Êxodo 30
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARA
1 Jy moet ook 'n altaar maak om reukwerk te brand. Van akasiahout moet jy dit maak.
1 Farás também um altar para queimares nele o incenso; de madeira de acácia o farás.
2 'n El moet sy lengte wees en 'n el sy breedte -- vierkantig moet dit wees; en twee el sy hoogte. Sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees.
2 Terá um côvado de comprimento, e um de largura (será quadrado), e dois de altura; os chifres formarão uma só peça com ele.
3 En jy moet dit met suiwer goud oortrek: die plaat en die sykante rondom en die horings. En maak daarvoor 'n goue krans rondom.
3 De ouro puro o cobrirás, a parte superior, as paredes ao redor e os chifres; e lhe farás uma bordadura de ouro ao redor.
4 Maak ook twee goue ringe daarvoor onderkant die krans aan weerskante; jy moet die aan die twee sykante maak. En hulle moet dien as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.
4 Também lhe farás duas argolas de ouro debaixo da bordadura; de ambos os lados as farás; nelas, se meterão os varais para se levar o altar.
5 En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.
5 De madeira de acácia farás os varais e os cobrirás de ouro.
6 Sit dit dan voor die voorhangsel wat voor die ark van die Getuienis is, voor die versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom.
6 Porás o altar defronte do véu que está diante da arca do Testemunho, diante do propiciatório que está sobre o Testemunho, onde me avistarei contigo.
7 En A„ron moet daarop reukwerk van speserye aan die brand steek; elke môre as hy die lampe regmaak, moet hy dit aan die brand steek.
7 Arão queimará sobre ele o incenso aromático; cada manhã, quando preparar as lâmpadas, o queimará.
8 En as A„ron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as 'n voortdurende reukwerk voor die aangesig van die HERE in julle geslagte.
8 Quando, ao crepúsculo da tarde, acender as lâmpadas, o queimará; será incenso contínuo perante o Senhor , pelas vossas gerações.
9 Julle mag daarop geen vreemde reukwerk of brandoffer of spysoffer bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie.
9 Não oferecereis sobre ele incenso estranho, nem holocausto, nem ofertas de manjares; nem tampouco derramareis libações sobre ele.
10 En A„ron moet een maal in die jaar aan die horings daarvan versoening doen; met die bloed van die sondoffer van versoening moet hy een maal in die jaar daarvoor versoening doen vir julle geslagte. Hoogheilig is dit aan die HERE.
10 Uma vez no ano, Arão fará expiação sobre os chifres do altar com o sangue da oferta pelo pecado; uma vez no ano, fará expiação sobre ele, pelas vossas gerações; santíssimo é ao Senhor .
11 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
11 Disse mais o Senhor a Moisés:
12 As jy die volle getal van die kinders van Israel opneem volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy lewe, losgeld aan die HERE gee as hulle getel word, sodat geen plaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie.
12 Quando fizeres recenseamento dos filhos de Israel, cada um deles dará ao Senhor o resgate de si próprio, quando os contares; para que não haja entre eles praga nenhuma, quando os arrolares.
13 Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes oorgaan: 'n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom -- die sikkel is twintig gera -- 'n halfsikkel as offergawe aan die HERE.
13 Todo aquele que passar ao arrolamento dará isto: metade de um siclo, segundo o siclo do santuário (este siclo é de vinte geras); a metade de um siclo é a oferta ao Senhor .
14 Elkeen wat oorgaan na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, moet die offergawe van die HERE gee.
14 Qualquer que entrar no arrolamento, de vinte anos para cima, dará a oferta ao Senhor .
15 Die ryke moet nie meer en die arme moet nie minder as 'n halfsikkel bring nie, as hulle die offergawe van die HERE gee om vir julle siele versoening te doen.
15 O rico não dará mais de meio siclo, nem o pobre, menos, quando derem a oferta ao Senhor , para fazerdes expiação pela vossa alma.
16 Neem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel en bestee dit aan die bediening van die tent van samekoms, dat dit die kinders van Israel in gedagtenis kan bring voor die aangesig van die HERE, om vir julle siele versoening te doen.
16 Tomarás o dinheiro das expiações dos filhos de Israel e o darás ao serviço da tenda da congregação; e será para memória aos filhos de Israel diante do Senhor , para fazerdes expiação pela vossa alma.
17 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
17 Disse mais o Senhor a Moisés:
18 Jy moet ook 'n koperwaskom maak met sy kopervoetstuk, om in te was; en sit dit tussen die tent van samekoms en die altaar, en gooi water daarin,
18 Farás também uma bacia de bronze com o seu suporte de bronze, para lavar. Pô-la-ás entre a tenda da congregação e o altar e deitarás água nela.
