Êxodo 29
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARC
1 En dit is die saak wat jy vir hulle moet doen om hulle te heilig, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien: Neem een jong bul en twee ramme wat sonder gebrek is,
1 Isto é o que lhes hás de fazer, para os santificar, para que me administrem o sacerdócio: Toma um novilho, e dois carneiros sem mácula,
2 en ongesuurde brood en ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk. Van fyn koringmeel moet jy dit maak.
2 e pão asmo, e bolos asmos amassados com azeite, e coscorões asmos untados com azeite; com flor de farinha de trigo os farás.
3 En sit dit in een mandjie, en bring dit aan in die mandjie saam met die bul en die twee ramme.
3 E os porás num cesto e os trarás no cesto, com o novilho e os dois carneiros.
4 Dan moet jy A„ron en sy seuns laat nader kom na die ingang van die tent van samekoms en hulle met water was.
4 Então, farás chegar Arão e seus filhos à porta da tenda da congregação e os lavarás com água;
5 En neem die klere en beklee A„ron met die rok en die mantel van die skouerkleed en die skouerkleed self en die borstas, en bind hom die band van die skouerkleed om.
5 depois, tomarás as vestes e vestirás a Arão da túnica, e do manto do éfode, e do éfode mesmo, e do peitoral; e o cingirás com o cinto de obra de artífice do éfode.
6 En sit die tulband op sy hoof, en bevestig die heilige kroon aan die tulband.
6 E a mitra porás sobre a sua cabeça; a coroa da santidade porás sobre a mitra;
7 Neem dan die salfolie en giet dit op sy hoof en salf hom.
7 e tomarás o azeite da unção e o derramarás sobre a sua cabeça; assim, o ungirás.
8 Ook sy seuns moet jy laat nader kom, en laat hulle die rokke aantrek,
8 Depois, farás chegar seus filhos, e lhes farás vestir túnicas,
9 en omgord hulle met die gordel, A„ron en sy seuns, en bind vir hulle musse om, dat hulle die priesteramp kan besit as 'n ewige insetting. So moet jy dan A„ron en sy seuns as priesters aanstel.
9 e os cingirás com o cinto, a Arão e a seus filhos, e lhes atarás as tiaras, para que tenham o sacerdócio por estatuto perpétuo, e sagrarás a Arão e a seus filhos.
10 En jy moet die bul aanbring voor die tent van samekoms; en A„ron en sy seuns moet hulle hande op die kop van die bul lê.
10 E farás chegar o novilho diante da tenda da congregação, e Arão e seus filhos porão as mãos sobre a cabeça do novilho;
11 En slag die bul voor die aangesig van die HERE by die ingang van die tent van samekoms.
11 e degolarás o novilho perante o Senhor , à porta da tenda da congregação.
12 Dan moet jy van die bloed van die bul neem en dit met jou vinger aan die horings van die altaar stryk; en al die orige bloed moet jy aan die onderkant van die altaar uitgiet.
12 Depois, tomarás do sangue do novilho, e o porás com o teu dedo sobre as pontas do altar, e todo o sangue restante derramarás à base do altar.
13 En neem al die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere en die vet wat daaraan is, en steek dit op die altaar aan die brand.
13 Também tomarás toda a gordura que cobre as entranhas, e o redenho de sobre o fígado, e ambos os rins, e a gordura que houver neles e queimá-los-ás sobre o altar;
14 Maar die vleis van die bul en sy vel en sy mis moet jy buitekant die laer met vuur verbrand. Dit is 'n sondoffer.
14 mas a carne do novilho, e a sua pele, e o seu esterco queimarás com fogo fora do arraial; sacrifício por pecado é.
15 Neem dan die een ram, en A„ron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;
15 Depois, tomarás um carneiro, e Arão e seus filhos porão as mãos sobre a cabeça do carneiro,
16 daarna moet jy die ram slag en sy bloed neem en dit rondom teen die altaar uitgooi.
16 e degolarás o carneiro, e tomarás o seu sangue, e o espalharás sobre o altar ao redor;
17 En die ram moet jy in sy stukke verdeel, en was sy binnegoed en pote en sit dit by die orige stukke en by die kop.
17 e partirás o carneiro em suas partes, e lavarás as suas entranhas e as suas pernas, e as porás sobre as suas partes e sobre a sua cabeça.
