco de tábuas.
8 Hy het ook die koperwaskom gemaak met sy kopervoetstuk, uit die spieëls van die diensdoende vroue wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het.
8 E fez uma pia de bronze, e sua base de bronze, dos espelhos das mulheres reunidas, que se reuniam na porta do tabernáculo da congregação.
9 Hy het ook die voorhof gemaak. Aan die suidekant, na die suide toe, was daar die behangsels van die voorhof, van fyn dubbeldraad-linne, honderd el lank;
9 E fez o pátio; do lado sul em direção ao sul as cortinas para o pátio eram de linho fino torcido de cem côvados de comprimento,
10 daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer;
10 as suas colunas eram vinte, e as suas bases de bronze vinte. Os colchetes das colunas e suas faixas eram de prata.
11 en aan die noordekant honderd el; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer.
11 E para o lado norte as cortinas eram de cem côvados, suas colunas eram vinte e vinte as suas bases de bronze; os colchetes das colunas e suas faixas de prata.
12 En aan die westekant was daar behangsels, vyftig el lank; daarby tien pilare met hulle tien voetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer.
12 E para o lado oeste havia cortinas de cinquenta côvados; e eram dez as suas colunas, e dez as suas bases; os colchetes das colunas e suas faixas de prata.
13 En aan die oostekant, teen sonop, was daar vyftig el;
13 E para o lado leste em direção ao leste, cinquenta côvados.
14 vyftien el behangsels vir die een kant, daarby drie pilare met hulle drie voetstukke;
14 As cortinas de um lado da porta eram de quinze côvados; suas colunas, três, e suas bases, três.
15 en vir die ander kant -- aan weerskante van die poort van die voorhof -- vyftien el behangsels, daarby drie pilare met hulle drie voetstukke.
15 E do outro lado da porta do pátio, de ambos os lados, havia cortinas de quinze côvados; suas colunas, três, e suas bases, três.
16 Al die behangsels van die voorhof rondom was van fyn dubbeldraad-linne;
16 Todas as cortinas do pátio ao redor eram de linho fino torcido.
17 en die voetstukke van die pilare was van koper, en die kramme en die ringe van die pilare van silwer; en die oortreksel van hulle toppe van silwer; en hulle self, al die pilare van die voorhof, was van silwerringe voorsien.
17 E as bases para as colunas eram de bronze; os colchetes das colunas e suas faixas de prata; e o revestimento dos seus capitéis de prata; e todas as colunas do pátio eram cingidas de prata.
18 En die bedekking van die poort van die voorhof was veelkleurige werk, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne: twintig el was die lengte, en die hoogte -- tewens die breedte van die stof -- vyf el, net soos die behangsels van die voorhof.
18 E a cortina para a porta do pátio era bordado, de azul, de púrpura, de escarlate, e linho fino torcido. E vinte côvados era o comprimento, e a altura, na largura, era de cinco côvados correspondente às cortinas do pátio.
19 Daarby vier pilare met hulle vier voetstukke van koper en hulle kramme van silwer, en die oortreksel van hulle toppe en hulle ringe van silwer.
19 E suas colunas eram quatro, e quatro as suas bases de bronze; seus colchetes de prata, e o revestimento dos capitéis e as suas faixas de prata.
20 En al die penne vir die tabernakel en die voorhof rondom was van koper.
20 E todas as estacas do tabernáculo, e do pátio ao redor, eram de bronze.
21 Dit is die berekening van die koste van die tabernakel, van die tabernakel van die Getuienis, soos dit bereken is op bevel van Moses, deur die diens van die Leviete, onder leiding van Itamar, die seun van die priester A„ron.
21 Esta é a enumeração do tabernáculo, do tabernáculo do testemunho, como foi contado, conforme a ordem de Moisés, para o serviço dos levitas, pela mão de Itamar, filho do sacerdote Arão.
22 En Bes leël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, het alles gemaak wat die HERE Moses beveel het.
22 E Bezalel, o filho de Uri, o filho de Hur, da tribo de Judá, fez tudo que o SENHOR ordenara a Moisés.
23 En saam met hom Oholiab, die seun van Ah¡samag, van die stam van Dan, 'n ambagsman en kunstenaar en kunswewer in pers en in purperrooi en in bloedrooi stowwe en in fyn linne.
23 E com ele estava Aoliabe, filho de Aisamaque, da tribo de Dã, um gravador, e trabalhador esmerado, e bordador em azul, e em púrpura, e em escarlate, e linho fino.
24 Al die goud wat vir die werk gebruik is, by al die werk van die heiligdom -- die goud wat as offer aangebied was, het bedra nege en twintig talente en sewe honderd en dertig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom.
24 Todo o ouro que foi usado na obra, em toda a obra do lugar santo, o ouro das ofertas, foi vinte e nove talentos, e setecentos e trinta shekels, segundo o shekel do santuário.
25 En die silwer van die geteldes van die vergadering was honderd talente en duisend sewe honderd vyf en sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom;
25 E a sua prata, que foi enumerada da congregação foi cem talentos, e mil e setecentos e setenta e cinco shekels, segundo o shekel do santuário;
26 'n beka vir elke persoon, dit is 'n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom, van elkeen wat oorgegaan het na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, naamlik ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig man.
26 um beca para cada homem, isto é, metade de um shekel, segundo o shekel do santuário, para cada um que foi enumerado, de vinte anos para cima, para seiscentos e três mil e quinhentos e cinquenta homens.
27 En die honderd talente silwer het gedien om die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel te giet; honderd voetstukke vir honderd talente, 'n talent vir 'n voetstuk.
27 E dos cem talentos de prata foram fundidas as bases do santuário, e as bases do véu; cem bases dos cem talentos, um talento por base.
28 Maar van die duisend sewe honderd vyf en sewentig sikkels het hy kramme vir die pilare gemaak, en hy het hulle toppe oorgetrek en hulle van ringe voorsien.
28 E dos mil e setecentos e setenta e cinco shekels ele fez colchetes para as colunas, e revestiu os seus capitéis, e os cingiu.
29 En die koper wat as offer aangebied was, het bedra sewentig talente en twee duisend vier honderd sikkels.
29 E o bronze da oferta foi setenta talentos, e dois mil e quatrocentos shekels.
30 En hy het daaruit die voetstukke van die ingang van die tent van samekoms gemaak en die koperaltaar en sy kopertraliewerk en al die gereedskap van die altaar;
30 E com isso ele fez as bases para a porta do tabernáculo da congregação, e o altar de bronze, e a grade de bronze para ele, e todos os utensílios do altar,
31 en die voetstukke van die voorhof rondom en die voetstukke van die poort van die voorhof en al die penne van die tabernakel, ook al die penne van die voorhof rondom.
31 e as bases do pátio ao redor, e as bases da porta do pátio, e todas as estacas do tabernáculo, e todas as estacas do pátio ao redor.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Êxodo 38, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.