19 dat A„ron en sy seuns hulle hande en hulle voete daaruit kan was.
19 Nela, Arão e seus filhos lavarão as mãos e os pés.
20 As hulle in die tent van samekoms gaan, moet hulle hul met water was, sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle naby die altaar kom om te dien deur 'n vuuroffer aan die HERE aan die brand te steek.
20 Quando entrarem na tenda da congregação, lavar-se-ão com água, para que não morram; ou quando se chegarem ao altar para ministrar, para acender a oferta queimada ao Senhor .
21 Hulle moet dan hul hande en hulle voete was, sodat hulle nie sterwe nie. En dit moet vir hulle 'n ewige insetting wees, vir hom en sy nageslag in hulle geslagte.
21 Lavarão, pois, as mãos e os pés, para que não morram; e isto lhes será por estatuto perpétuo, a ele e à sua posteridade, através de suas gerações.
22 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
22 Disse mais o Senhor a Moisés:
23 En jy, neem vir jou van die beste speserye: vyf honderd sikkels fyn mirre en die helfte soveel geurige kaneel, twee honderd en vyftig sikkels, en twee honderd en vyftig sikkels geurige kalmoes
23 Tu, pois, toma das mais excelentes especiarias: de mirra fluida quinhentos siclos, de cinamomo odoroso a metade, a saber, duzentos e cinquenta siclos, e de cálamo aromático duzentos e cinquenta siclos,
24 en vyf honderd sikkels kassie, volgens die sikkel van die heiligdom, en 'n hin olyfolie;
24 e de cássia quinhentos siclos, segundo o siclo do santuário, e de azeite de oliveira um him.
25 en maak daarvan heilige salfolie, 'n salfmengsel soos 'n salfmenger dit maak; heilige salfolie moet dit wees.
25 Disto farás o óleo sagrado para a unção, o perfume composto segundo a arte do perfumista; este será o óleo sagrado da unção.
26 Daarmee moet jy dan die tent van samekoms salf en die ark van die Getuienis
26 Com ele ungirás a tenda da congregação, e a arca do Testemunho,
27 en die tafel met al sy gereedskap en die kandelaar met sy gereedskap en die reukaltaar
27 e a mesa com todos os seus utensílios, e o candelabro com os seus utensílios, e o altar do incenso,
28 en die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk.
28 e o altar do holocausto com todos os utensílios, e a bacia com o seu suporte.
29 So moet jy hulle dan heilig, dat hulle hoogheilig kan wees. Elkeen wat aan hulle raak, word heilig.
29 Assim consagrarás estas coisas, para que sejam santíssimas; tudo o que tocar nelas será santo.
30 Jy moet ook A„ron en sy seuns salf en hulle heilig om vir My die priesteramp te bedien.
30 Também ungirás Arão e seus filhos e os consagrarás para que me oficiem como sacerdotes.
31 En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: Dit moet vir My 'n heilige salfolie wees in julle geslagte.
31 Dirás aos filhos de Israel: Este me será o óleo sagrado da unção nas vossas gerações.
32 Op geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees.
32 Não se ungirá com ele o corpo do homem que não seja sacerdote, nem fareis outro semelhante, da mesma composição; é santo e será santo para vós outros.
33 Elkeen wat so iets meng of iets daarvan aan 'n onbevoegde laat kom, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
33 Qualquer que compuser óleo igual a este ou dele puser sobre um estranho será eliminado do seu povo.
34 Verder het die HERE vir Moses gesê: Neem vir jou speserye: storaksgom en naeltjies en g lbanum -- speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede,
34 Disse mais o Senhor a Moisés: Toma substâncias odoríferas, estoraque, ônica e gálbano; estes arômatas com incenso puro, cada um de igual peso;
35 en maak daar reukwerk van, 'n mengsel soos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig.
35 e disto farás incenso, perfume segundo a arte do perfumista, temperado com sal, puro e santo.
36 En vrywe 'n gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit 'n deel daarvan neer voor die Getuienis in die tent van samekoms, waar Ek met jou sal saamkom; hoogheilig moet dit vir julle wees.
36 Uma parte dele reduzirás a pó e o porás diante do Testemunho na tenda da congregação, onde me avistarei contigo; será para vós outros santíssimo.
37 En die reukwerk wat jy moet maak -- na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs aan die HERE moet dit vir jou wees.
37 Porém o incenso que fareis, segundo a composição deste, não o fareis para vós mesmos; santo será para o Senhor .
38 Elkeen wat so iets maak om daaraan te ruik, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
38 Quem fizer tal como este para o cheirar será eliminado do seu povo.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Êxodo 30, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.