18 Jy moet dan die hele ram op die altaar aan die brand steek. Dit is 'n brandoffer aan die HERE; 'n lieflike geur, 'n vuuroffer is dit aan die HERE.
18 Assim, queimarás todo o carneiro sobre o altar; é um holocausto para o Senhor , cheiro suave, uma oferta queimada ao Senhor .
19 Dan moet jy die ander ram neem, en A„ron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;
19 Depois, tomarás o outro carneiro, e Arão e seus filhos porão as mãos sobre a cabeça do carneiro;
20 jy moet dan die ram slag en van sy bloed neem en dit stryk aan die regteroorlel van A„ron en aan die regteroorlel van sy seuns, ook aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet. En die orige bloed moet jy rondom teen die altaar uitgooi.
20 e degolarás o carneiro, e tomarás do seu sangue, e o porás sobre a ponta da orelha direita de Arão, e sobre a ponta da orelha direita de seus filhos, como também sobre o dedo polegar da sua mão direita, e sobre o dedo polegar do seu pé direito; e o resto do sangue espalharás sobre o altar ao redor.
21 Dan moet jy van die bloed wat aan die altaar is, neem en van die salfolie en dit sprinkel op A„ron en op sy klere sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns saam met hom, dat hy heilig kan wees en sy klere sowel as sy seuns en die klere van sy seuns saam met hom.
21 Então, tomarás do sangue que estará sobre o altar e do azeite da unção e os espargirás sobre Arão e sobre as suas vestes, e sobre seus filhos, e sobre as vestes de seus filhos com ele; para que ele seja santificado, e as suas vestes, e também seus filhos, e as vestes de seus filhos com ele.
22 En neem van die ram die vet en die vetstert, ook die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere met die vet wat daaraan is, en die regterboud -- want dit is 'n wydingsram --
22 Depois, tomarás do carneiro a gordura, e a cauda, e a gordura que cobre as entranhas, e o redenho do fígado, e ambos os rins com a gordura que houver neles, e o ombro direito, porque é carneiro das consagrações;
23 en een ronde brood en een oliebroodkoek en een platkoek uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die HERE is.
23 e uma fogaça de pão, e um bolo de pão azeitado, e um coscorão do cesto dos pães asmos que estiverem diante do Senhor .
24 En lê dit alles op die hande van A„ron en op die hande van sy seuns, en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE.
24 E tudo porás nas mãos de Arão e nas mãos de seus filhos; e com movimento o moverás perante o Senhor .
25 Neem dit dan uit hulle hand en steek dit op die altaar aan die brand, bo-op die brandoffer, as lieflike geur voor die aangesig van die HERE. Dit is 'n vuuroffer aan die HERE.
25 Depois, o tomarás das suas mãos e o queimarás no altar sobre o holocausto por cheiro suave perante o Senhor ; oferta queimada ao Senhor é.
26 En neem die bors van die wydingsram van A„ron en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; daarna moet dit jou deel wees.
26 E tomarás o peito do carneiro das consagrações, que é de Arão, e com movimento o moverás perante o Senhor ; e isto será a tua porção.
27 En jy moet die bors van die beweegoffer heilig en die boud van die hefoffer, wat beweeg en gehef is van die wydingsram, wat vir A„ron en sy seuns geld.
27 E santificarás o peito do movimento e o ombro da oferta alçada, que foram movidos e alçados do carneiro das consagrações que for de Arão e de seus filhos,
28 En dit moet vir A„ron en sy seuns wees tot 'n ewige insetting van die kant van die kinders van Israel, want dit is 'n hefoffer; en dit sal 'n hefoffer wees van die kant van die kinders van Israel, van hulle dankoffers -- hulle hefoffer aan die HERE.
28 e será para Arão e para seus filhos por estatuto perpétuo dos filhos de Israel, porque é oferta alçada; e a oferta alçada será dos filhos de Israel; dos sacrifícios pacíficos, a sua oferta alçada será para o Senhor .
29 En die heilige klere van A„ron moet vir sy seuns n hom wees, om hulle daarin te salf en as priesters aan te stel.
29 E as vestes santas, que são de Arão, serão de seus filhos depois dele, para serem ungidos neles e sagrados neles.
30 Die een van sy seuns wat in sy plek priester word, wat in die tent van samekoms sal ingaan om in die heiligdom te dien, moet dit sewe dae lank aantrek.
30 Sete dias os vestirá aquele que de seus filhos for sacerdote em seu lugar, quando entrar na tenda da congregação para ministrar no santuário.
31 En jy moet die wydingsram neem en sy vleis in 'n heilige plek kook.
31 E tomarás o carneiro das consagrações e cozerás a sua carne no lugar santo;
32 Dan moet A„ron en sy seuns die ram se vleis eet en die brood wat in die mandjie is, by die ingang van die tent van samekoms.
32 e Arão e seus filhos comerão a carne deste carneiro e o pão que está no cesto à porta da tenda da congregação
33 En hulle moet die dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestel en geheilig is; maar 'n onbevoegde mag daarvan nie eet nie, want dit is heilig.
33 e comerão as coisas com que for feita expiação, para consagrá-los e para santificá-los; mas um estranho não as comerá, porque santas são.
34 En as daar van die vleis van die wydingsoffer of van die brood tot die môre toe oorbly, moet jy wat oor is, met vuur verbrand; dit mag nie geëet word nie, want dit is heilig.
34 E se sobejar alguma coisa da carne das consagrações ou do pão até à manhã, o que sobejar queimarás com fogo; não se comerá, porque santo é.
35 So moet jy dan met A„ron en sy seuns doen net soos Ek jou beveel het. Sewe dae lank moet hulle wyding duur.
35 Assim, pois, farás a Arão e a seus filhos, conforme tudo o que eu tenho ordenado; por sete dias os sagrarás.
36 Jy moet ook daagliks 'n sondofferbul tot versoening berei en die altaar ontsondig deur daarvoor versoening te doen; en jy moet dit salf om dit te heilig.
36 Também cada dia prepararás um novilho por sacrifício pelo pecado para as expiações e purificarás o altar, fazendo expiação sobre ele; e o ungirás para santificá-lo.
37 Sewe dae lank moet jy versoening doen vir die altaar en dit heilig. So sal dan die altaar hoogheilig word: elkeen wat aan die altaar raak, word heilig.
37 Sete dias farás expiação pelo altar e o santificarás, e o altar será santíssimo; tudo o que tocar o altar será santo.
38 En dit is wat jy op die altaar moet berei: twee jaaroud lammers gereeld elke dag.
38 Isto, pois, é o que oferecereis sobre o altar: dois cordeiros de um ano cada dia continuamente.
39 Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei,
39 Um cordeiro oferecerás pela manhã e o outro cordeiro oferecerás à tardinha.
40 met 'n tiende van 'n efa fynmeel, gemeng met 'n kwart-hin uitgestampte olie, en as drankoffer 'n kwart-hin wyn vir die een lam.
40 Com um cordeiro, a décima parte de um efa de flor de farinha, misturada com a quarta parte de um him de azeite batido, e, para libação, a quarta parte de um him de vinho,
41 En die ander lam moet jy teen die aand berei. Jy moet dit klaarmaak volgens die môre spysoffer en volgens die drankoffer wat daarby behoort, tot 'n lieflike geur. Dit is 'n vuuroffer aan die HERE.
41 e o outro cordeiro oferecerás à tardinha e com ele farás como com a oferta da manhã e conforme a sua libação, por cheiro suave; oferta queimada é ao Senhor .
42 Dit moet 'n voortdurende brandoffer vir julle geslagte wees, by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek.
42 Este será o holocausto contínuo por vossas gerações, à porta da tenda da congregação, perante o Senhor , onde vos encontrarei para falar contigo ali.
43 En daar sal Ek met die kinders van Israel saamkom en die tent sal deur my heerlikheid geheilig word.
43 E ali virei aos filhos de Israel para que por minha glória sejam santificados.
44 So sal Ek dan die tent van samekoms en die altaar heilig. Ek sal A„ron en sy seuns ook heilig om vir My die priesteramp te bedien.
44 E santificarei a tenda da congregação e o altar; também santificarei a Arão e seus filhos, para que me administrem o sacerdócio.
45 En Ek sal onder die kinders van Israel woon en vir hulle 'n God wees;
45 E habitarei no meio dos filhos de Israel e lhes serei por Deus,
46 en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei het om in hulle midde te woon. Ek is die HERE hulle God.
46 e saberão que eu sou o Senhor , seu Deus, que os tenho tirado da terra do Egito, para habitar no meio deles; eu, o Senhor , seu Deus.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Êxodo 29, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.